Vliegtuig tref heuwels

2010-07-28 23:54

’n Reddingswerker in die wrak van die Airbus A321 wat gister in heuwels buite Islamabad, Pakistan, neergestort het. Al 152 mense aan boord is dood. Foto: REUTERS

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Al 152 mense aan boord is dood toe ’n passasierstraler gister kort voor landing in heuwels buite Islamabad, Pakistan, in gure weer en mistigheid neergestort het.

Luidens ’n verklaring van die lugdiens Airblue was vlug ED 202 van Karatsji na Islamabad op pad.

Die Airbus A321 het 09:45 (06:45 Suid-Afrikaanse tyd) teen die Margalla-heuwels gebots.

Daar was ses bemanningslede en 146 passasiers aan boord.

Aanvanklike berigte dat vyf mense die ongeluk oorleef het, was verkeerd.

Wrakstukke het oor die grond gestrooi gelê en aan bome gehang. Wolke rook het bo die toneel gehang.

“Ek sien net liggaamsdele,” het mnr. Dawar Adnan, ’n nooddienswerker,

gesê. “Dis ’n baie aaklige toneel. Ons het die hele gebied deurgesoek, maar daar is geen kans dat oorlewendes gekry sal word nie.”

Teen druktyd is sowat 80 lyke opgespoor, het die Pakistanse bestuursowerheid vir nasionale rampe in ’n verklaring gesê.

Smeulende wrakstukke en modder het die soektog bemoeilik.

Die oorsaak van die ongeluk was teen druktyd nog nie bekend nie, maar die Pakistanse regering vermoed nie dat dit verband hou met terrorisme nie.

Volgens die Pakistanse lugdiens-vlieëniersvereniging lyk dit of die vliegtuig weens gure van koers afgedwaal het.

Mnr. Raheel Ahmed, woordvoerder van Airblue, het gesê die vliegtuig het geen tegniese probleme gehad nie en geen noodseine is uitgestuur nie.

Mnr. Pervez George, ’n burgerlugvaartamptenaar, het gesê die vliegtuig het gereed gemaak om te land toe dit kontak met die beheertoring verloor het.

Mnr. Saqlain Altaf het op die Paki-stanse ARY-nuuskanaal gesê hy was op ’n gesinsuitstappie in die heuwels toe hy die vliegtuig sien. Dit het glo wankelrig in die lug gelyk. “Die vliegtuig het sy balans verloor en toe sien ons hoe dit val,” het hy vertel. Hy het die slag gehoor.

Airbus het in ’n verklaring gesê sowat 13 500 vlugte en 34 000 vliegure is sedert 2000 met die vliegtuig afgelê.

“Airbus sal in ooreenstemming met internasionale gebruik sy volle tegniese bystand verleen aan die Pakistanse owerhede wat vir die ondersoek na die ongeluk verantwoordelik is.”

Nommer 4
Dit is die vierde ernstige passasierstralerongeluk vanjaar.

  • Op 25 Januarie is 90 mense dood toe ’n Boeing 737-800 van Ethiopian Airlines naby Beiroet in Libanon neergestort het.
  • ’n Airbus A330 van Afriqiyah Airways wat op die O.R. Tambo-lughawe by Johannesburg opgestyg het, het op 12 Mei naby Tripoli, Libië, neergestort. 103 mense is dood.
  • Tien dae later is 158 mense dood toe ’n Boeing 737-800 van Air India Express by Mangalore van ’n aanloopbaan geloop het.


Reddingswerkers by die wrak van die Airbus A321 wat gister in heuwels buite Islamabad, Pakistan, neergestort het. Al 152 mense aan boord is dood.
Foto: AP


Reddingswerkers soek vir oorlewendes tussen die wrakstukke van die Airbus A321 wat gister in heuwels buite Islamabad, Pakistan, neergestort het. Al 152 mense aan boord is dood.
Foto: AP

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.