Vroue en kinders in visnette gevang en doodgekap

2010-03-08 23:58

’n Slagoffer wat die panga-aanvalle in Dogo Nahawa, Nigerië, oorleef het. Foto: NTA TV, AP

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Jos. – Minstens 500 mense is eergister dood in skermutselings tussen lede van verskillende etniese en godsdiensgroepe naby dié stad in Sentraal-Nigerië.

“Ons kon daarin slaag om 95 mense te arresteer, maar meer as 500 mense is nogtans dood weens dié grusame optrede van Fulani-veewagters,” het mnr. Dan Majag, adviseur van die staatsgoewerneur, gister gesê.

Mnr. Goodluck Jonathan, waarnemende president van Nigerië, het veiligheidsmagte eergister op gereedheidsgrondslag geplaas nadat bendes hoofsaaklik vroue en kinders met pangas vermoor het in dorpies wat grootliks deur Christene bewoon word.

Ooggetuies het vertel hoe slagoffers in valstrikke en visnette gevang is terwyl hulle van hul aanvallers probeer vlug het. Daarna is hulle in ’n oënskynlik goed georganiseerde aanval doodgekap.

“Van die kinders (wat vermoor is) was jonger as ’n jaar,” het ’n staatsamptenaar gesê.

Van die geweld het eergister in die vroeë oggendure om die dorpie Dogo Nahawa, naby Jos, uitgebreek. Joernaliste het 103 lyke in die smeulende vuur daar getel.

Die aanvallers het ook tientalle huise in die dorpies Ratsat en Zot aan die brand gesteek.

“Die dorpe is aangeval deur Fulani-veewagters wat talle mense vermoor en huise aan die brand gesteek het,” het mnr. David
Daniel, ’n Ratsat-inwoner, gesê.

Ander inwoners en plaaslike menseregte-aktiviste het die Moslemse Fulani-groep ook die skuld vir die aanvalle gegee.

In Jos het mnr. Yusuf Alkali, ’n lid van die Fulani-groep, gesê hy glo die aanvalle is uitgevoer uit wraak vir die moord op vier veewagters twee weke gelede toe Berom-jeugdiges ’n Fulani-nedersetting aangeval het.
 
In Januarie is honderde mense in gevegte tussen godsdiensgroepe by Jos dood.

Getraumatiseerde inwoners het plaaslike amptenare daarvan beskuldig dat hulle tydens die jongste bloedvergieting anderpad gekyk het.

“Die aanval het omstreeks 03:00 begin en tot 06:00 aangehou, en hoewel daar geweerskote was, het ons nie ’n enkele polisielid gesien nie,” het mnr. Peter Gyang, wie se vrou en twee kinders vermoor is, in Dogo Nahawa gesê.  

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 67,990.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09 8-sp Multitronic
2011
R 275,900.00

VOLVO

S40 2.4i
2004
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.