Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    16°C / 6°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 33%

  • Woensdag

    18°C / 7°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Donderdag

    19°C / 7°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Vrydag

    19°C / 7°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Saterdag

    20°C / 4°C

    Wind 30km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Sondag

    12°C / 8°C

    Wind 23km/h

    Reënval 11.8mm

    Humiditeit 62%


Jip

Musiek wat mik vir die hart

Sondag 19 Mei 2013
Die jongste album van die tweemanskap wat as Dans Dans Lisa bekend staan, Pyl & Boog, het onlangs verskyn. Liandri Pretorius het met Deon Meiring en Bouwer Bosch gesels.
Bouwer Bosch en Deon Meiring van Dans Dans Lisa beskou hulself as “pyl en boog” - die een werk beter sáám met die ander een. Foto: Werner Botha, Plastiek

Waarom sou Dans Dans Lisa sy jongste album Pyl & Boog noem?

Volgens die lede van dié akoestiese groep, Bouwer Bosch en Deon Meiring, is hulle twee soos ’n pyl en boog: doeltreffender wanneer hulle as ’n stel gebruik word.

Hulle vul mekaar aan wat skryfstyl betref en vorm volgens hulle saam ’n nuwe “wapen” wat ’n ander klank as tevore vir hul aanhangers bied.

JIP het gaan vra wat hulle laat besluit het om hul tweede album met minder instrumente aan te pak en dit boonop in vyf dae op te neem:

Was dit hectic om Pyl & Boog binne vyf dae op te neem?

Deon: “Ja, enige recording is nogal hard op ’n mens; en om vyf dae lank heeltyd gefokus te bly, vat baie van ’n mens. Tog was dit op die ou end baie bevredigend. Om al die liedjies so naby aan mekaar op te neem in ’n bekende plek soos jou sitkamer, is ook ’n lekker benadering.”

Was dit aanvanklik vir julle ’n groot aanpassing om net twee in die band te wees?

Deon: “Dis ’n klein bietjie moeiliker om te weet hoe jy die klank steeds vol en treffend gaan maak, maar dis tog waaroor Dans Dans Lisa gegaan het van die begin af: eenvoud.”

Bouwer: “Dit is baie uitdagend om net met twee instrumente te skryf. Dit stretch jou baie in jou kreatiewe idees; jy het nie tromme of ’n harde kitaar om op terug te val nie. Dit is ook baie lekker omdat dit so prakties is. Ons kan enige plek staan en ’n show doen; die sypaadjie by ’n voetgangeroorgang kan ’n verhoog wees omdat ons nie van elektrisiteit of tegnologie afhanklik is nie.”

Hoekom het julle ’n nuwe musiekrigting ingeslaan as op jul eerste album?

Deon: “Ons het eerstens as mense gegroei sedert ons eerste album, dus dra dit by. Verder is ons ook intussen blootgestel aan ander musiek. Dit het gesorg dat ons ook iets anders wil doen, en ons voel ook dit maak sin om nie vir ons gehoor net more of the same te gee nie.”

Bouwer: “Ons wou ons live shows meer pret maak, en ons hou daarvan om iets nuuts te doen. In Afrikaans is daar nie regtig baie bands wat doen wat ons doen nie; dit help dus. En ’n mens moet groei en verander as musikant, anders sal jy moeg raak vir jou eie musiek.”

Kry julle ooit skrywersblok?

Deon: “Ek skryf soms moeiliker as ander kere, en partykeer voel ek baie lus om ’n liedjie te skryf, maar daar kom net niks wat oorspronklik of goed voel nie. Een van die beste goed om ’n mens aan die skryf te kry, is ’n deadline. Toe ons byvoorbeeld hierdie album opgeneem het, het ek geweet die tyd kom nader, en as ek nie nou skryf nie, sit ek dalk binnekort met niks om te record nie.”

Bouwer: “Ja, beslis, ’n mens moet maar net aanhou sit en skryf. Soms help dit om iets te gaan doen wat jy nooit sou doen nie. Gaan stap deur die dieretuin, of doen ’n pottebakkersklas – iets wat jou brein sal stimuleer op ’n manier wat nog nie voorheen gebeur het nie.”

Waaroor is julle passievol buiten musiek?

Deon: “Ek is baie lief vir skryf en enigiets wat te doen het met woorde – nie net lirieke nie. Ek hou baie daarvan om die wêreld waarin ek leef deur boeke te leer ken en te ondersoek.”

