Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    21°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Vrydag

    20°C / 8°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Saterdag

    18°C / 8°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Sondag

    17°C / 9°C

    Wind 15km/h

    Reënval 2.5mm

    Humiditeit 41%

  • Maandag

    16°C / 8°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 47%

  • Dinsdag

    17°C / 6°C

    Wind 23km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 34%


by

Skote Petoors, in die kol!

Die verhaal agter dié uitdrukking

Vrydag 31 Mei 2013
Petronel Fourie vertel die verhaal van Lood Pretorius, met wie se geweer die skrywer Eugène Marais sy lewe beëindig het.
’n Jong man met wakker oë wag met ingehoue asem vir ’n opdrag, sy lenige en skraal lyf snaarstyf gespanne.
Dis oorlogtyd, Oktober 1899, en die Boere onder genl. Lucas Meyer het met artillerie bo-op die Talanaheuwel naby Dundee in Natal stelling ingeneem, terwyl die Britse mag onder bevel van genl. Penn Symons onder in die kom gevestig was. 
Lood Pretorius, soos sy makkers hom ken, is in beheer van die kanon.
Wanneer die vroeë oggendmis oor Talana begin wyk, bespeur die Boere beweging in die Britse kamp ver onder in die dal. Genl. Meyer besluit om nie langer te wag nie en beveel Lood om met die Krupp-kanonne los te brand. 
Sonder om die gebruiklike twee proefskote te vuur, trek Lood op die vyandelike kamp los en sy tweede skoot val digby genl. Symons se tent binne-in die Engelse kamp. 
Kolskoot! Een van sy medevegters spring byna uit sy vel met ’n bulderende: “Skote Petoors!” 
Só is Lood Pretorius se kanonskoot in die Afrikaanse woordeskat verewig.
Uit ’n vername bloedlyn 
Hoewel Lood uit eie reg naam gemaak het met sy akkurate oog, was hy boonop deel van ’n vername familie. Hy is op 24 Mei 1872 as Johannes Lodewicus Pretorius gebore en het op die plaas Welgegund grootgeword, sowat 40 km wes van Pretoria naby Pelindaba.
Sy pa, Henning Petrus Nicolas Pretorius, was die stigter van die ZAR se staatsartillerie. Sy oupa Swart Martiens Pretorius was ’n broerskind van Andries Pretorius en dus ’n neef van Marthinus Wessel Pretorius, die staatspresident van die ZAR en stigter van Pretoria. Sy ouma was Debora Retief, dogter van Piet Retief. 
Welgegund is aan die einde van die 19de eeu aan Swart Martiens toegeken. In Lood se dagboek-inskrywings, wat in die Afrikana-vereniging van Pretoria se 2005-jaarboek te vind is, vertel hy hul plaashuis het kleimure van omtrent twee voet (sowat 61 cm) dik gehad. Die voorste vertrekke van die huis, ’n grasafdak en die slaapkamer was met ’n gordyn afgeskort. 
Die eetkamer en kombuis, wat agter in die huis was, was onder ’n platdak, gemaak van ’n laag spaansriete met brakklei daaroor. Aan die begin van 1880 het sy pa besluit om ’n ander huis te bou, sowat 200 treë van die ou huis.
In daardie dae het Lood se ouma met sy skoolopleiding begin. Hy het geleer om te spel uit die Nederlandse boek Trap der Jeugd
Maar Lood se aandag op skoolwerk is afgetrek toe ou Marthinus Ras, wat agter die Magaliesberg naby Wolhuterskop gewoon het, ’n kanon gemaak en Lood se pa genooi het om dit te toets. Lood het saamgegaan en só is sy belangstelling in kanonne reeds as tienerseun geprikkel. 
Toe Lood se pa kommandant van die Suid-Afrikaanse artillerie en polisiekorps word, kon die gesin nie meer op die plaas bly nie. Hulle het omstreeks 1886 die nuwe huis op Welgegund agtergelaat en vir goed stad toe getrek, waar Lood by die Ebenhaezer-skool ingeskryf is.
Van skoolkind tot kanonnier 
Ná skool het Lood as klerk by ’n paar ondernemings gewerk. In daardie tyd het die Volksraad ’n wet uitgevaardig wat dit moontlik gemaak het dat vrywilligerkorpse gevestig kon word. Lood het by die “Pretoria Voluntary Cavalry Corps” aangesluit en tot die rang van sersant gevorder. 
Kort daarna het die Volksraad besluit om die staatsartillerie met 400 man uit te brei. Drie vakatures vir tweede luitenante was beskikbaar. Lood het die eksamen afgelê en is as seksie-kommandant van die Eerste Battery onder maj. Frans Wolmarans aangestel. Met die uitbreek van die Mpefu-oorlog (ook bekend as die Magato-oorlog) is hy tot seksie-kommandant van die twee Howitzer-kanonne bevorder.
Intussen het oorlogswolke tussen die Engelse en die Suid-Afrikaanse Republiek saamgepak. Troepe is voortdurend na die grense aangevoer totdat die burgers ook vir oorlog opgeroep is – die Transvalers op 27 September 1899 en die Vrystaters op 2 Oktober 1899.
