Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    18°C / 8°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Sondag

    18°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Maandag

    21°C / 9°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Dinsdag

    22°C / 9°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%


kuier in . . .elim

Nederige Elim verras

­Samarie Smith.
Vrydag 28 Junie 2013
Elim lê doer in die Strandveld, saam met dorpe soos Arniston, Struisbaai en L’Agulhas. Dit was tyd om dié plekkie te ontdek, skryf ­Samarie Smith.

Dit moes deel van die Duitse sendelinge se plan gewees het om wingerd in Elim te plant. Dit is naby water en die grond is geskik om wingerd te plant vir Nagmaalwyn. Vandag is dit ’n bekoorlike maar weggesteekte dorpie en die groot Morawiese kerk hou steeds oor alles wag.

Vriendelik verwelkom

Elim is in 1824 as die derde Morawiese sendingdorp in die Kaap gestig. Dit lê tussen Bredasdorp en Gansbaai. ’n Mens word vriendelik welkom gewuif vanaf die witgepleisterde en kleurryke vissershuisies wat langs die pad aanmekaar gestring lê.

Een van die oorspronklike huisies wat tussen 1824 en 1826 van moddersteen en ’n kalkpleister van seeskulpe gebou is, staan nog. Kerk se kant toe staan die enigste monument wat opgerig is om die bevryding van die slawe te vier.

’n Groot trekpleister is die watermeul duskant die kerkplein.

“Die meul werk nog perfek,” vertel Emile Richter, wat mense op toere hier begelei. “Die geld is maar knap om dit optimaal te benut sodat die gemeenskap daarby kan baat vind.”

Bel Richter by 0 074 544 7733 vir nader besonderhede oor die toere en middagetes by die meul.

Kelderkuiers

Wynproeë is beslis op die agenda wanneer ’n mens in die Elim-omgewing kuier, soos by Strandveld Vineyards, The Black Oystercatcher, Zoetendal en Quoin Rock.

Dit is dan ook op ’n wynplaas waar jy vir die naweek nesskop. Vir middagete kan jy ’n tafel by die Black Oystercatcher-boetiekwynkelder bespreek. Dit is net buite die dorpie op die plaas Moddervlei.

Dirk Human en sy gesin het ’n juweel van ’n plek hier geskep en iets van die oue met die nuwe saamgesnoer. Daar is ook ’n vliegveld in wording vir mense wat van verder weg die dag hier wil deurbring en die mees suidelike punt van Afrika wil besoek.

Geniet die atmosfeer, bestel iets uit die see en bestel een van (veral) hul witwyne.

Besoek www.strandveld.co.za of www.blackoystercatcher.co.za vir nader besonderhede oor verblyf.

’n Volhoubare L’Agulhas-plein

Private grondeienaars het in 2002 hande gevat en 45 600 ha van hul plase vir ’n bewaringsprojek ingespan: die Nuwejaars Wetland Special Management Area. Hul doelwitte met dié bewaringsinisiatief is sosio-ekonomiese ontwikkeling en om die seldsame habitat hier te beskerm. Dit sluit in die rehabilitasie van die plantegroei en fynbos en om indringerplante uit te roei. Bokke soos eland en bontebok, asook ’n trop buffels en seekoeie is reeds hier hervestig.

Aangesien daar geen ander soortgelyke voorbeeld in Suid-Afrika is om te volg nie, het dit ses jaar geneem om die konsep te ontwikkel en werkbaar vir almal te maak.

Met die inisiatief word ekosisteme nou herskep wat oor die eeue skade gely het. Besoekers kan hulle skakel vir ’n Strandveld-wilduitstappie om meer oor die omgewing leer. Alle wins word teruggeploeg in projekte waarby die mense en die omgewing baat vind.

Kreatiewe bure

Net so duskant Elim wag ’n klein wonder: Wolvengat. Dit is ’n tuiste vir kunstenaars en die wat die natuur as geselskap verkies. Die naam het ontstaan toe ’n deel van die plaas Wolvengat in die Strandveld tussen Bredasdorp en Elim in 11 kleinhoewes verdeel is. Die naam het spontaan in die volksmond sy lê gekry en ’n skooltjie en kerk is gebou.

