Vatikaan katnes van korrupsie, skryf hoof

2012-01-31 21:50

Den Haag. – Die Vatikaan is ’n katnes van korrupsie en magsmisbruik.

Dít blyk uit briewe wat aartsbiskop Carlo Maria Vigano, sekretaris-generaal van die Vatikaanse regering, aan die pous geskryf en wat uitgelek het.

Die Europese media het die laaste paar dae baie aandag daaraan gegee, veral omdat Vigano ná sy briewe aan pous Benedictus XVI uit sy pos verwyder en as Vatikaanse ambassadeur na Washington gestuur is.

Dié onthulling is gedoen in ’n Italiaanse TV-program.

Die Vatikaan se reaksie was om die vervaardigers van die program se joernalistieke etiek te betreur, maar die bestaan van die briewe is nie ontken nie.

In die briewe lig Vigano die pous in oor die toestand wat hy in die Vatikaanse regering aangetref het toe hy in 2009 as regeringshoof van dié onafhanklike mini-staat aangestel is.

Hy sê hy het afgekom op ’n web van korrupsie en nepotisme in die toekenning van kontrakte.

In een van die briewe skryf hy kontrakte is dikwels aan dieselfde ondernemings toegeken teen pryse wat dubbel so hoog as dié van mededingers was.

Hy het byvoorbeeld agtergekom dat die Kersfees-stal wat op die plein voor die St. Pieterskerk opgerig is €550 000 (sowat R5,7 miljoen) kos, wat te veel is.

Die Vatikaan se geldsake is gehanteer deur ’n komitee van bankiers onder die voorsitterskap van mnr. Ettore Gotti Tedeschi, wat glo eerder na sy eie belange as na dié van die Vatikaan omgesien het.

Ander kardinale in die Vatikaan, het Vigano voorts geskryf, was goed op die hoogte van sake.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

ASP .Net Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S80 T6 AT
1996
R 40,000.00

VOLKSWAGEN

Golf Cabriolet 2.0 MY95
1999
R 82,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.