Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    22°C / 8°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%

  • Vrydag

    21°C / 8°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Saterdag

    15°C / 3°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 36%

  • Sondag

    15°C / 5°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Maandag

    18°C / 7°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 29%

  • Dinsdag

    17°C / 7°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 42%


BOEKE

Pessimistiese blik op aarde se toekoms bied nie volle prentjie

neil cochrane
Sondag 19 Mei 2013

Die aarde word gelykgestel aan die verlamde man by Betesda. Die verskil is dat die water by die nuwe Betesda stil is – die kans dat ’n wonderwerk die aarde gaan red, is maar skraal.

Bleek planeet 
Dolf van Niekerk
PROTEA, R150
Die jongste digbundel van Dolf van Niekerk sluit aan by ’n gegewe wat veral in die laaste tyd hoogty vier in die Afrikaanse poësie – ekobewustheid.
Dit figureer onder meer in die onlangse werk van Johann Lodewyk Marais, Martjie Bosman en Susan Smith, hoewel omgewingspoësie (of groen poësie) reeds sedert die 1980’s ’n belangrike rol in die Afrikaanse poësie speel.
Suiwer natuurpoësie wat grootliks handel oor natuurbelewing of die mens-natuur-verhouding is eie aan die poësie van die Dertigers. Reeds vroeër lê ’n pioniersteks soos “Winternag” van Marais ’n stewige fondament vir latere natuurverse. Verder is dit ’n tema wat deur die eeue in die meeste poësiesisteme aanwesig is – dink hier byvoorbeeld aan die Romantiese periode in die Engelse letterkunde.
In literêr-teoretiese kringe en onder Afrikaanse literatore is daar die afgelope vyf jaar ’n ondernemende belangstelling in die ekokritiek. Die werk van navorsers soos Andries Visagie, Erika Lemmer, Reinhardt Fourie en Susan Smith kan in dié verband genoem word.
Van Niekerk sluit by vermelde tradisies aan. Sy jongste verse betrek grootliks die natuur en hy neem ’n uiters kritiese standpunt teen omgewingsvernietiging in. 
Die fokus val veral op die mens se vernietigende invloed op sy omgewing. Dit is inderdaad ’n onhoubare, hopelose en verwoeste aarde wat Van Niekerk vir ons skets in gedigte soos “2111”, “naggesig” en die trilogie “Nuwe seisoen”. 
’n Pessimistiese toekomsperspektief word gestel in “2111” waar die “geel planeet” niks meer as ’n “museumstuk in die ruim” is nie. Verder leef ons op ’n planeet wat “smag/na ’n wonderwerk” soos die spreker dit in die laaste gedig van die “Nuwe seisoen”-trilogie stel.
Van Niekerk slaag goed daarin om die Bybelse verhaal van die genesing by Betesda (Joh. 5:1-17) in verband te bring met ’n planeet wat self “voos en seer” is. Die aarde word gelykgestel aan die verlamde man by Betesda wat nooit ’n kans kry om by die helende badwater uit te kom nie. Die verskil is dat die water by die nuwe Betesda stil is – die kans dat ’n wonderwerk die aarde gaan red, is maar skraal.
In “25/12” vind ons ’n uiters geslaagde herinterpretrasie van die geboorte van Christus waar “wondervlinders/uit ’n krip by Gamoep” hul “evangelie van wit fladdering” (pragtige beeld!) verkondig, maar weens hul kort lewensverwagting dit nie op ’n volgehoue wyse kan doen nie, want hulle is grootliks “gedrewe om iewers/in die donker kontinent/met die boodskap” te sterf. Die gedig belig die kortstondige skoonheid van sekere spesies in die natuur op ’n ontroerende wyse.
In ’n aantal gedigte is daar sprake van ’n terugkeer na ’n oorsprong. 
Die verwoesting veroorsaak dat alles gaan eindig by die begin: “Pole smelt, oseane neem/Gondwanaland en Lauratis in;/gasse neem die lewe oor/en God se gees sweef oor die waters/soos aan die heel begin.” 
Dié reëls uit “Osoon” verklap een van die beperkinge van die bundel deurdat die spreker slegs ’n tradisionele, Christelike siening oor die ontstaan van die wêreld bied. Ander moontlikhede word uitgesluit. 
Dié sienswyse is ongelukkig in die meeste gedigte aanwesig en hou verband met die soms prekerige en selfregverdigende toonaard. ’n Goeie voorbeeld hiervan is die relaas van hoofman See-at-hl in die gedigreeks “Elegie vir verlore aarde”: “Ek weet: my God is jou God,/jou dag my dag, my nag jou nag;/ soos ek nou swig sal jy moet swig –/God het ’n plan met hierdie mag/waarmee jy nou die aarde skroei;”
Die beste verse in die bundel is kompak, eenvoudig en fokus op ’n saambindende idee. Goeie voorbeelde is “die sterrewag by Sutterland”, “25ste uur”, “Tuinier” en “Golden Gate”. Die meer uitgesponne verse is minder geslaagd omdat dit bloot as filosofiese mymeringe funksioneer – dit maak nie werklik ’n impak op die leser nie. 
’n Uitsondering is die langerige “Ballade van die hande”, die hoogtepunt in die derde afdeling. Die gedig handel oor die interessante en vreemde lewe van Helen Martins. 
Dit is een van die beste poëtiese response op dié figuur waarvan ek bewus is. Dit is veral die spanning tussen natuur en kultuur (en die uiteindelike versoening tussen dié twee wêrelde) wat oortuigend belig word: “So het die hande uiteindelik/die nag omhels, die uile uit die klip geroep/die eindelose donker in – die nag vir jou berei/dat jy in jou laaste uur die ontwykende lig/uit die duisternis kon bevry.”
Bleek planeet is ’n toevoeging tot die ekobewuste poësie in Afrikaans. 
Die poësie het in dié verband ’n bewusmakingsrol om te speel, maar tog moet ons waak teen belangepoësie. Dit kom soms voor of omgewingspoësie bloot ’n modegier word – ’n politiek korrekte en etiese kwessie om oor te dig. Waar is die Afrikaanse gedigte wat die groen kwessie ’n bietjie relativeer?
Van Niekerk se jongste bundel is van wisselende gehalte. Daar is uitstekende gedigte, maar ook ’n aantal haakplekke – hoogdrawende taalgebruik (“omgewe”, “geboetseer”), ondoeltreffende alliterasie (“vrugtelose vlug”, “verlangende vingers”), die oormatige gebruik van die “van”-konstruksie (“in die fleur van haar vroulikheid”) en ’n neiging tot saai, wetenskaplike taalgebruik wat veral steurend is in byvoorbeeld “Osoon”. 
Ten slotte kan die vraag gestel word: Skets die spreker met sy oorheersende pessimisme ’n volledige prentjie? 
* Neil Cochrane doseer Afrikaanse letterkunde aan Unisa.



