Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    18°C / 8°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Sondag

    18°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Maandag

    21°C / 9°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Dinsdag

    22°C / 9°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%


By

Oor ‘Kommando’ en ander kulturele literatuur

Martiens van Bart
Vrydag 14 Junie 2013
Die gewildste biografie oor die Anglo-Boereoorlog is waarskynlik Kommando van Deneys Reitz. Van die Engelse titel, Commando, is duisende eksemplare al wêreldwyd verkoop en dit bly immergroen. Martiens van Bart vertel meer.

Die hoof van die Kaapse uitgewer Cederberg is bekend daarvoor dat hy het Louis Leipoldt se beste boeke hersien en uitgegee het. Maar adv. Trevor Emslie het ook talle ander werke wat as Africana geklassifiseer kan word, die lig laat sien.

Sy jongste publikasie is Kommando – Van perde en manne deur Deneys Reitz wat die eerste keer in 1932 in Afrikaans verskyn het as Kommando – ’n Boere-dagboek uit die Engelse Oorlog.

Dit was nog voordat die Bybel in Afrikaans verskyn het, toe Afrikaanse grammatika ’n ruwe diamant was.

Emslie het dié weergawe in 2005 heruitgegee as Kommando – ’n Boere-joernaal uit die Engelse Oorlog. Die grammatika is toe verbeter, maar die teks het steeds baie anglisismes bevat. Die jongste heruitgawe, Kommando – Van perde en manne, is nou blink gepoets deur sy oud-Afrikaansonderwyser, Hendrik (Hennie) Jansen, tot sy aftrede adjunkhoof van St. Stithians College in Johannesburg.

Die nuwe titel is inderdaad die een wat Reitz oorspronklik in 1932 vir die boek wou hê, maar sy destydse uitgewer, A.C. White, D. & U. Kie. Bpk. van Whiteco Huis in Bloemfontein, het anders besluit.

Reitz het die manuskrip in 1903 op Madagaskar saamgestel uit sy Nederlandse oorlogsdagboeke. Hy het daar in tydelike selfopgelegde ballingskap gewoon omdat hy nie onder die Britse vlag in Suid-Afrika wou leef nie. In 1929 het hy die manuskrip in Engels vertaal en in dieselfde jaar by Faber & Faber Limited, Londen, as Commando, A Boer Journal of the Boer War laat uitgee.

Daarna het hy en ene Suzanne du Plessis die teks in die ruwe Afrikaans van daardie dae oorgesit: “Die taal gedurende die Engelse oorlog deur die burgers op kommando gepraat – hul moedertaal,” skryf Reitz. Laurens van der Post het by geleentheid op Stellenbosch daarna verwys as “Vrystaatse Afrikaans, toe die taal nog vry was soos ’n perd op die veld”.

Emslie het nou ook verder gegaan deur Reitz se beskrywing van sy wedervaringe op Madagaskar as die slotafdeling, “Nadraai van die oorlog”, met drie hoofstukke, by die nuwe Kommando in te sluit. Voorheen was dit deel van die tweede boek, Trekking On, in die Reitz-trilogie, Adrift on the Open Veld.

Oor die teksgetrouheid van die huidige vertaling gaan ek my nie uitlaat nie, behalwe om te verwys na ’n gedig wat in Julie 1902 by Komatipoort deur F.W. Reitz, Deneys se pa, geskryf is en wat in die eerste twee uitgawes van Kommando in die oorspronklike Nederlands aangehaal is:

“VALE !/O Afrika! Op welke verre strand/Ik zwerven moet,/gij zijt mij ’t Beste Land,/Uw Vrijheids zon heeft tans haar licht verborgen,/maar niet voor altyd,/daar zal God voor zorgen”.

Hennie Jansen vertaal dit soos volg: “Suid-Afrika/Op watter vreemde strande jy ook mag loop,/Die toekoms vir jou is vol van hoop./Die son van vryheid mag vir ’n wyle nie meer skyn,/maar nie vir altyd; God vergeet nie ons pyn”.

In die Commando van Faber & Faber lui die gedig: “South Africa,/Whatever foreign shores my feet must tread,/My hopes for thee are not yet dead./Thy freedom’s sun may for awhile be set,/But not forever, God does not forget”.

Thomas Pringle, South African Pioneer, Poet & Abolitionist

Randolph Vigne

Een van die merkwaardigste Britse setlaars wat in 1820 na die Oos-Kaap gekom het, was die Skot Thomas Pringle (1789-1834).

Hy is in Suid-Afrika bekend as die skrywer en digter wat saam met John Fairbairn en die Kaapse drukker George Greig ’n koerant uitgegee het waarin die gesag en oordeel van die Britse goewerneur lord Charles Somerset uitgedaag is. Hoewel die driemanskap in die twis met die owerheid die onderspit gedelf het, staan hulle vandag steeds bekend as die pioniers van persvryheid in Suid-Afrika.

