Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    26°C / 12°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%

  • Maandag

    24°C / 12°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Dinsdag

    23°C / 12°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Woensdag

    21°C / 10°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.2mm

    Humiditeit 40%

  • Donderdag

    20°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Vrydag

    21°C / 9°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%


BOEKE

Dié is een van vanjaar se bestes

joan hambidge
Sondag 19 Mei 2013
Flat Water Tuesday -  Ron Irwin
Rob Carrey, ’n dokumentêre fliekmaker vir National Geographic, vlieg terug New York toe om sake tussen hom en sy geliefde, Caroline, te herstel. Hy word egter gekonfronteer met die selfdood van ’n jeugvriend aan Fenton, ’n private skool in Connecticut. Hulle was roeimaats in die God Four-span.
Hierdie debuut vertel nie net die verhaal van roeiers aan ’n skool nie. Dit is die oppervlakverhaal, maar soos die roeiers voortbeweeg, word die roman ’n analise van trauma. Nie alleen die selfdood van die skoolmaat word beskryf nie, maar ook die verdrinking van die hoofkarakter, Rob, se suster, sy verhouding met sy geliefde as volwassene in New York en die traumatiese ervaring van ’n miskraam en dan, die slopende einde van ’n verhouding. (Was die verteller nalatig oor haar bloeding of bloot net oningelig?)
Hoofstukke wissel tussen hede en verre verlede om die impak van die pynlike selfdood te probeer bepaal. Caroline redigeer ’n dokumentêr oor haaie – ’n duidelike vinjet van die troebel waters waarin die karakters hulle bevind.
Die roman begin met ’n brief van John Perry, wie se dood die verhaal bepaal. Hy skryf dit vanuit ’n rehabilitasiesentrum en die invloed van drank op gedrag word besonder goed geanaliseer in hierdie roman. Trouens, ek ken min romans waarin die uitwerking van alkohol so waarheidsgetrou weergegee word. ’n Kroeggeveg in Afrika wys presies wat kan gebeur. Dit word eweneens ’n oomblik van rasseverskille.
Die roman wentel om ’n paar sentrale episodes, bykans pynlike bakens. Die eerste een is die selfdood van die jeugvriend; die tweede een die dood van ’n suster; die derde een die vader se dronkbestuur-episode; die vierde een ’n dronk-episode van Rob wanneer hy homself as ’n verloorder sien (“a wicked loser”, bl. 184); die vyfde Connor se ongeluk en dan ten slotte, Caroline se miskraam. John Perry se dood word goed voorberei in die roman wanneer hy as jong mens op ’n brug staan en spoeg (bl. 160). Terloops, maar met enorme impak, word die ervaring van die suster se begrafnis vertel: inderdaad ’n hou in die maag. Die een broer kan die ander se pyn nie verduur nie. Die roman is dan ook ’n ondersoek na hoe ons weghardloop van pyn, maar dit ons tog ten slotte inhaal.
Die roman gee eweneens ’n besondere blik op die bevoorregte lewe van Amerikaners binne die sogenaamde “blue blood” of Ivy League-bestaan. Ruth Anderson is ’n Yale-opgeleide coxswain en daar is karakters soos John Wadsworth, die “preppy laywer-to-be”, en Colin Payne uit ’n bevoorregte Massachusetts. Dis dan ook Ruth die leier, ’n helder getekende karakter, wat die selfdood aankondig van die klasmaat in ’n tyd waarin Rob se verhouding aan die opbreek is. Sy konstateer reeds vroeg in die roman dat sy kan sien wat aan die gebeur is, terwyl die roeiers daarop konsentreer om vooruit te beweeg.
“The sport is not just about brute power. Or endurance. Or the ability to suffer. Rowing in a team forces you to respond to what other men do in the boat. To adhere to a strategy. To follow commands. To put your petty gripes and prejudices and fears aside.” (bl. 65)
Die roman gee ’n raak beskrywing van New York in al sy geledinge en die eerste toneel waar Carrey en Connor handgemeen raak, word besonder goed beskryf. Die skrywer se dialoog is eweneens oortuigend en jy ruik die sweet en bloed van die karakters. Die ruimtes stink na Lysol. Boonop is dit ’n analise van Amerikaanse klasseverskille: Fenton teenoor Niccalsetti; “tools” teenoor “dorkage” (bl. 94). Outsiderskap op skool (Jumbo haat sy bynaam) en hoe kinders mekaar afknou en “score”, word waarheidsgetrou beskryf. Soos ook die skoolreünie waarin daar ’n kritiese blik gegee word op die Fenton-skool.
Maak jou reg vir een van die beste romans van hierdie jaar. Dit is ’n pakkende roman sonder enige redigeer- of taalfoute.
Die Bob Dylan-motto som dit alles op: ”Behind every beautiful thing, there’s been some kind of pain.”
Die roman word tereg aangeprys deur JM Coetzee op die buiteblad en Ron Irwin is ’n voormalige student van Coetzee. Irwin het ’n ryk geskakeerde roman geskryf waarin al die vlakke verbind word en al die simboliese toespelings by ’n tweede en derde lees netjies op mekaar inspeel. Die volgehoue beelde wat met roei te make het, word netjies verbind.
Die slot is kompleks en laat verskillende interpretasies toe.
* Joan Hambidge doseer Afrikaans en kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad.
ST. MARTIN’S PRESS, sowat R150