Vroeg in die oorlog, op 20 Oktober 1899, het kanonnier Lood Pretorius sy beroemde skoot by Talana gevuur. 
In die daaropvolgende weke het sy grofgeskut verwoesting gesaai by Lombardskop (Modderspruit) en Platrand. Kapt. Lood Pretorius se roem styg verder met die Slag van Colenso, op 15 Desember 1899, en ook by Spioenkop en Vaalkrans, waar hy die Boere-artillerie met groot sukses inspan. 
Ná die ontset van Ladysmith deur sir Redvers Buller was die stryd in Natal vir alle praktiese doeleindes verby.
Lood het hierna na verskeie vegterreine verskuif, maar is teen die einde van 1901 gevang en na St. Helena gestuur.
Beter skut ónder die prop 
Dit is vir enige soldaat en offisier moeilik om ná ’n oorlog ’n normale lewe te hervat. As jy roem verwerf het, is dit blykbaar nog moeiliker. 
Lood het sy weg terug na Welgegund gevind waar die plaashuis deur die Engelse afgebrand is. Volgens oorlewering het Lood, soos talle ander moedelose boere van daardie tyd, sink by een van die nabygeleë verlate Britse forte gaan vat om as skuiling teen die elemente te dien.
Die lewe op die plaas was maar swaar. Hoewel Lood getroud is en twee seuns gehad het, was die huwelik stormagtig. Terwyl hy ’n sukkelbestaan as boer en bouer gemaak het, het sy vrou in Pretoria gaan woon met die twee seuns, blykbaar om hulle daar te laat skoolgaan. 
Lood het blykbaar later jare al hoe dieper in die bottel begin kyk. Hierdie gewoonte het egter teen die verwagting in sy slag met ’n skietding verder verbeter. Hoewel sy familie en vriende hom so aanvaar het, was daar van die jonger geslag wat hom daaroor geterg het. 
Op ’n dag het hy met sy oop perdekar van Pretoria af teruggekeer na Welgegund, die trotse eienaar van ’n splinternuwe 14-boor-haelgeweertjie, die perfekte skietding om fisante en klein gediertes mee te verjaag. 
By “die kruispad” – die kruising tussen die Hennopsrivier/Hartbeespoortpad en die Pretoria/Broederstroompad – het die Jones-kinders hom ingewag. 
Hulle was ’n rowwe klomp, afstammelinge van ’n Pretorius-dogter, verlangs familie van Lood, wat ná die Boereoorlog met ’n Engelse soldaat getrou het. Hulle het wild grootgeword en was vir niks bang nie.
Met die stilhou kon hulle sien oom Lood was weer ’n bietjie getrek. Hulle vra hom gemaak vriendelik uit na sy nuwe skietding, wat hulle vir ’n windbuks aangesien het. Hy verduidelik dit is ’n nuwe soort haelgeweer en nie ’n speelding nie, maar die tergery hou aan.
Uiteindelik vra oom Lood of hy vir hulle moet wys waartoe sy geweer in staat is. Hy sê die grootste Jones-lummel aan om op 50 treë met sy agterstewe na hom gerig te buk, sodat hy sy “geweertjie” kan demonstreer.
Die Jones-ma het tot laatnag nog haelkoeëltjies met ’n speld uit haar seun se agterwêreld gegrawe. 
Lood bied ‘genadedood’ 
Benewens sy slag met vuurwapens kon Lood ook bou. Hy het in 1934 sy swaer, Gustav Preller, gehelp om ’n huis op die plaas Pelindaba vir die Prellers te bou, net ’n paar kilometer van sy eie huis af. 
Op 29 Maart 1936 het die erg depressiewe Eugène Marais van die einste Preller-huis na Lood s’n gestap en by hom die geweer geleen waarmee hy hom geskiet het. 
Die plaasgemeenskap het geweet van Marais se ellendes en dat hy ’n einde daaraan wou maak, maar het hulle blind en doof gehou. Daar word bespiegel dat Lood die enigste mens was wat die moed gehad het om vir Marais ’n vuurwapen te leen. Só was hy deel van sy genadedood. 
’n Monument op die plek waar Marais gesterf het, staan vandag nog, ’n paar honderd meter van Lood se ou huis af. Hoewel die omgewing daar ruig is, is die monument omhein. ’n Voetpaadjie lei deur ’n draaihekkie daarheen sodat besoekers dit kan besigtig.
Lood se seuns het nie erg aan die plaas gehad nie en die groot plaas Welgegund is later onderverdeel. Sy deel, wat in die middel van talle ander Pretorius-plase lê, is aan vreemdelinge verkoop.
Die oorspronklike huis se dik mure staan nog, ondanks baie aanbouings en veranderinge deur die jare. ’n Reuse- ou bloekomboom buite die oorspronklike kombuis is ’n stil getuie van hierdie merkwaardige man se doen en late dekades gelede, tot sy dood in 1939. 
Dis met verwondering dat ’n mens die verhaal van Skote Petoors inasem, op die plekke waar hy eens was, die man wat met ’n kanon net so akkuraat kon skiet as ’n voetsoldaat met ’n Mauser.
  • Petronel Fourie is ’n vryskutjoernalis en taalpraktisyn. Sy pak vanjaar ’n meestersgraad in geskiedenis aan met die voorlopige tema “Die vestigingspatrone in die Hartbeespoort-omgewing tussen 1850 en 1950”.