In 2011 het die Van Riebeeck-vereniging Pringle se nagelate briewe in ’n hardebandboek, The South African Letters of Thomas Pringle, uitgegee. Dit is saamgestel deur Randolph Vigne, beter bekend as ANC-aktivis. Hy het dit nou opgevolg met ’n biografie in sagteband, Thomas Pringle, South African Pioneer, Poet & Abolitionist. Die uitgewer is James Curry van UCT Press, Claremont.

In 270 bladsye (teenoor die 402 bladsye van die briewe-boek) word die voetspoor van Pringle van sy geboorteland, Skotland, na die Oos-Kaap, Kaapstad, Oos-Kaap, Londen en terug na Skotland gevolg. Sy oorskot is in 1970 na die Oos-Kaap gebring en in ’n kapel op sy eertydse plaas, Eildon, in die Cradock-distrik, ter ruste gelê.

Vigne het sy navorsing baie deeglik gedoen, en hy demonstreer dit op so ’n wyse dat feitlik elke sin swaar gelaai is met die magdom van inligting wat hy ingesamel het – sonder om die oningewyde leser leiding deur dié woud te gee.

Die boek vereis dus ’n grondige voorkennis van Pringle, sy tydgenote, die historiese gebeure in Suid-Afrika en in Brittanje. In teenstelling met dié boek, is die Van Riebeeck-vereniging se brieweboek aansienlik lesersvriendeliker.

Die Anglo-Boereoorlog: Joernaal, en Nuwe perspektiewe op die Anglo-BoereoorlogOnder redaksie van Rodney Constantine

Die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke se tweede (tweetalige) uitgawe van Die Anglo-Boereoorlog: Joernaal, sowel as sy eerste (ook tweetalige) uitgawe van ’n artikel-bundel, Nuwe perspektiewe op die Anglo-Boereoorlog, het pas in Bloemfontein verskyn. Die redakteur is Rodney Constantine, kundige van die geskiedenis van die Kaapse Rebelle.

Joernaal vervang die eertydse sakformaat-publikasie Knapsak en is in A4-formaat, sagteband. Die keurige blad bevat agt opstelle, geïllustreer met foto’s, kaarte en grafika op glanspapier.

Die onderwerpe is: “An Australian Diary of the Boer War” deur W.H. Barham; “Boer Prisoners of War in India 1901-1904” deur John Ahmad; “Persoonlike ondervindings in die Bloemfonteinse konsentrasiekamp” deur A.J. (Maartens) Schönfeldt; “Monument vir die Slag van Doornkop” deur Marthinus van Bart; “Skermutseling te Gruisfontein, distrik Lichtenburg op 5 Februarie 1902” deur Tian Schutte; “Die Havenga-verslag oor verkragtings en die mites daarom” deur Jan van der Merwe; en “Stormswaeltjies: kinderherinneringe van die Tweede Vryheidsoorlog 1899-1902” deur Crena de Jager. Ook word ’n gedig, “Joseph Chamberlain”, wat Fernando Pessoa in 1902 as 14-jarige skoolseun van Durban geskryf het, geplaas. Pessoa word gereken as een van die voorste Europese digters van die 20ste eeu.

Nuwe perspektiewe op die Anglo-Boereoorlog is ook in sagteband en ietwat groter as sakformaat. Hierdie uitgawe bevat agt opstelle: “How the Royal Artillery Saved Sir Redvers Buller in South Africa” deur R.A.S. Attwood; “The Meaning of the Term Military Strategy, with Special Reference to the Anglo-Boer War” deur André Wessels; “Was die Britse proklamasies van 1900 in die Oranje-Vrystaat wettige oorlogvoering?” deur Jaco de Bruin, André Wessels en Johan Henning; “The British Blockhouses of the Anglo-Boer War” deur Johan Hattingh en André Wessels; “Lies, Damned Lies and Statistics: Statistics and the British Concentration Camps Database” deur Elizabeth van Heyningen; “The Priciples of Military Strategy” deur André Wessels; “Die stofwolk by Ysterspruit: ’n krygshistoriese evaluering van die militêre optrede van generaal Koos de la Rey voor en tydens die Slag van Ysterspruit, 25 Februarie 1902” deur A.W.G. Raath; en “Writing the Anglo-Boer War: Leo Amery, Frederick Mayrice and the History of the Second South African War” deur Peter Donaldson.

Woordeboek vir die gesondheids-wetenskappe (in hardeband en op CD)Pharos

Pharos in samewerking met die mediese fakulteit aan die Universiteit Stellenbosch het pas ’n verbeterde uitgawe van die Woordeboek vir die gesondheidswetenskappe in boekvorm en op CD die lig laat sien. Dit is ’n opvolger van die Woordeboek van Afrikaanse geneeskundeterme.

Die Engels-Afrikaans Deel II van eersgenoemde bevat naasliggende woordelyste, sinonieme of soortname en kort sinsnedes vir gebruikersvriendelikheid.

