Vir AU. Van China

2012-01-30 21:26

Die nuwe Afrika-Unie-hoofkantoor. Foto: Jacoline Prinsloo

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Addis Abeba. – Met liefde van China.

As die nuwe Afrika-Unie-hoofkantoor ’n toegedraaide geskenk was, sou dít op die kaartjie gestaan het.

Dit is ook die boodskap waarmee die Chinese regering die Afrika-Unie (AU) se nuwe hoofkantoor aan die AU-leierskorps oorhandig het.

Die gebou, wat $200 miljoen (sowat R800 miljoen) gekos het, is deur die Chinese regering gefinansier om te verseker dat die AU hom beter van sy taak kan kwyt, het mnr. Jia Qinglin, leier van die Chinese Konsultatiewe Raad, die naweek gesê.

Die nuwe hoofkantoor, wat 99 m hoog staan op 50 000 m2 en waar meer as 2 000 mense op ’n slag onthaal kan word, is die naweek ingehuldig op die AU-beraad wat deur dosyne staatshoofde bygewoon is.

Die gebou bestaan uit honderde kantore en koukuskamers vir afvaardigings en groot konferensiesale waar vergaderings gehou kan word.

’n Chinese staatskorporasie was verantwoordelik vir die bouwerk en oorwegend Chinese werkers is gebruik om te verseker die gebou kom in ’n rekordtyd klaar.

Die grond waarop die gebou is, is deur die Ethiopiese regering geskenk en ’n tronk is afgebreek om plek te maak vir die AU-gebou.

Hoewel daar groot sonpanele naby die helikopter-landingstrook is, was daar die laaste tyd baie elektrisiteitsonderbrekings in geboue om die nuwe hoofkantoor, het inwoners gekla.

Die hoofkantoor het ook drie gebedskamers, verskeie kleiner komiteekamers vir wegbreeksessies en ’n mediasentrum.

Die Chinese regering het nog $100 miljoen beloof vir die instandhouding van die gebou.

Chinese werkers was nog besig om die bouwerk af te handel toe die gebou oorhandig is.

Buite die gebou is ’n reuse TV-skerm wat daaglikse nuus van die Chinese Xinhau-nuusagentskap uitsaai.

Afrika-leiers het groot gewag gemaak van die goeie verhouding met die Chinese wat gelei het tot die groot geskenk.

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

ASP .Net Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S80 T6 AT
1996
R 40,000.00

VOLKSWAGEN

Golf Cabriolet 2.0 MY95
1999
R 82,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.