‘Wêreld skeep Somalië te lank af’

2010-07-27 23:12

Die bomaanvalle op 11 Julie wat die lewe van meer as 70 WB 2010-geesdriftiges in Kampala geeis het, is ’n wekroep dat die hele Oos-Afrika ’n gevaarlike plek geword het.

So het mnr. John-nie Carson, Amerikaanse onderminister van buitelandse sake belas met Afrika, gesê.

Hy het gister op ’n internasionale elektroniese mediakonferensie vanuit die Ugandese hoofstad gesê die Somaliese terreurbeweging Al-Sjabaab “het daarmee getoon dat hy in staat is om selfmoordbomaanvallers na Uganda, Kenia, Tanzanië, Djiboeti en Ethiopië uit te voer of daar te werf en te aktiveer”.

Carson woon tans die leiersberaad van die Afrika-Unie (AU) in Kampala by waar Afrika-leiers gister onderneem het om Amisom, die AU-vredesmag in Somalië, met nog 2 000 troepe van Burundi en Guinee te versterk.

Hy wou nie kommentaar lewer op die moontlikheid dat Suid-Afrika ook soldate na Mogadisjoe sal stuur nie.

“Enige hulp wat Suid-Afrika kan aanbied, sal gewaardeer word. Suid-Afrika het ’n baie goeie geskiedenis in vredesendings in Afrika,” het hy gesê.

“Die veiligheidstemperatuur in Oos-Afrika het ná die 11 Julie-aanvalle aansienlik gestyg.

Ons het nie net meer te doen met vlugtelinge, seerowery en wapensmokkelary nie, maar nou met die koms van interna­sionale terreur na die vasteland.”

Carson het gesê die internasionale gemeenskap het die Somalië-probleem te lank afgeskeep.

“Somalië het ingeplof, daar is ’n skaars funksionele regering en lyding onder miljoene gewone Somaliërs.”

Dit lei daartoe dat tussen 5 000 en 6 000 Somaliërs maandeliks na Kenia vlug en groot druk op dié land plaas.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

BMW

320i
2005
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV MY05
2006
R 139,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.