Vier joernaliste en polisielid in arres
2012-01-29 21:30
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Londen. – Vier joernaliste en ’n polisieman is in hegtenis geneem nadat speurders eergister op die Britse poniekoerant The Sun se kantore en die verdagtes se huise toegeslaan het.
Dit was deel van ’n ondersoek oor polisielede wat glo omgekoop is om inligting aan die joernaliste te verskaf.
The Sun is die koerant in Brittanje met die grootste sirkulasie – 2,5 miljoen eksemplare per dag.
Dit behoort aan Rupert Murdoch se mediagroep, News Corp.
Die Sondagkoerant News of the World, wat in Julie verlede jaar toegemaak het ná ’n meeluisterskandaal, was deel van dieselfde mediagroep.
Volgens die polisie kom die arrestasies nadat Murdoch se News Corporation, wat in die VSA gesetel is, inligting aan hulle verskaf het.
Daar word bespiegel dat dít ’n poging was om die maatskappy se naam in ere te herstel.