Bouwer: “Ek hou nogal daarvan om flieks te maak. Ek skiet en redigeer musiekvideo’s in my vrye tyd, en dit is ’n lekker medium om te gebruik om ook stories te vertel.”

Het julle enige guilty pleasures?

Deon: “Kom ons wees nou eerlik: Ons het al meer as een keer laat in die nag takeaways gekoop teen ons beterwete. Ons bly immers loopafstand van ’n McDonald’s af.”

Bouwer: “Ons twee bly saam. Deon maak die kos en ek was die wasgoed. Ons het ’n musikale huwelik. Ons meisies dink natuurlik ons is weird, maar ons is gelukkig.”

Wanneer hulle nie musiek maak nie . . .

Deon: “Ek het ná die musiekvideo vir ‘Kom Ons Sing’ vir my ’n longboard gekry; en as ek by die see is, probeer ek surf, maar ek is net ’n beginner met albei.”

Bouwer: “Ek probeer my organisasie, Liefde Wen, aan die gang hou.”

Julle sê:

Waarom hou jý van Dans Dans Lisa? wou ons by lesers op Facebook weet:

  • Claudia Duitserq Hermann: “Mooiste, waarste woorde.”
  • Janke van Schalkwyk: “Want hulle sing in eenvoudige taal oor die gevoelens van die meeste jong mense en het eerlike en opregte lirieke.”
  • Nelia Coetzee: “Hul lirieke beskryf hoe ek voel. . . ”
  • Pikkie Hayes: “Bossie Bouers Bush.”
  • Anica Opperman: Bouwer Bosch :-). En, ja, soos Janke sê, vreeslik mooi lirieke.

Wen!

Vyf lesers kan elk ’n eksemplaar van Pyl & Boog wen. Al wat jy daarvoor hoef te doen, is om die woord “Dans”, gevolg deur jou naam en ouderdom, teen Dinsdagoggend 10:00 na 33844 te SMS.



  • leefstyl

    Jong vroue behoorlik bederf

  • leefstyl

    Plek van vrede, rus in babakamer

  • leefstyl

    Lekker verjaar, u koninklike hoogheid!

  • leefstyl

    Die geur van seewier

  • jip

    Dié rubriek is vir jou

  • boeke

    Gru-blik op tienerangs aangrypend

  • boeke

    Goeies góéd; slegtes verveel

  • boeke

    Bittersoet genot in dié aritmiese boek

  • jip

    Dié tieners toor met woorde

  • jip

    Brad gesels oor nuwe video en fans

  • boeke

    Debuut wat nog lank begogel

  • Verbruikersforum

  • jip

    Kaaskrul

  • jip

    Julle op Facebook

  • jip

    Celeb-twiets

  • naweek

    Kry jou in (of uit) die boks

  • by

    My patryspoort op die heelal

  • naweek

    Padlangs  deur die Pireneë

  • by

    Net nog episode in daaglikse sepie

  • naweek

    Pure basaar

  • by

    Om die onsegbare te moet sê

  • naweek

    Geskiedenis-eras kry lewe in oornaghuisies

  • by

    Barnard is terug waar als begin het

  • naweek

    Deur die lens: Twaalf met uitsig

  • by

    ‘Die Stem’ sluit nie meer uit

  • naweek

    Oordadige Sondag

  • by

    Die reuk van hoop

  • naweek

    Oor die kole met Jan Braai

  • by

    Deur die blaaie van ’n boek

  • naweek

    Indringer-varings plaag wat ál verder versprei

  • naweek

    Vir fikse tong én brein

  • naweek

    ‘Vang’ tuin se geveerdes vir rose-prys

  • naweek

    Kaap-man mengel topprys los

  • naweek

    Knip-knip voordat lente kom

  • naweek

    Wat gis?

  • naweek

    Kamp-dit-uit: Namibië se beste

  • naweek

    Doendinge: Wes-Kaap

  • naweek

    Retro ontmoet modern

  • naweek

    Verf jou sorge weg

  • naweek

    Aktiewe dagboek

  • naweek

    7 dinge wat jy die naweek kan doen

  • naweek

    Raad vir ’n nuwe tuin

  • naweek

    Bruid van die Jaar: April 2014

  • naweek

    Voetslaan deur die Krugerwildtuin