Dit is ’n plekkie met ’n ryk geskiedenis wat nie sommer in een besoek kafgedraf kan word nie!



  • leefstyl

    Verkyk jou aan wenblog

  • leefstyl

    Van plaasmeisie tot meestersjef

  • motors

    Dun lippies – en nog slim ook

  • motors

    ’n Droom in stad én veld

  • motors

    Padwoede raak nou ’n tendens

  • motors

    Finse monster grom

  • leefstyl

    Nuwe tydskrif vir suikertande tref die rakke

  • motors

    Audi’s gereed om Phakisa te pak

  • leefstyl

    Maak jou eie neutsmeer

  • motors

    Rooi bulletjie jaag die geruite vlag

  • motors

    Betroubaar, met g’n fieterjasies

  • motors

    Groot gedreun draai in Vrystaat

  • motors

    Begeerlike Alfa het groot byt

  • motors

    Tierkat vir teerpad

  • motors

    Porsche se baas koop Kyalami

  • motors

    Elantra nog modern met goeie prys

  • motors

    Jou kans in ’n ghrênd Porsche

  • motors

    Stasiewa is vir jonges wat styl soek

  • streeksnuus

    Stoomtrein na Irene

  • streeksnuus

    Motorskou waar die rook borrel

  • streeksnuus

    Altyd op soek na iets nuuts

  • streeksnuus

    ‘Heksie’ bring pret

  • streeksnuus

    Kliek nog ‘hemel-op-aarde’

  • leefstyl

    My kind is dood...

  • leefstyl

    Bewapen jouself teen dié virus

  • leefstyl

    Dís wat SA in Julie by ‘aanlyn dokter’ wil weet

  • leefstyl

    Agt naelmites

  • leefstyl

    Wonde: behandel elkeen anders

  • leefstyl

    Kry só gesonde winterhare

  • leefstyl

    Juwele met skop én byt

  • leefstyl

    Van amateur tot Spielberg

  • leefstyl

    Ligloop vir dié kuberstrikke

  • boeke

    Donkerte van psige én die internet ontbloot

  • boeke

    Nuwe naam om dop te hou in misdaadspanningsgenre

  • boeke

    de dag is nog niet begonnen

  • jip

    Die lewe is n kaaskrul

  • jip

    Moderne skerm of tydlose papier?

  • jip

    Julle op Facebook

  • jip

    Geldslim in ’n japtrap

  • jip

    Watter fliek-genre is die beste?

  • boeke

    Nes van misverstand, obsessie, jaloesie, liefde en seks

  • Verbruikersforum

  • boeke

    Bendewêreld van Manenberg oortuigend weergegee

  • by

    Want prinsessies moet ook maar wag

  • by

    240 km stroomaf in my kano

  • by

    As ’n ongelese boek kom spook

  • by

    Solank die wind waai . . .

  • naweek

    Deur die lens: Kyk net noord

  • naweek

    Soos ’n lam ter smaaklike slagting

  • naweek

    Gebou op blink klippies

  • naweek

    Beste steak in Suid-Afrika

  • naweek

    Bekyk Manhattan van immigrante-eiland af

  • naweek

    Tafelwyn waaroor haan kán kraai

  • naweek

    Die karate kind(ers)

  • leefstyl

    ‘Kry my daar, en vinnig!’

  • naweek

    Trinchado’s vir daardie oerlus

  • naweek

    Oporto se seëning

  • naweek

    Pionierbome gepas vir nuwe tuin, maar leef nie baie lank

  • naweek

    Cathay Pacific weer wêreld se beste, sê 18,85 miljoen

  • naweek

    Eikestad ‘leef en beef’ ook ná oes

  • naweek

    Umbrië, die groen hart van Italië

  • naweek

    Lekkerbek-gaste doen tuin aan

  • naweek

    Vertoef ’n wyle in die geskiedenis

  • naweek

    Op Emile Joubert se Sondagtafel

  • naweek

    Hoog tyd vir die doodgewone

  • naweek

    Uitsig op dolfyne