  • by

    Die alfabet van ironie

  • naweek

    Werk nou en geniet mooi tuin in lente

  • naweek

    Judasboom van gebied om Middellandse See

  • by

    ’n Atlas van die brein

  • naweek

    Die Stonehenge-misterie

  • leefstyl

    Heerlike feeskos vir die Paastyd

  • naweek

    Die koeël is deur die kerkies

  • naweek

    Deur die lens: Gepla met hom

  • by

    ’n Taai klap se soet nasmaak

  • naweek

    Moenie dat die twee Philips jou verwar nie

  • by

    Sokkerkoors kort nog

  • naweek

    Wen sade met jou blomfoto’s

  • naweek

    Bosmans haal top-100-lys met drie wyne

  • naweek

    Jazz in katedraal se maag

  • by

    Hou op om varke te beledig!

  • naweek

    Breëstraat die nuwe Langstraat?

  • by

    ‘Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur’

  • naweek

    Chenin blanc gepas vir haas enige smaaktog

  • naweek

    Wat gis?

  • motors

    Nuwe model sal koppe laat draai

  • leefstyl

    Gee jou oor aan lekker

  • leefstyl

    Eetgoed

  • leefstyl

    Soetgoed

  • leefstyl

    Drinkgoed

  • leefstyl

    Groot kuierplekke vir vroue én mans

  • motors

    Voorwieldryf vir BMW se buksie

  • motors

    In 40 jaar ry Golf steeds op suksespad

  • motors

    Landy rol nóg klippe uit jou pad

  • motors

    GLA is meer pret as prakties

  • motors

    Nuwe X-Trail lyk sommer na meneer

  • motors

    Hou kroos tevrede op lang pad

  • motors

    Die volgende Disco

  • motors

    Chinese bussies durf Toyota aan

  • motors

    Golf-eksklusiwiteit teen ’n prys 

  • motors

    Daar’s Márquez – en dan die res

  • motors

    Ricciardo se appèl kon probleme skep

  • motors

    Poulter skop modder in ander jaers se oë

  • motors

    K53 erger as sit tussen Kaapse Crusader-ondersteuners

  • motors

    Jy sal net wil voet in die hoek sit

  • motors

    Ry-entoesiaste sal gaande wees

  • motors

    Hoe kom VWSA en ABO bymekaar uit?

  • motors

    Verkeerdes nou varke in die verhaal

  • motors

    Raak persoonlik met hierdie buksie

  • motors

    Gister se heldedade bly spook

  • motors

    Huur eerder motor as koop?

  • leefstyl

    Blooskwale wat maak dat jy die dokter vermy

  • leefstyl

    Tyd dat kinders slim word: Laat hulle speel!

  • leefstyl

    Kleurige groente in tienerjare ‘kan kanker keer’

  • leefstyl

    Die vele fasette van smaak

  • leefstyl

    5 basiese smake

  • leefstyl

    Wat beïnvloed smaak?

  • leefstyl

    Mooigoed vir jou inkopielys

  • leefstyl

    Kies die regte blaaier

  • jip

    ’n ‘Loner’ wat sê net wat hy dink

  • jip

    Rooies verras Monnas

  • jip

    Monument se netbal kook

  • jip

    Drie Paastoernooie dié naweek

  • jip

    Klofies verhang bordjies teen Affies

  • Verbruikersforum

  • jip

    Uitslae

  • jip

    Viljoen kán in tienertaal skryf

  • jip

    Dié boek is nie vir tieners nie

  • jip

    Pryse wag vir wenners van gedigtekompetisie

  • jip

    Om dertig te word

  • jip

    Wetenskap, ontmoet Kuns