Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    20°C / 8°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Donderdag

    21°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Vrydag

    20°C / 8°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 17%

  • Saterdag

    17°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Sondag

    18°C / 7°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.1mm

    Humiditeit 34%

  • Maandag

    18°C / 7°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.2mm

    Humiditeit 37%


By

Regstel vir Afrikaner-jeug ’n bedekte seën

Piet le Roux
Vrydag 14 Junie 2013
Môre is Jeugdag, ’n herdenking van die 1976-opstande in Soweto. Wat het jong Afrikaners te vier? Hul selfstandigheid, meen Piet le Roux , danksy jeugdige Afrikaners se swartskaapstatus.

Hulle is nou wel in 1994 of later gebore, maar dit is verkeerd om diegene wat vanjaar 18 jaar of jonger is sonder meer “vrygebore” te noem.

Jong Afrikaners is nie vrygeborenes nie en selfs as algemene stelling is dit onjuis om na Suid-Afrikaners wat ná die 1994-verkiesing gebore is as vry te verwys. Buiten nou as ’n mens naïef genoeg wil wees om vryheid te definieer as die geleentheid om te stem in ’n algemene verkiesing.

’n Eis om vryheid is ’n eis om ruimte tot selfverwesenliking. In die republikeinse sin, sê prof. Danie Goosen, voorsitter van die FAK, onlangs in ’n lesing, lui die behoorlike eis om vryheid: “Gun [...] ons dié institusionele ruimtes waaraan ons kan deelneem met die oog op die verwerkliking van ons gemeenskaplike goed.”

As ek dit self moet formuleer: Gun ons die geleentheid om kontinuïteit aan ons gemeenskap te gee, soos dit ons voldoening gee, hoe ook ons gemeenskap na ons goeie oordeel definieer. Ingesluit by hierdie vryheid is vrye assosiasie en ekonomiese vryheid.

Hierdie artikel laat beperkte ruimte, so ek gaan vir eers buite rekening moet laat die meer spesifieke materiële benadeling van alle jong Suid-Afrikaners, insluitende jong Afrikaners, deur die regering se miskenning van ekonomiese vryheid.

Word jong Afrikaners vryheid gegun?

Hoegenaamd nie.

Onderdruk en onvry

In die klassestryd, geskep deur ’n verdeling tussen diegene met toegang tot die staat se magsinstrumente en diegene daarsonder, is jong Afrikaners die swartskape.

Om die swartskaap te wees het een groot voordeel en een groot nadeel.

Die voordeel is dat swartskape, wanneer hulle vra “waar sal ons hulp vandaan kom” nie in die versoeking is om te dink hul hulp is van ’n sentralistiese staat nie. Het hulle ’n behoefte aan ’n dieper of beter kultuurlewe, armoedesorg, onderwysdienste, morele herlewing of enige ander aspek van ’n gesonde medebestaan is hulle op medemense aangewese.

Die instellings wat hulle daarvoor moet oprig en in stand moet hou, kry só hul ankers in die gemeenskap ter plaatse, eerder as hul ankers in die dryfsand van ’n afgeleë staatsburokrasie.

Die tegniese term hier ter sprake is verdringing: As ’n staat van doer bo af kom en die gemeenskapsinstellings wat van onder af opgebou en in stand gehou moet word oorneem, vind verdringing plaas.

Die skeppende vermoë wat in die gemeenskap was, word uitgeskuif en vervaag in die geheue – dis een van die belangrike temas vir Afrikaners in die verhaal van die NP-regering.

Vir jong Afrikaners is die grootste voordeel dat, anders as voor 1994, hulle nie te doen het met ’n staat wat hulle valslik belowe dat hul gemeenskaplike goed deur die staat in stand gehou sal word nie. Jong Afrikaners verkeer vandag nie onder ’n illusie dat die staat sal sorg vir hul geluk en vir die lewenskragtigheid van dit wat hulle as hul gemeenskap ervaar nie.

Meer selfs: Die staat is só ontoereikend dat hulle – anders as sommige van hul ouers – dikwels nie eens hoop dat die staat dit eendag weer sal begin doen nie. Dis ’n blymoedige situasie, want dit beteken daar is by jong Afrikaners die voorwaardes vir sinvolle vernuwing en kreatiewe bydraes tot ’n sinvolle gemeenskapslewe.

Die groot voordeel van swartskaapwees is dus dat die staat mense met rus laat en nie gemeenskapsinstellings verdring nie.

Maar daar is ook ’n groot nadeel aan swartskaapwees in Suid-Afrika: Jong Afrikaners word definitief nie met rus gelaat nie; hulle word aktief ondermyn. Dit is hier waar die onvryheid lê, by die strukturele onderdrukking van hul daaglikse handel en wandel, waaroor lord Acton gesê het: “Die sekerste toets waaraan ons kan weet of ’n land werklik vry is, is die mate van sekuriteit wat minderhede geniet.”

Die sekuriteit van jong Afrikaners in Suid-Afrika het ernstige gebreke. Hulle word geesdriftig vertel enige sukses is ’n getuigskrif vir hul kollektiewe skuld.

Hulle word toegewyd belemmer in hul pogings om hulle op feitlik elke lewensterrein uit te leef.

Die belemmering geskied veral met behulp van wetgewingsgedrewe programme soos regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, voorkeurverskaffing, diversiteitsteikens by onderwysinstellings, insluitende wisselende toelatingsvereistes op grond van ras met die laagste vir swart studente en die hoogste vir wit studente.

Die een kenmerk van al hierdie programme is hoe misleidend dit benoem is: Daar word van verhoging van diversiteit gepraat, eerder as van vermindering van wit mense (en dus ook Afrikaners); daar word van regstelling gepraat eerder as van “rastelling”.