  • leefstyl

    TV se ‘Cake Boss’ kom deel sy kennis

  • motors

    Nuwe Figo’tjie bied nog waarde

  • motors

    Ferrari’s groet Kyalami (dalk)

  • leefstyl

    ’n Plesier vir die oog en die tong

  • leefstyl

    Varkpens bly maar bobaas

  • motors

    Stepway beïndruk op vele vlakke

  • motors

    Inval van die Etios Cross begin

  • motors

    Kwaai NX nie vir sissies in nutsmark

  • motors

    Marquez in reuse se spore

  • motors

    Corsa no. 5 omvattend vernuwe

  • motors

    Ponie van 60’s herleef

  • motors

    Nege ding mee om die kroon

  • motors

    Klein ramkat kry sy naam

  • motors

    Loopdop nie meer hoofsondaar

  • motors

    Kopskuif kan tandeknersers red

  • motors

    Nou kan jaers weer hul renvernuf wys

  • motors

    Superwaens in konvooi see toe

  • motors

    Dié VW’s kos min om te bedryf

  • motors

    Panda Cross hups soos jonges

  • motors

    Só lyk Britse top-vragmotor

  • motors

    Mazda het groot planne met ‘2’

  • motors

    M5 perfek vir gesin én alleen ‘druk’

  • leefstyl

    Etes in ’n japtrap

  • leefstyl

    Boere-barok

  • leefstyl

    Hoekom vroue anders bedraad is

  • leefstyl

    Verhouding en fantasie vuur drange

  • leefstyl

    Plek van vrede, rus in babakamer

  • leefstyl

    Die geur van seewier

  • leefstyl

    Jong vroue behoorlik bederf

  • leefstyl

    Retro ontmoet modern

  • leefstyl

    Angstig, of maar net kind?

  • leefstyl

    Noodhulp vir jou beste vriend

  • leefstyl

    Lekker verjaar, u koninklike hoogheid!

  • boeke

    Goeies góéd; slegtes verveel

  • boeke

    Debuut wat nog lank begogel

  • boeke

    Gru-blik op tienerangs aangrypend

  • boeke

    Bittersoet genot in dié aritmiese boek