Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    19°C / 8°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%

  • Donderdag

    18°C / 8°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 29%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Sondag

    18°C / 7°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Maandag

    20°C / 8°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%


ERNST VAN JAARSVELD

Wildeperske sonder vrugte soek ’n vrou

Donderdag 30 Mei 2013
Die wildeperske (Kiggelaria africana) aard goed op die Hoëveld en is rypbestand. Dit is ’n redelik vinnig groeiende immergroen inheemse boom. Manlike en vroulike bome kom voor.

Elmarie woon buite Krugersdorp in die Wieg van die Mensdom. Sy skryf: Toe ons sowat 11 jaar gelede hier gebou en begin tuinmaak het, het ek ’n bietjie oor inheems begin nalees, veral omdat ons in ’n wêrelderfenisgebied woon.

Ek het besluit om ’n wildeperskeboom te plant en dit groei pragtig. Daar is nou natuurlik die goor tye wanneer skoenlapper-ruspes die boom amper kaal vreet, maar dit gedy nogtans met nuwe blare.

Ek het sowat ’n jaar gelede nog een aangeplant. Ek het ’n foto gesien van die pragtige ronde vrugte met rooi sade wat die boom dra en wat voëls na jou tuin lok. Ons boom het nog nooit sulke vrugte gedra nie!

Nou wonder ek, kry mens dalk, soos in die geval van ’n papajaboom, sowel ’n manlike as vroulike boom? Dit dra wel die klein blommetjies. Die boom groei mooi, kry genoeg water en kompos, so wat sou die probleem wees?

Antwoord:

Elmarie, wildeperskes (Kiggelaria africana) sal goed daar gedy. Dit is ook normaal vir die ruspes en die skoenlappers om hul eiers op die blare te lê. Die boom is giftig, wat die ruspes en skoenlappers ook giftig maak, maar daar is tog sommige voëltjies soos die diederikie wat aangepas is om die ruspes te vreet. Die ruspe-fase is net tydelik.

Jy is reg, manlike en vroulike bome kom voor en jou boom is sekerlik ’n mannetjie. Wildeperske kom tot aan die Witwatersrand voor. Dis egter nie hier so volop soos in die Wes-Kaap nie en gewoonlik beperk tot beskutte klowe.

Vir lesers wat die boom nie ken nie, dit is ’n vinnig groeiende immergroen boom, ’n pioniersboom in ons immergroen inheemse woude.

Dit aard baie goed in tuine en in die Wes-Kaap kom die bome dikwels spontaan op.

Saad ontkiem moeilik, maar maklik onder ’n rooivlerkspreeu. Die suur maaginhoud verbreek die hardskaligheid en die bome ontkiem dan spontaan. Die vroulike bome dra grys vruggies wat kenmerkend in ’n vyfhoekige vorm oopvou en sy saad ontbloot vir verspreiding.

Die swart saadjies is omhul deur ’n oranjekleurige vlees wat vrugtevretende voëls lok.

Die oranjekleurige wildeperske-skoenlapper (Acraea horta) lê sy eiers op hierdie boom.

Zelda Clark van Christiana in Noordwes skryf: Ernst, ek soek raad. Ek het ’n lukwartboom (Eriobotrya japonica) en sy bas dop af.

Die boom is seker so 20 jaar oud. Ons het nog nooit van sy vrugte geëet nie en die boom dra maar swak.

Antwoord:

Zelda, dit kan wees dat die boom se stam volson kry. Dit brand dan en die boom sukkel. Sommige mense verf die bas wit om dit af te koel. Dit kan ook ’n swam wees wat jou boom beet het.

Die eintlike rede is dat die plant ongelukkig is in daardie baie warm, dor wêreld.

’n Kompos-grondbedekking onder jou boom, Bounceback of 3:1:5-bemesting kan baie help in die somer.

Probeer maar net sy toestand verbeter en op dié manier die plant se weerstand opbou.

* Skryf aan 

 Vra vir Ernst, ­Naweek+, Posbus 692, Kaapstad 8000.

Stuur fakse na 021 797 6570 en e-pos na ernstvj@mweb.co.za .



  • streeksnuus

    Stoomtrein na Irene

  • streeksnuus

    Altyd op soek na iets nuuts

  • streeksnuus

    ‘Heksie’ bring pret

  • streeksnuus

    Motorskou waar die rook borrel

  • streeksnuus

    Kliek nog ‘hemel-op-aarde’

  • leefstyl

    My kind is dood...

  • leefstyl

    Bewapen jouself teen dié virus

  • leefstyl

    Dís wat SA in Julie by ‘aanlyn dokter’ wil weet

  • leefstyl

    Agt naelmites

  • leefstyl

    Wonde: behandel elkeen anders

  • leefstyl

    Kry só gesonde winterhare

  • leefstyl

    Juwele met skop én byt

  • leefstyl

    Van amateur tot Spielberg

  • leefstyl

    Ligloop vir dié kuberstrikke

  • boeke

    Donkerte van psige én die internet ontbloot

  • boeke

    Nuwe naam om dop te hou in misdaadspanningsgenre

  • boeke

    de dag is nog niet begonnen

  • jip

    Die lewe is n kaaskrul

  • jip

    Moderne skerm of tydlose papier?

  • jip

    Julle op Facebook

  • jip

    Geldslim in ’n japtrap

  • jip

    Watter fliek-genre is die beste?

  • boeke

    Nes van misverstand, obsessie, jaloesie, liefde en seks

  • Verbruikersforum

  • boeke

    Bendewêreld van Manenberg oortuigend weergegee

  • by

    Want prinsessies moet ook maar wag

  • by

    240 km stroomaf in my kano

  • by

    As ’n ongelese boek kom spook

  • by

    Solank die wind waai . . .

  • naweek

    Deur die lens: Kyk net noord

  • naweek

    Soos ’n lam ter smaaklike slagting

  • naweek

    Gebou op blink klippies

  • naweek

    Beste steak in Suid-Afrika

  • naweek

    Bekyk Manhattan van immigrante-eiland af

  • naweek

    Tafelwyn waaroor haan kán kraai

  • naweek

    Die karate kind(ers)

  • leefstyl

    ‘Kry my daar, en vinnig!’

  • naweek

    Trinchado’s vir daardie oerlus

  • naweek

    Oporto se seëning

  • naweek

    Pionierbome gepas vir nuwe tuin, maar leef nie baie lank

  • naweek

    Cathay Pacific weer wêreld se beste, sê 18,85 miljoen

  • naweek

    Eikestad ‘leef en beef’ ook ná oes

  • naweek

    Umbrië, die groen hart van Italië

  • naweek

    Lekkerbek-gaste doen tuin aan

  • naweek

    Vertoef ’n wyle in die geskiedenis

  • naweek

    Op Emile Joubert se Sondagtafel

  • naweek

    Hoog tyd vir die doodgewone

  • naweek

    Uitsig op dolfyne