‘Top Gear’ se geheime jaer met hof se hulp ontmasker

2010-09-03 00:06

Londen. – Top Gear se geheim is uit!

Die identiteit van The Stig, die geheimsinnige toetsbestuurder in dié gewilde BBC-program, is gister bekend gemaak nadat die uitsaaier ’n regstryd verloor het om sy naam dig te hou.

Ben Collins het sy renloopbaan in 1994 begin en al op Formule Drie-vlak deelgeneem.

Sy naam het op die lappe gekom nadat die hooggeregshof in Londen ’n tydelike hofbevel geweier het teen die bekendmaking van sy naam in ’n boek.

In elke episode van Top Gear jaag The Stig in kragtige vuurwaens rond, maar sy gesig word deur ’n wit valhelm en ’n swart gesigskerm verberg.

Die BBC het regstappe begin om die publikasie van ’n outobiografie deur Collins te keer waarin hy erken hy is die bestuurder.

Die uitsaaier het aangevoer Collins het ’n vertroulikheidsooreenkoms met die uitsaaier aangegaan en dat dit die program sal bederf as kykers weet wie hy is. Maar ná ’n dag van onderhandelinge agter geslote deure het regsverteenwoordigers van die uitgewer HarperCollins gesê die saak is in hul guns beslis.

Die uitgewer het gesê hy is teleurgesteld dat die BBC, ’n openbare uitsaaier, geld aan die regsaksie bestee het.

Andy Wilman, uitvoerende vervaardiger van Top Gear, het verlede week gesê die uitgewer probeer munt slaan uit die geheim en wil aanhangers se kykgenot só bederf.

“As jou Kersfees bederf word deur die bekendmaking van een van die onskuldigste raaisels op TV, weet net dat HarperCollins se base ’n lekker Kersfees het,” het hy gesê.

Hy is wel nie die eerste of enigste The Stig nie.

Die oorspronklike The Stig, Perry McCarthy, is in die pad gesteek nadat hy sy identiteit in ’n biografie in 2002 bekend gemaak het.


The Stig met en sonder sy masker!
Foto: AP

– Reuters

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.