Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    19°C / 9°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Sondag

    18°C / 6°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%

  • Maandag

    18°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Dinsdag

    20°C / 9°C

    Wind 24km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%

  • Woensdag

    20°C / 9°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%


Televisie

Pearl mik na nog groter sukses

Rozanne Els
Donderdag 30 Mei 2013
Sy het pas 25 jaar oud geword, maar spog met ’n CV soos dié van ’n veteraan in die vermaaklikheidswêreld en is boonop die nuwe gesig in die gewilde sepie Isidingo. Rozanne Els het met Pearl Thusi gesels oor haar warrelwind-lewe, drome en ma-wees.
Pearl Thusi is die nuwe gesig in Isidingo op SABC3.

Ek wil hê vroue moet weet hulle kan magtig wees, hulle kan sterk wees en baklei vir wat hulle wil hê en hulle hoef nie bang te wees om ambisieus te wees nie

‘Alles waaroor ek as kind gedroom het, het waar geword,” sê Pearl Thusi.

Om Thusi te beskryf is omtrent ’n mondvol. Sy het onlangs haar opwagting in Isidingo se Horizon Deep gemaak, maar is ook ’n aanbieder van die vermaaklikheidsprogram Real Goboza en die musiekprogram Live Amp op SABC1.

As jou radio op Metro FM ingeskakel is, sal jy haar soggens hoor en soms hou dié voormalige naaswenner van Mej. SA Tiener haar lyf ook model.

Die rol wat egter vir haar die meeste geluk bring, is dié van ma vir haar dogtertjie, Thandolwethu.

“Ek is ’n alleenouer wat werk vir my kind. Ek is geseënd om so jonk so ’n vol lewe te geniet,” sê Thusi.

“My dogter is my trots en my vreugde. Ek voel asof baie van die seëninge wat op my pad gekom het as gevolg van haar is, sodat ek ’n voorbeeld vir haar kan stel.”

Karakter ’n inspirasie

As jy onlangs die karakters van Isidingo jou sitkamer binnegenooi het, het jy reeds Thusi se karakter, Palesa Motaung, ’n slinkse prokureur, ontmoet.

Volgens Thusi verskil sy en haar karakter hemelsbreed – behalwe ten opsigte van hoe hard hulle werk.

“Palesa is vreeslik intelligent. Sy is iemand wat omstandighede en situasies manipuleer om in haar guns te werk – en basta met iemand of iets wat in haar pad staan. Vir hulle is daar net moeilikheid, want sy is baie slim en baie ernstig oor wat sy wil hê.”

Vir eers wil Thusi nie waag om te dink wat kykers se reaksie op Palesa gaan wees nie.

“Ek wil nie daardie druk op myself of op Palesa plaas nie. Eerder as om na die groter prentjie te kyk, fokus ek op Palesa se wêreld,” sê sy beslis.

Met dié karakter wil sy ’n inspirasie wees vir jong vroue, verduidelik sy.

“Ek wil hê vroue moet weet hulle kan magtig wees, hulle kan sterk wees en baklei vir wat hulle wil hê en hulle hoef nie bang te wees om ambisieus te wees nie.

“As hulle hulself ernstig opneem en hard werk, sal mense geen keuse hê as om hulle te respekteer nie.”

Dis Palesa se benadering tot die lewe wat belangrik is eerder as haar boodskap, benadruk Thusi.

“Ek is baie trots om deel van Isidingo te wees,” voeg sy by.

“Om mense te sien saam met wie ek nog altyd wou gewerk het, om hulle reg voor my te hê, is ongelooflik. Dis soms skrikwekkend, maar dis ’n droom wat bewaarheid is.

“Nou moet ek groter droom.”

“Jy kan enigiets wees”

Thusi het op hoërskool drome van ’n loopbaan in die vermaaklikheidsbedryf begin koester. Sy het met dramaklasse begin en aan die Universiteit van die Witwatersrand haar opleiding voortgesit.

Sy het destyds nie haar graad voltooi nie omdat sy swanger geraak het, maar is tans besig met ’n graad in media en kommunikasie aan Unisa.

“Dis taai om alles te balanseer, maar ek is gelukkig. Alles het uitgewerk. Ek het definitief reg besluit,” sê sy.

