Vervoerskema-vrou dreig met selfmoord

2010-03-09 22:44

Die polisie probeer sedert Saterdag vasstel of die beweerde baasbrein agter ’n vervoerpiramideskema wel selfmoord gepleeg het nadat sy glo SMS’e aan verskeie mense gestuur het waarin sy met dié daad gedreig het.

Sou dit wel sy wees wat die SMS’e gestuur het, sal die polisie die hof vra om haar borgtog van R20 000 terug te trek.

Volgens insp. Cobus Vlok, ondersoekbeampte in die beweerde Tswella Facilitators- en Truckbond-piramideskemasaak, het me. Yolanda Visser glo Saterdag SMS’e aan verskeie vriende en familie gestuur waarin sy gesê het sy gaan selfmoord pleeg.

Volgens Vlok het Visser tydens aanhouding ook met selfmoord gedreig.

“Ek het Saterdagmiddag ’n SMS van iemand na aan die familie ontvang wat my ingelig het dat Yolanda aan baie van haar vriende en familie SMS’e gestuur en gesê het sy gaan haar lewe neem,” het Vlok gister aan Beeld bevestig.

Volgens Vlok het hy mnr. Visser, wat nie in dieselfde huis as sy vrou bly nie, gebel en dié het aan hom bevestig dat me. Visser wel SMS’e met selfmoorddreigemente aan hulle gestuur het.

Vlok het egter gesê dat hy me. Visser sedert Saterdag nog glad nie in die hande kon kry nie. Hy weet ook nie of sy wel haar dreigement deurgevoer het nie. “Sy het so baie selfoonnommers, daar is nie ’n manier dat ek haar in die hande kan kry nie.”

Die staat oorweeg dit om vandag ’n aansoek by die streekhof in Pretoria-Noord in te dien om me. Visser se borgtog in te trek.
Me. Visser, haar man, Conrad (35), en mnre. Abram Fourie (41) en Carl Uys (35) is vroeër in die hooggeregshof in Pretoria op borgtog vrygelaat nadat hulle geappelleer het teen streeklanddros Ben van Schalkwyk se weiering van hul borgtog in die streekhof.

Die Vissers, Fourie en Uys het die betrokke twee maatskappye van dieselfde perseel af bedryf.

Dié maatskappye het onder meer glo geld by mense geneem in ruil vir ’n vyfjaar-vervoerkontrak wat ’n maandelikse opbrengs sou lewer en ’n vragmotor wat ná vyf jaar die kliënt se eiendom sou word.

Mense het tussen R25 000 en R30 000 fasiliteringskostes betaal, maar dan glo nie hul vragmotors of kontrakte gekry nie.  

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.