Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    16°C / 3°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 34%

  • Sondag

    14°C / 5°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Maandag

    17°C / 7°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 39%

  • Dinsdag

    17°C / 7°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 43%

  • Woensdag

    17°C / 7°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 33%

  • Donderdag

    18°C / 9°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%


BOEKE

Kollig op Kaapse slawe boeiende, relevante blik

gert van der westhuizen
Sondag 19 Mei 2013

Die geskiedenis is dus baie meer kompleks as die toerisme-propaganda van statige, Bolandse wynplase met slawe verlangs op die agtergrond.

In Portrait of a Slave Society is dit Karel Schoeman op sy beste. Dit sal enigiemand fassineer wat in die geskiedenis belang stel, skryf Gert van der Westhuizen .
Portrait of a Slave Society: The Cape of Good Hope, 1717-1795 
Karel Schoeman
PROTEA, R600
Waarom, sal sommige mense seker vra, sal jy hulle aanraai om nou ’n lywige boek te lees oor die slawegemeenskap aan die Kaap van meer as 200 jaar gelede?
Om verskeie, maar veral twee belangrike redes, sal ’n mens kan antwoord.
Die eerste is dat die boek deur Karel Schoeman geskryf is.
Schoeman het sekerlik geen bekendstelling meer nodig in Suid-Afrika nie.
Hy het al verskeie werke oor veral die vroeë Kaapse geskiedenis neergepen wat aandag getrek het vanweë sy ontsaglike kennis, wye navorsing en vermoë om die geskiedenis van gewone mense op aangrypende wyse te vertel.
Portrait of a Slave Society is nie ’n uitsondering nie.
Dit is Schoeman op sy beste.
Hy verveel nooit in ’n verhaal van meer as duisend bladsye nie. Inteendeel, hy sal enigiemand fassineer wat in die geskiedenis belang stel en hulle dwing om aan te hou lees. 
Die taak wat Schoeman dié keer aangepak het, is nie maklik nie. 
Hy skryf juis dat die aandag deesdae meer gerig is op slawerny onder die Britse bewind aan die Kaap, onder meer omdat bronne meer toeganklik is as dié van die Nederlandse tydperk.
Boonop bly die wêreld van slawerny verborge vir buitestanders en is die “private en persoonlike wêreld” van die slawe – die onsigbares wat nie hul geskiedenis kon opteken nie – vir altyd verlore vir navorsers.
Tog het Schoeman hom nie hierdeur laat afskrik nie.
Sy boek, skryf hy, is nie ’n geskiedenis van slawerny aan die Kaap nie. 
Dit is eerder ’n “beskrywing van die wêreld van die slawe-eienaars waarin die slawe gelewe het, gewerk het en dood is”.
Hy probeer die kollig die heeltyd, sover die bronne dit toelaat, op die slawe laat val.
Nie slawe wat bloot deel uitmaak van droë statistiese tabelle of grafika nie, maar slawe as mense.
Gewone mense wat hul lewe geleef het in ’n “dinamiese, komplekse” en gewelddadige samelewing en bitter selde hul lot in hul eie hande gehad het.
Soos gewoonlik het Schoeman elke brokkie inligting, hoe gering dit ook vir ander mag lyk, gebruik om sy verhaal, wat hy as ’n “oppervlakkige, omvattende oorsig” bestempel, te vertel.
’n Mens lees onder meer van waar die slawe afkomstig was, hoe hulle in die Kaap beland het, waar hulle gebly het, wat hulle geëet het, wat hulle aangetrek het, watter werk hulle gedoen het, hoe hulle ontspan het, hoe hulle behandel is, hoe hulle in opstand gekom het en hoe hulle gestraf is.
Schoeman vertel ook van die wêreld wat hul eienaars geskep het en besonderhede van hul daaglikse handel en wandel help om die prentjie so volledig moontlik te maak.
Niks word buite konteks vertel nie; die breër wêreld van destyds word deurentyd in gedagte gehou omdat slawerny uiteraard nie net tot die Kaap beperk was nie.
Schoeman waarsku sy lesers egter ook dat die slawe-samelewing van die Kaap nie goedsmoeds net met dié in ander dele van die wêreld soos Amerika en die Ooste vergelyk kan word nie, soos wat sommige skrywers graag doen nie.
Daar was te veel belangrike verskille tussen die onderskeie slawe-samelewings, maar waar daar wel ooreenkomste was, dui hy dit aan.
Langs die pad bly ’n mite of twee ook in die slag. Soos dat slawerny aan die Kaap nie so erg was nie. 
Hoewel ’n mens kan aanvoer dat sommige slawe byvoorbeeld aan die armoede van die oorbevolkte Oosterse stede ontsnap het, is slawerny aan die Kaap bedryf in die ongenaakbare omgewing van ’n koloniale samelewing waar alledaagse geweld baie maklik tot wreedheid kon lei.
En slawerny wás ’n onmenslike instelling wat deur geweld in stand gehou moes word.
Die geskiedenis is dus baie meer kompleks as die toerisme-propaganda van statige, Bolandse wynplase met slawe verlangs op die agtergrond.
Hoe romanties dit vir hedendaagse mense mag klink, was dit ’n dikwels wrede wêreld waarin slawe-eienaars voortdurend in onsekerheid en vrees gelewe het en bedreig gevoel het.
Daar is ook ’n tweede rede waarom ’n mens Portrait of a Slave Society by ’n Suid-Afrikaanse leser in die 21ste eeu sal aanbeveel.
Die houding van die slawe-eienaars van destyds teenoor hul slawe en die idees wat posgevat het, het lank voortgeleef en die geskiedenis van Suid-Afrika help vorm.
Dit is dan ook later gebruik om apartheid te regverdig.
Daarom meen Schoeman dat ’n ondersoek na die slawe-gemeenskap van die 17de en 18de eeu geensins 
irrelevant is nie.
’n Mens kan nie anders as om met hom saam te stem nie. 
* Gert van der Westhuizen is ’n joernalis en vryskutresensent en het ’n meestersgraad in geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf.


