Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    19°C / 7°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Donderdag

    20°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%

  • Vrydag

    20°C / 7°C

    Wind 22km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 17%

  • Saterdag

    14°C / 1°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 37%

  • Sondag

    14°C / 4°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Maandag

    16°C / 6°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 37%


Pols

Ete soveel lekkerder met die regte wyn

Rochélle Human
Donderdag 04 April 2013
Restaurante hou gereeld rojale kos-en-wyn-pasmaatsaande, waar kliënte kan leer hoe om kos en wyn te ­kombineer terwyl hulle hul lippe aflek. Rochélle Human het so ’n geleentheid bygewoon en wyser geword.

Full Cream Café is “ ’n ontspanne, intieme, gemaklike restaurantjie”, sê Monique de Villiers, sedert Mei verlede jaar die eienaar van dié restaurant in Silver Lakes, Pretoria.

Feitlik al hul produkte is hormoonvrye plaasprodukte én hulle maak onder meer hul eie mayonnaise en basiliepesto.

Full Cream Café het ’n uitgesoekte lys wyn-pasmaats uitgewerk vir al hul disse, soos hul immergewilde slaaie en panini’s.

“Wyn-en-kos-kombinasies is ’n baie persoonlike ding,” sê Nico Davel, wat tot onlangs as wynkenner by die Vrede en Lust-wynlandgoed aan die voet van die Simonsberg gewerk het.

Dit is baie eenvoudig om wen-pasmaats te kies, mits jy die basiese beginsels verstaan.

Hy meen mense drink egter steeds waarvan hulle hou en laat nie noodwendig aan hulle voorskryf nie.

“Mense moet aangemoedig word om te leer hoe om wyn en kos te kombineer,” sê hy.

“Jy kan nie enige wyn met enige kos nuttig nie.”

Vis en wyn op die spyskaart

Die tema vir die aand is Weskus-kos: gerookte snoek, soetpatat, potbrood en die minder visserige, maar steeds tradisionele bobotie- Chinese rolletjies.

Die aand se wynspyskaart begin met ’n ligte chardonnay van Vrede en Lust. Davel beskryf dit as “somer in ’n glas”.

Die tweede wyn is ’n malbec genaamd Mocholate, wat saam met eend-en-nastergal-kanapees (broodhappies) bedien word.

Die tradisionele bobotie- Chinese rolletjies met blatjang en klapper word vergesel deur ’n syrah wat volgens Davel ’n gunsteling in Frankryk is.

“Dis soos ’n vrou,” verduidelik hy. “Sag, rond en elegant.” Dit smaak na pruimedante.

Tussen-in geniet ons ’n sauvignon blanc. Dit kom van ’n koeler gebied en is “skoner, varser en fris op die verhemelte”, sê hy. Dit het groenerige geure: appelliefie en grenadella.

Saam met die hoofdis, die hoogtepunt van die aand – gebraaide snoek met ’n appelkoos-marinade saam met soetpatat, slaaie en potbrood met druiwekonfyt – drink ons White Mischief, een van die min vyfrigting-versnitte in Suid-Afrika.

Dit bestaan uit chenin blanc, sauvignon blanc, viognier, pinot grigio en sémillon. Davel noem dit “die beste partytjie-wyn”.

Saam met die nagereg – panna cotta met waatlemoen-en-bessie-compote en Turkse lekkers – geniet ons ’n droë rosé. Dit is glad nie soet nie en vol karakter, ’n lekker ligte wyn met ondertone van aarbeie, waatlemoen en ’n tikkie Turkse lekkers.

Liplek-lekker.

  • Vir meer oor Full Cream Café se pasmaatsaande, besoek hul webwerf by www.fullcreamcafe.co.za  of skakel 012 809 1604.
Wenke vir wenkombinasies
’n Basiese beginsel van kos-en-wyn-paring is om witwyn saam met witvleis en rooiwyn saam met rooivleis te geniet, sê Nico Davel van Vrede en Lust. 
As die vis liggies gerook is, help dit as die wyn liggies gehout is. “Oakiness with smokiness,” sê Davel. 
As die kos redelik suur is, soos tamatiebredies of slaaie met balsemasyn-vinaigrette, gebruik ’n wyn wat ook effens suur is. 
Volg hierdie wenke:
  • Sauvignon blanc: Drink dit saam met ’n gereg met ’n effense hoë suurinhoud soos kos met asyn, tamatie, of vinaigrette met balsemasyn. In die winter gaan ’n sauvignon blanc goed saam met ’n tamatiebredie. 
  • Syrah en shiraz: Dié rooiwyne gaan hand aan hand met lamsvleis. 
  • Bordeaux-versnitte: “Dit gaan alles oor die fynere dinge van die lewe,” sê Davel. Kombineer dit met kalfsvleis, eend, beesstert of filet. 
  • Cabernet: Davel noem die cabernets “groot” wyne. Dit het ’n tikkie sjokolade en is ’n “sterker” wyn. Drink dit saam met ’n goeie stuk vleis soos ’n kruisstuk of lendeskyf. 
  • Rosé: Dié pienkerige wyne gaan gewoonlik heerlik saam met ligte etes soos seekos of pasta.



  • leefstyl

    Boere-barok

  • leefstyl

    Verhouding en fantasie vuur drange

  • leefstyl

    Etes in ’n japtrap

  • leefstyl

    Hoekom vroue anders bedraad is

  • leefstyl

    Retro ontmoet modern

  • leefstyl

    Angstig, of maar net kind?

  • leefstyl

    Noodhulp vir jou beste vriend

  • leefstyl

    Jong vroue behoorlik bederf

  • leefstyl

    Plek van vrede, rus in babakamer

  • leefstyl

    Lekker verjaar, u koninklike hoogheid!

  • leefstyl

    Die geur van seewier

  • jip

    Dié rubriek is vir jou

  • boeke

    Gru-blik op tienerangs aangrypend

  • boeke

    Goeies góéd; slegtes verveel

  • boeke

    Bittersoet genot in dié aritmiese boek

  • boeke

    Debuut wat nog lank begogel

  • Verbruikersforum