Daar is nagenoeg 30 000 terme, waarvan 8 000 herdefinieer is, 10 000 meer inskrywings as die eerste uitgawe, asook 2 000 nuwe toevoegings.

Elke Afrikaanse term is in Engels vertaal, en die Engelse indeks het Afrikaanse vertalings vir maklike naslaan. Die Latynse of Griekse stamwoorde word aangegee. Die woordeboek het ook ’n verklarende funksie. Dié hulpmiddel is gerig op voor- en nagraadse studente en praktisyns van die gesondheidswetenskappe. Taalpraktisyns en joernaliste sal dit ook nuttig vind.

Waar kry ek dié boeke?

1. Kommando: Van perde en manne (Cederberg), 021 423 5160 of emslie@law.co.za.

2.Thomas Pringle, South African Pioneer, Poet & Abolitionist, goeie boekwinkels.

3 en 4. Bestel die twee publikasies by 051 447 3447 of rodneyc@anglo-boer.co.za.5. Van Schaik en goeie boekwinkels. Ander navrae: jdevl@sun.ac.za (prof. Jan Lochner).



  • leefstyl

    Verkyk jou aan wenblog

  • leefstyl

    Van plaasmeisie tot meestersjef

  • motors

    Dun lippies – en nog slim ook

  • motors

    ’n Droom in stad én veld

  • motors

    Padwoede raak nou ’n tendens

  • motors

    Finse monster grom

  • leefstyl

    Nuwe tydskrif vir suikertande tref die rakke

  • motors

    Audi’s gereed om Phakisa te pak

  • leefstyl

    Maak jou eie neutsmeer

  • motors

    Rooi bulletjie jaag die geruite vlag

  • motors

    Betroubaar, met g’n fieterjasies

  • motors

    Groot gedreun draai in Vrystaat

  • motors

    Begeerlike Alfa het groot byt

  • motors

    Tierkat vir teerpad

  • motors

    Porsche se baas koop Kyalami

  • motors

    Elantra nog modern met goeie prys

  • motors

    Jou kans in ’n ghrênd Porsche

  • motors

    Stasiewa is vir jonges wat styl soek

  • streeksnuus

    Stoomtrein na Irene

  • streeksnuus

    Motorskou waar die rook borrel

  • streeksnuus

    Altyd op soek na iets nuuts

  • streeksnuus

    ‘Heksie’ bring pret

  • streeksnuus

    Kliek nog ‘hemel-op-aarde’

  • leefstyl

    My kind is dood...

  • leefstyl

    Bewapen jouself teen dié virus

  • leefstyl

    Dís wat SA in Julie by ‘aanlyn dokter’ wil weet

  • leefstyl

    Agt naelmites

  • leefstyl

    Wonde: behandel elkeen anders

  • leefstyl

    Kry só gesonde winterhare

  • leefstyl

    Juwele met skop én byt

  • leefstyl

    Van amateur tot Spielberg

  • leefstyl

    Ligloop vir dié kuberstrikke

  • boeke

    Donkerte van psige én die internet ontbloot

  • boeke

    Nuwe naam om dop te hou in misdaadspanningsgenre

  • boeke

    de dag is nog niet begonnen

  • jip

    Die lewe is n kaaskrul

  • jip

    Moderne skerm of tydlose papier?

  • jip

    Julle op Facebook

  • jip

    Geldslim in ’n japtrap

  • jip

    Watter fliek-genre is die beste?

  • boeke

    Nes van misverstand, obsessie, jaloesie, liefde en seks

  • Verbruikersforum

  • boeke

    Bendewêreld van Manenberg oortuigend weergegee

  • by

    Want prinsessies moet ook maar wag

  • by

    240 km stroomaf in my kano

  • by

    As ’n ongelese boek kom spook

  • by

    Solank die wind waai . . .

  • naweek

    Deur die lens: Kyk net noord

  • naweek

    Soos ’n lam ter smaaklike slagting

  • naweek

    Gebou op blink klippies

  • naweek

    Beste steak in Suid-Afrika

  • naweek

    Bekyk Manhattan van immigrante-eiland af

  • naweek

    Tafelwyn waaroor haan kán kraai

  • naweek

    Die karate kind(ers)

  • leefstyl

    ‘Kry my daar, en vinnig!’

  • naweek

    Trinchado’s vir daardie oerlus

  • naweek

    Oporto se seëning

  • naweek

    Pionierbome gepas vir nuwe tuin, maar leef nie baie lank

  • naweek

    Cathay Pacific weer wêreld se beste, sê 18,85 miljoen

  • naweek

    Eikestad ‘leef en beef’ ook ná oes

  • naweek

    Umbrië, die groen hart van Italië

  • naweek

    Lekkerbek-gaste doen tuin aan

  • naweek

    Vertoef ’n wyle in die geskiedenis

  • naweek

    Op Emile Joubert se Sondagtafel

  • naweek

    Hoog tyd vir die doodgewone

  • naweek

    Uitsig op dolfyne