  • motors

    Ponie van 60’s herleef

  • leefstyl

    ’n Plesier vir die oog en die tong

  • leefstyl

    TV se ‘Cake Boss’ kom deel sy kennis

  • motors

    Nuwe Figo’tjie bied nog waarde

  • motors

    Ferrari’s groet Kyalami (dalk)

  • leefstyl

    Varkpens bly maar bobaas

  • motors

    Stepway beïndruk op vele vlakke

  • motors

    Inval van die Etios Cross begin

  • motors

    Kwaai NX nie vir sissies in nutsmark

  • motors

    Marquez in reuse se spore

  • motors

    Corsa no. 5 omvattend vernuwe

  • motors

    Nege ding mee om die kroon

  • motors

    Klein ramkat kry sy naam

  • motors

    Loopdop nie meer hoofsondaar

  • motors

    Kopskuif kan tandeknersers red

  • motors

    Nou kan jaers weer hul renvernuf wys

  • motors

    Superwaens in konvooi see toe

  • motors

    Dié VW’s kos min om te bedryf

  • motors

    Panda Cross hups soos jonges

  • motors

    Só lyk Britse top-vragmotor

  • motors

    Mazda het groot planne met ‘2’

  • motors

    M5 perfek vir gesin én alleen ‘druk’

  • leefstyl

    Etes in ’n japtrap

  • leefstyl

    Boere-barok

  • leefstyl

    Hoekom vroue anders bedraad is

  • leefstyl

    Verhouding en fantasie vuur drange

  • leefstyl

    Plek van vrede, rus in babakamer

  • leefstyl

    Die geur van seewier

  • leefstyl

    Jong vroue behoorlik bederf

  • leefstyl

    Retro ontmoet modern

  • leefstyl

    Angstig, of maar net kind?

  • leefstyl

    Noodhulp vir jou beste vriend

  • leefstyl

    Lekker verjaar, u koninklike hoogheid!

  • boeke

    Goeies góéd; slegtes verveel

  • boeke

    Debuut wat nog lank begogel

  • boeke

    Gru-blik op tienerangs aangrypend

  • boeke

    Bittersoet genot in dié aritmiese boek