  • by

    Streep hier, kol daar – en sy prooi lééf

  • naweek

    Bruid van die Jaar: April 2014

  • naweek

    7 Dinge wat jy die naweek kan doen

  • by

    Só het SA Russe, VSA laat skarrel

  • by

    Ons kan wérk, maar 'talk . . . '

  • by

    ​Woedende ma steek ’n sweer oop

  • by

    Ware geloof binne én buite kerk te vind

  • naweek

    Deur die lens: Kyk net noord

  • naweek

    Soos ’n lam ter smaaklike slagting

  • naweek

    Gebou op blink klippies

  • naweek

    Beste steak in Suid-Afrika

  • naweek

    Bekyk Manhattan van immigrante-eiland af

  • naweek

    Tafelwyn waaroor haan kán kraai

  • naweek

    Trinchado’s vir daardie oerlus

  • naweek

    ‘Kry my daar, en vinnig!’

  • naweek

    Oporto se seëning

  • naweek

    Pionierbome gepas vir nuwe tuin, maar leef nie baie lank

  • naweek

    Cathay Pacific weer wêreld se beste, sê 18,85 miljoen

  • naweek

    Dans-dans, ballerinatjie

  • naweek

    Eikestad ‘leef en beef’ ook ná oes

  • naweek

    Umbrië, die groen hart van Italië

  • naweek

    Lekkerbek-gaste doen tuin aan

  • naweek

    Vertoef ’n wyle in die geskiedenis

  • naweek

    Op Emile Joubert se Sondagtafel

  • naweek

    Hoog tyd vir die doodgewone

  • naweek

    Uitsig op dolfyne

  • leefstyl

    Met apps kan jy gesogte parkeerplek kry

  • streeksnuus

    Joernalis vind vrede in musiek

  • streeksnuus

    Só skryf jy kinderboeke

  • streeksnuus

    Só spel studente op lug

  • streeksnuus

    Net wanneer jy wil, solank dit gou is

  • streeksnuus

    Van Gaalen vir Mount Grace se roete nie ’n goeie ruil

  • streeksnuus

    Los daardie horings uit!

  • vrydag

    Dansresep smaak nou soos karton

  • leefstyl

    5 000 t sand vir stadstrand

  • leefstyl

    Stel koel en kalm grense in werkplek

  • vrydag

    Uitdagende storie bied perspektief

  • leefstyl

    Seep skep werk, gee hoop

  • vrydag

    Bekende paadjie natuurlik uitgevoer

  • vrydag

    ’n Dansfees

  • vrydag

    Arena-kans ná meer as ’n dekade

  • vrydag

    Heelal se wagte

  • vrydag

    Spits jou ore

  • vrydag

    Die werklikheid van ma en poplap

  • vrydag

    Al Vegas se clichés blink

  • vrydag

    Wat’s tops?

  • vrydag

    Skop, skiet en knoei in Kaapstad

  • vrydag

    Oortreffende trap van aksievermaak

  • motors

    Ponie van 60’s herleef

  • leefstyl

    ’n Plesier vir die oog en die tong

  • leefstyl

    TV se ‘Cake Boss’ kom deel sy kennis

  • motors

    Nuwe Figo’tjie bied nog waarde

  • motors

    Ferrari’s groet Kyalami (dalk)

  • leefstyl

    Varkpens bly maar bobaas

  • motors

    Stepway beïndruk op vele vlakke

  • motors

    Inval van die Etios Cross begin

  • motors

    Kwaai NX nie vir sissies in nutsmark

  • motors

    Marquez in reuse se spore

  • motors

    Corsa no. 5 omvattend vernuwe

  • motors

    Nege ding mee om die kroon

  • motors

    Klein ramkat kry sy naam

  • motors

    Loopdop nie meer hoofsondaar

  • motors

    Kopskuif kan tandeknersers red

  • motors

    Nou kan jaers weer hul renvernuf wys

  • motors

    Superwaens in konvooi see toe

  • motors

    Dié VW’s kos min om te bedryf

  • motors

    Panda Cross hups soos jonges

  • motors

    Só lyk Britse top-vragmotor

  • motors

    Mazda het groot planne met ‘2’

  • motors

    M5 perfek vir gesin én alleen ‘druk’