Deurentyd het sy nooit haar drome van toneelspeel laat vaar nie en nou werp dit vrugte af.

“As ’n aktrise kan ek enigiets wees én daarvoor betaal word!” lag sy.

“ ’n Mens wonder hoe dit is om in iemand anders se skoene te wees – hoe dit voel om ’n bedelaar te wees of ’n prostituut of ’n president.

“As ’n akteur kry jy ’n vlugtige blik daarop.”

Nuwe drome

Thusi is egter nie klaar gedroom nie. O, nee!

Eers moet sy Meryl Streep ontmoet en oorsee gaan reis en werk.

As ’n “formidabele geleentheid” hom voordoen om in ’n rolprent te speel, sal sy dié ook met albei hande aangryp, sê sy.

“Op die oomblik is ek op die toppunt van wat ek nog altyd wou gehad het.

“Nou moet ek na nuwe hoogtes reik. Ek moet nuwe drome en doelwitte kry.”

Hou moed

Thusi is baie filosofies oor hoe sy haar drome en doelstellings tot dusver bereik het.

“Ek gee nooit op nie, ongeag wat gebeur. Dít is die houding wat ek my hele lewe nog inneem.

“Dit het my tot hier gekry en ek hoop dit neem my waarheen ek nog wil gaan.”

Vir eers het sy genoeg opwinding in haar lewe en dié aktrise het een doel voor oë vir vanjaar: Om ’n huis te koop en ’n tuiste vir haar dogter te skep.

“Ek het nooit daarvan gedroom om beroemd te wees nie, eerder net om sekere goed te doen. En nou doen ek dit.”

  • Isidingo is weeksaande om 19:30 op SABC3 te sien.


  • vrydag

    ‘Oorspronklikheid sal die deurslag gee’

  • vrydag

    Wanneer ‘ondooies’ oorneem 

  • vrydag

    Nuutste CD ’n ‘donker outjie’

  • leefstyl

    Groen badkamer kry sommer lewe

  • vrydag

    Vir Madiba

  • leefstyl

    Maak self seep

  • vrydag

    Onwaarskynlike helde met skop

  • leefstyl

    Spaar – volg dié wenke

  • vrydag

    Wat’s tops?

  • vrydag

    Dié Britse reeks is vuurwarm

  • vrydag

    Leeuemoed

  • vrydag

    Verbeelding seëvier oor wreedheid

  • vrydag

    Ontdekkingsreis in kinders se tuisklas

  • vrydag

    Spits jou ore

  • vrydag

    ‘Magnum PI’ en ‘Airwolf’ is terug

  • leefstyl

    Van plaasmeisie tot meestersjef

  • leefstyl

    Verkyk jou aan wenblog

  • motors

    Dun lippies – en nog slim ook

  • motors

    ’n Droom in stad én veld

  • motors

    Padwoede raak nou ’n tendens

  • motors

    Finse monster grom

  • leefstyl

    Nuwe tydskrif vir suikertande tref die rakke

  • motors

    Audi’s gereed om Phakisa te pak

  • leefstyl

    Maak jou eie neutsmeer

  • motors

    Rooi bulletjie jaag die geruite vlag

  • motors

    Betroubaar, met g’n fieterjasies

  • motors

    Groot gedreun draai in Vrystaat

  • motors

    Begeerlike Alfa het groot byt

  • motors

    Tierkat vir teerpad

  • motors

    Porsche se baas koop Kyalami

  • motors

    Elantra nog modern met goeie prys

  • motors

    Jou kans in ’n ghrênd Porsche

  • motors

    Stasiewa is vir jonges wat styl soek

  • streeksnuus

    Stoomtrein na Irene

  • streeksnuus

    Motorskou waar die rook borrel

  • streeksnuus

    Altyd op soek na iets nuuts

  • streeksnuus

    ‘Heksie’ bring pret

  • streeksnuus

    Kliek nog ‘hemel-op-aarde’

  • leefstyl

    My kind is dood...

  • leefstyl

    Bewapen jouself teen dié virus

  • leefstyl

    Dís wat SA in Julie by ‘aanlyn dokter’ wil weet

  • leefstyl

    Kry só gesonde winterhare

  • leefstyl

    Juwele met skop én byt

  • leefstyl

    Van amateur tot Spielberg

  • leefstyl

    Ligloop vir dié kuberstrikke