Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    24°C / 10°C

    Wind 26km/h

    Reënval 0.1mm

    Humiditeit 38%

  • Donderdag

    19°C / 6°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%

  • Vrydag

    20°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    22°C / 12°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 29%

  • Sondag

    22°C / 6°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Maandag

    19°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 49%


PROUST HERBESOEK

Die jeugdige joernalis

Vrydag 14 Junie 2013
Ter viering van Jeugdag môre het By die Proust-vraelys rondgestuur ­onder Beeld-joernaliste van 30 en jonger. Ons bied aan: ’n kykie in die kop van die tipiese jong joernalis.

Wat behels aardse geluk? 

’n Ekstra uur se slaap in die oggend. ’n Stuk red velvet-koek van Doppio Zero in Rosebank. Sondagmiddagetes saam met die mense vir wie ek lief is–ons ken mekaar goed genoeg om langs mekaar te sit en middagslapies vat. 

Wat is die diepste put van ellende? 

Die een wat jy self gegrawe het. As iemand op deadline bel en oor nonsens lang stories gesels. As my BlackBerry-domfoon probleme gee. Of sand in ’n draairoomys. 

Wat is jou grootste tekortkoming? 

Dat ek nie op drie plekke gelyk kan wees nie. 

Met watter tekortkominge in ander kan jy saamleef? 

Spelfoute. 

Wie en wat kan jy nie verduur nie? 

Oningeligte opinies. Mense wat sigaretstompies by hul motorvensters uitgooi. Vervelige of niksseggende omroepers op die radio. 

Wie is jou helde? 

Die mense wat ek oor die eindstreep van die Comrades sien kom het twee weke gelede. Veral die ou in die 10kg-renosterpak. 

Wie is jou gunsteling-fiksiekarakters? 

The Cat in the Hat. 

Wie of wat was jy in ’n vorige lewe? 

Die slapende skoonheid. ’n Eekhoring. Marie Antoinette. 

Wat is vir jou snaaks? 

Bokke wat flou val! O vrek, dis snaaks. Gaan google “fainting ­goats” nóú. 

Wie sou jy die graagste vir ete wou nooi? 

Nataniël, Atul Gupta en die drag queen RuPaul Charles. 

Wat sou jy dan vir ete maak? 

Spitbraai met koeksisters vir nagereg... en kerse op ’n mooi gedekte tafel spesiaal vir Nataniël. 

Waarmee verwyl jy die graagste jou tyd? 

Slaap, eet, Twitter–in geen spesifieke volgorde nie. Wat verveel jou? Ek is nooit verveeld nie. 

Wie is jou gunsteling-skrywers? 

Antjie Krog, Anne Rice, Breyten Breytenbach, Isabel Allende, ­Etienne van Heerden, Roald Dahl, Terry Pratchett. 

Wat is jou gunsteling-aanhaling? 

“The Holocaust shows not only how low humanity can go, but ­also how high it can go. Someone in a camp who shares his last bread with a friend sheds new light on the word friendship.” – Dorit Novak, direkteur van die Yad Vashem-Jodeslagting- gedenk­sentrum in Jerusalem. 

Wat is jou gunsteling-voël? 

Die blou Twitter-voëltjie en die voëltjie van “Ek het ’n voëltjie hoor fluit...” 

Wat sou jy anders gedoen het as jy jou lewe kon oorhê? 

Wiskunde uit-figure. Gits, mense wat wiskunde verstaan, bly in mooi huise en ry duur motors.

Oor watter gawe sou jy die graagste wou beskik? 

Onweerstaanbare oorredingsvermoë, en om maklik nuwe tale aan te leer. 

Wat is jou kosbaarste besitting? 

Die Levi’s-tekkies wat my ouers vir my gegee het toe ek universiteit begin het, en wat ek vandag (sewe jaar later) steeds dra. 

Wat is jou grootste prestasie? 

Om iemand wat nie geweet het wie Leonard Cohen is nie, nie fisiek aan te rand nie. 

Wat dink jy gebeur ná die dood? 

Ek is te besig om te leef om nou al aan die dood te dink.



  • jip

    ’n Boek waarop die internet-generasie verlief sal raak

  • leefstyl

    Die bedreiging sluimer aanlyn

  • leefstyl

    Klets alte lekker en kyk weer

  • leefstyl

    Bakterieë vir welstand

  • leefstyl

    Vegetariërs moet sorg vir genoeg proteïen in hul dieet