Interessant genoeg is die motivering vir programme soos swart ekonomiese bemagtiging dikwels: Hulle (swart mense) is arm, daarom moet ons (dié met die regte politieke verbintenisse) verryk word.

Iemand anders te blameer

Die een uitsondering in die ontmoediging van jong Afrikaners is miskien boetedoening.

Dit lyk of van die weinig deugdelike dinge wat in die huidige, politiek korrekte tydsgees vir jong Afrikaners oorbly die opsegging van kultuurverband ten gunste van nasionale verband is; die rituele afswering van bevoorregting deur wat deurgaan vir gemeenskapsdiens.

Benewens die benadeling op grond van hul afkoms kan hulle, soos enige ander suksesvolle Suid-Afrikaner, uitsien na ’n toekoms van deurlopende ontneming van die vrug van hul arbeid. In Suid-Afrika het 3,3 miljoen mense in die 2011-’12-belastingjaar 99% van alle inkomstebelasting betaal en 1,5 miljoen mense 84%.

Dis ’n patroon wat nie gou gaan verander nie.

Ietwat paradoksaal – as ’n mens ten spyte van ons geskiedenis steeds kan dink dat regerings wat daarop uit is om een groep bo ’n ander te bevoordeel die belange van die “bevoorregte” groep werklik dien – is jong Afrikaners nie die enigste wat deur die staat benadeel word nie. As ’n mens die vryheid van jong Afrikaners met die vryheid van jong Suid-Afrikaners in die algemeen en jong swart mense in die besonder vergelyk, skiet albei tekort.

(Dat dit enigsins moontlik is om te praat van ’n spesifieke verwysing na so ’n intern diverse groep as “jong, swart mense” is natuurlik hoofsaaklik moontlik danksy die uitsondering van hierdie groep in wetgewing.)

Jong, swart mense se onvryheid, anders as met Afrikaners, het te make met aktiewe verdringing van selfstandigheid.

Die staat maak valse beloftes van ondersteuning.

Telkens hoor jong, swart mense, by elke uitdaging, dat waar hulle misluk (en natuurlik sê ek nie dat daar net maar mislukking is nie) dit nie hul skuld is nie.

Dat dit iemand anders se verantwoordelikheid is dat hul omstandighede moet verbeter.

Hierdie blaamspel gaan verder as net die blamering van apartheid – ook wanneer die ANC vir swak onderwys, mediese dienste en ander toestande geblameer word, is die boodskap een van onmag. Die onmag van die jong, swart persoon word beklemtoon.

Die oplossing vir die afwesigheid van ’n gemeenskapstruktuur, moet hy of sy hoor, is om ’n beroep op ’n veraf sentrale regering te doen om die omstandighede te verbeter.

Jong, swart Suid-Afrikaners (en tot wisselende mate ander nie-wit Suid-Afrikaners) se onvryheid het te make nie met die staat se gebrekkige dienslewering nie, maar met die staat se ondermyning van hul selfstandigheid en skeppingskrag.

Wanneer jong Afrikaners presteer – en daar is baie wat presteer – is dit ten spyte van en nie te danke aan die regering nie.

Ook in ander gemeenskappe sal prestasies nie kom danksy die herstel van dienslewering nie, maar danksy ’n gees van selfstandigheid in die aanskyn van ’n aanslag op die vryheid daartoe.

Piet le Roux is ’n senior navorser aan die Solidariteit-navorsingsinstituut. Hy was in 2008-’09 SR-sekretaris van die Universiteit Stellenbosch.



  • leefstyl

    TV se ‘Cake Boss’ kom deel sy kennis

  • motors

    Nuwe Figo’tjie bied nog waarde

  • motors

    Ferrari’s groet Kyalami (dalk)

  • leefstyl

    ’n Plesier vir die oog en die tong

  • leefstyl

    Varkpens bly maar bobaas

  • motors

    Stepway beïndruk op vele vlakke

  • motors

    Inval van die Etios Cross begin

  • motors

    Kwaai NX nie vir sissies in nutsmark

  • motors

    Marquez in reuse se spore

  • motors

    Corsa no. 5 omvattend vernuwe

  • motors

    Ponie van 60’s herleef

  • motors

    Nege ding mee om die kroon

  • motors

    Klein ramkat kry sy naam

  • motors

    Loopdop nie meer hoofsondaar

  • motors

    Kopskuif kan tandeknersers red

  • motors

    Nou kan jaers weer hul renvernuf wys

  • motors

    Superwaens in konvooi see toe

  • motors

    Dié VW’s kos min om te bedryf

  • motors

    Panda Cross hups soos jonges

  • motors

    Só lyk Britse top-vragmotor

  • motors

    Mazda het groot planne met ‘2’

  • motors

    M5 perfek vir gesin én alleen ‘druk’

  • leefstyl

    Etes in ’n japtrap

  • leefstyl

    Boere-barok

  • leefstyl

    Hoekom vroue anders bedraad is

  • leefstyl

    Verhouding en fantasie vuur drange

  • leefstyl

    Plek van vrede, rus in babakamer

  • leefstyl

    Die geur van seewier

  • leefstyl

    Jong vroue behoorlik bederf

  • leefstyl

    Retro ontmoet modern

  • leefstyl

    Angstig, of maar net kind?

  • leefstyl

    Noodhulp vir jou beste vriend

  • leefstyl

    Lekker verjaar, u koninklike hoogheid!

  • boeke

    Goeies góéd; slegtes verveel

  • boeke

    Debuut wat nog lank begogel

  • boeke

    Gru-blik op tienerangs aangrypend

  • boeke

    Bittersoet genot in dié aritmiese boek