Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    18°C / 7°C

    Wind 22km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Dinsdag

    17°C / 7°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 36%

  • Woensdag

    17°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 36%

  • Donderdag

    18°C / 9°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%


Pols

Werk-avontuur op wêreld se seë

Donderdag 30 Mei 2013
Wat laat mense ’n loopbaan kies wat hulle sowat sewe maande per jaar van die huis weghou en boonop baie nou met vreemdelinge laat saamwerk? Riëtte Grobler het ’n paar bemanningslede van ’n passasiersboot daarna uitgevra.

‘Dit gaan alles oor die vryheid!”

Elena Dubroyskaya gooi haar arms triomfantelik in die lug terwyl sy verduidelik waarom sy al vyf jaar op passasiersbote werk.

Dubroyskaya, ’n huishoudster op die megaseiljag Pegasus van Variety Cruises, kom van die Oekraïne en was in haar tuisland ’n onderwyser. Al was sy lief daarvoor om met kinders te werk, het avontuur én veel beter vergoeding haar see toe geroep.

“My pa was ’n seeman en nes hy wou ek reis en die wêreld sien,” vertel Dubroyskaya waar die Pegasus vasgemeer lê in die baai van die Sainte Anne-eiland in die Seychelle.

“Daar was iets ín my wat doodgewoon iewers heen wou gaan.”

En gegaan hét sy: Van Indië tot Sri Lanka; na die Maledive, Spanje en Madagaskar.

Dalk was dit dieselfde “iets” wat Dubroyskaya se kollegas, bemanningslede van oor die wêreld heen, na ’n lewe op see gelok het.

Luister ’n mens so na al die nasionaliteite wat aan boord verteenwoordig word, passasiers inkluis, hoef jy nooit eens ’n voet aan wal te sit om ’n kosmopolitiese belewenis te kan hê nie.

Daar is die matrose van Egipte met hul sonbruin vel wat passasiers elke dag veilig in kleiner bootjies strand toe karwei vir uitstappies.

Ook die Oekraïnse huishoudsters en kelnerinne wat met hul swaar aksent soos wafferse sersantmajore klink as hulle met jou praat, al is hulle eintlik vriendelik, en ’n gul Peruaanse vrou wat al vyf jaar as toerkoördineerder op skepe werk.

Die Britse sjef wat in Spanje woon wanneer hy nié op skepe werk nie, sorg vir die soet wonders uit die piepklein kombuis.

Die hoofsjef is van die Seychelle, asook Donny Valentin, die boot se toerkoördineerder.

Eensame avontuur

Die hoofbemanningslede aan boord van die Pegasus is hoofsaaklik Grieke. Die boot behoort aan Variety Cruises, ’n Griekse vakansiegroep wat wêreldwyd met klein skepe vakansietoere onderneem. Aan stuur van sake is kaptein Nikolaos Binieris, iewers in sy vroeë 30’s en ’n baie filosofiese siel.

Hy werk al drie jaar op skepe en het die wêreld gesien X “van Texas tot Tasmanië”.

Hy huiwer om te sê wat sy gunstelingbestemming is.

“Hoe jy iets beleef, dit sien, is tog vir elkeen anders,” meen hy, hoewel hy Maleisië uitsonder as ’n plek wat “baie herinneringe” vir hom inhou.

Hy het sy loopbaan as skeepskaptein begin nadat hy ’n draai in die Griekse vloot en by ’n Amerikaanse maritieme akademie gemaak het.

“Ek het begin werk op groot skepe en ons het dikwels vyf tot ses dae in ’n hawe bestee, wat beteken daar was tyd om plekke te sien.

“Maar dit was ’n baie eensame lewe, veral in die dae toe tegnologiese kommunikasiemiddels nog nie so gevorderd was nie.”

Hy het die sprong na passasierskepe gemaak omdat die betaling aansienlik beter is én dit hom meer vryheid bied om sy gesin X sy vrou en eenjarige dogtertjie, Nikoletta X te sien.

“Seemanskap hou baie komplikasies vir verhoudings in,” sê hy.

“Jy kul jouself as jy dink jy kan sonder emosie deur die lewe gaan.

“As dit te swaar raak, oortuig ek myself maar dis nét werk en dat ek binnekort weer tuis sal wees. Soms help dit.”

Ook Yannis Pylarinos, hotelbestuurder, wat al 40 jaar op passasierskepe werk, sê dit is die hunkering na sy gesin wat vir hom die swaarste is.

“Die lewe op see is altyd moeilik, wie jy ook is of waar jy ook vandaan kom. Dit is swaar om vir sewe maande dié wat jy liefhet agter te laat.”

Dit is egter juis met sy vrou van 27 jaar en twee seuns, albei in hul 20’s, in gedagte dat Pylarinos dié loopbaan gekies het.

“Met skepe kan jy die wêreld sien én geldmaak,” sê Pylarinos, wat al op kleiner bote soos die Pegasus en skepe met 2 500 passasiers na plekke soos Tasmanië, Alaska en Hongkong gereis het en ook al ’n draai in Skandinawië en Marokko gemaak het.

“Ons het ook op ’n keer ’n paar dae in die Kaapse hawe in Suid-Afrika geanker om oliereserwes aan te vul,” onthou hy.

Sy gunsteling-bestemming is sy tuisland, Griekeland, ’n “fantastiese, verwelkomende” plek.

Praat oor taalgrense heen

Griekeland is ook vir Kamilla Stoycheva van die Oekraïne ’n droombestemming. Sy werk al tien jaar op passasiersbote en het in haar 32 jaar al plekke soos Aruba, die Amerikas, Argentinië en Thailand besoek.

Sy was in haar tuisland ’n beroepstennisspeler, maar het werk op skepe as ’n veiliger beroepskeuse beskou.

“Ek het ’n 11-jarige seun en my ma sorg vir hom,” sê Stoycheva, wat werk maak daarvan om ná slegs ’n enkele ontbyt te weet presies hoe al 24 gaste aan boord van hul koffie hou.

Die geleentheid om alleen te wees en uitgelos te word op ’n af-dag bestaan nie en dit is nie altyd maklik nie, erken sy.

Tog word die bemanningslede aan boord van ’n kleinerige boot soos die Pegasus vinnig soos ’n familie.

“Julle eet saam, werk die heeltyd saam en woon saam vir sewe maande op ’n slag,” sê sy. “Soms verstaan julle nie mekaar se taal nie, maar dan moet jy ’n manier probeer soek om te kommunikeer.

“Dis maar net menslik; nie ‘magic’ nie.”

• riette.grobler@media24.com



  • boeke

    Donkerte van psige én die internet ontbloot

  • boeke

    Nuwe naam om dop te hou in misdaadspanningsgenre

  • boeke

    de dag is nog niet begonnen

  • jip

    Die lewe is n kaaskrul

  • jip

    Moderne skerm of tydlose papier?

  • jip

    Julle op Facebook

  • jip

    Geldslim in ’n japtrap

  • boeke

    Kerk-blik eensydig, maar boei

  • jip

    Watter fliek-genre is die beste?

  • boeke

    Kopskote met Henry Cloete

  • boeke

    Nes van misverstand, obsessie, jaloesie, liefde en seks

  • Verbruikersforum

  • boeke

    Bendewêreld van Manenberg oortuigend weergegee

  • by

    Want prinsessies moet ook maar wag

  • by

    240 km stroomaf in my kano

  • by

    As ’n ongelese boek kom spook

  • by

    Solank die wind waai . . .

  • by

    Streep hier, kol daar – en sy prooi lééf

  • naweek

    Bruid van die Jaar: April 2014

  • naweek

    7 Dinge wat jy die naweek kan doen

  • by

    Só het SA Russe, VSA laat skarrel

  • by

    Ons kan wérk, maar 'talk . . . '

  • by

    ​Woedende ma steek ’n sweer oop

  • by

    Ware geloof binne én buite kerk te vind

  • naweek

    Deur die lens: Kyk net noord

  • naweek

    Soos ’n lam ter smaaklike slagting

  • naweek

    Gebou op blink klippies

  • naweek

    Beste steak in Suid-Afrika

  • naweek

    Bekyk Manhattan van immigrante-eiland af

  • naweek

    Tafelwyn waaroor haan kán kraai

  • naweek

    Trinchado’s vir daardie oerlus

  • naweek

    ‘Kry my daar, en vinnig!’

  • naweek

    Oporto se seëning

  • naweek

    Pionierbome gepas vir nuwe tuin, maar leef nie baie lank

  • naweek

    Cathay Pacific weer wêreld se beste, sê 18,85 miljoen

  • naweek

    Dans-dans, ballerinatjie

  • naweek

    Eikestad ‘leef en beef’ ook ná oes

  • naweek

    Umbrië, die groen hart van Italië

  • naweek

    Lekkerbek-gaste doen tuin aan

  • naweek

    Vertoef ’n wyle in die geskiedenis

  • naweek

    Op Emile Joubert se Sondagtafel

  • naweek

    Hoog tyd vir die doodgewone

  • naweek

    Uitsig op dolfyne