Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    25°C / 12°C

    Wind 5km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 29%

  • Sondag

    25°C / 13°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 33%

  • Maandag

    25°C / 13°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 35%

  • Dinsdag

    23°C / 12°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 34%

  • Woensdag

    21°C / 11°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.3mm

    Humiditeit 50%

  • Donderdag

    21°C / 8°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%


kuier in . . . maboneng

Stad se hart klop

Vrydag 28 Junie 2013
Die transformasie van Maboneng, eens die indus­triële hart van Johannesburg se middestad, het eenvoudig nie perke nie. Terésa Coetzee was hier.

In die hartjie van die Johannesburgse middestad vind ’n mens Maboneng en midde-in hierdie beton-chaos is daar ’n stukkie orde waar jy werklik weggevoer kan raak tussen kuns en ryk kultuur en vir dae aaneen dik stukke kan kuier.

Tot so onlangs as 2009 is hierdie industriële gordel aan die oostelike kant van die stad eintlik maar vermy. Eers toe Jonathan Liebmann saam met ’n argitek van die pakhuise in galerye, winkels en restaurante begin omskep het, is nuwe lewe in hierdie gebied geblaas.

Só het dit die ideale naweek-uithangplek geword.

Arts on Main

Daar word gesê Arts on Main het begin lewe die oomblik toe die wêreldbekende kunstenaar William Kentridge sy ateljee hier opgestel het. Deesdae is Arts on Main, Main Street Life, Revolution House, The Main Change, Fox Street Studios en MOAD-ateljees hier geleë, saam met vele ander kunsplekke.

By Arts on Main moet jy veral op ’n Sondag kuier wanneer daar week ná week ’n wonderlike mark gehou word. Dit staan bekend as Market on Main en hier kan jy van die heel lekkerste tuisgebak deur die Johannesburg Cullinary & Pastry School te koop kry. (Ek vind die mark nogal duur, maar dit is steeds ’n besoek werd.)

Foxstraat

Die hele Foxstraat is “skoongemaak” en dit is heerlik om deur die straat te wandel en by die onderskeie outentieke restaurante en winkeltjies te kuier. Die meeste van die meubelwinkels, kunsateljees en klerewinkels is Sondae oop.

By een plek sit jy sommer op kratte en kuier en by 12 Decades Johannesburg Art Hotel kan jy weer op die dak tussen al die jappies partytjie hou. 12 Decades is ook ’n kunsgalery.

Canteen is weggesteek in ’n binnehof en so tussen die olyf- en suurlemoenboompies kan ’n mens hier lekker eet en kuier en sommer ook die galery langsaan besoek. (Toe ons daar was, was daar ’n fassinerende uitstalling van Drum-voorblaaie deur die jare.)

Af in die straat is die Pata Pata-restaurant en dié is ’n kuierplek waar ’n mens tot ounag kan vashaak. Jazz-musikante sorg vir vermaak terwyl besoekers kan skaak of vingerbord speel en lekker eet.

Fliek en fietsry

Main Street Life het ook ’n rolprentteater, The Bioscope, wat Johannesburg se enigste onafhanklike rolprentteater vir kunsrolprente is.

Reg langs die bioskoop is Chalkboard, waar al die tafelblaaie van swartborde gemaak is waarop jy kan skryf, skilder, skribbel of wat ook al. Bordkryt word sommer saam met jou happies verskaf. By hierdie lekker kuierplek sou ek die pizza en bier aanbeveel.

Ander plekke by Arts on Main sluit Love Jozi in, waar jy T-hemde kan koop wat deur die stad Johannesburg geïnspireer is. By Goethe on Main (hulle is deel van die Goethe-instituut) kan jy van die mees toonaangewende kunsuitstallings bywoon.

Die WORK Local Design Initiative is die tuiste van baie moderne meubelontwerpe van staal en hout, en by die David Krut-boekwinkel sal enige boekliefhebber ure lank verlore raak.

Gaan huur ’n fiets by Bike for Hire, waar jy ’n gratis kaart kry vir lekker fietsryroetes deur die stad en leer ken Maboneng op ’n ander manier. Fietse kos R40 elk vir drie uur. Bring jou rybewys saam as waarborg.

Om die fietsrit af te sluit kan jy aanmeld vir ’n heerlike vrugte-smoothie by Uncle Mervs, die oulike koffiewinkel op die hoek van Fox- en Krugerstraat.



  • by

    Die alfabet van ironie

  • naweek

    Werk nou en geniet mooi tuin in lente

  • naweek

    Judasboom van gebied om Middellandse See

  • by

    ’n Atlas van die brein

  • naweek

    Die Stonehenge-misterie

  • leefstyl

    Heerlike feeskos vir die Paastyd

  • naweek

    Die koeël is deur die kerkies

  • naweek

    Deur die lens: Gepla met hom

  • by

    ’n Taai klap se soet nasmaak

  • naweek

    Moenie dat die twee Philips jou verwar nie

  • by

    Sokkerkoors kort nog

  • naweek

    Wen sade met jou blomfoto’s

  • naweek

    Bosmans haal top-100-lys met drie wyne

  • naweek

    Jazz in katedraal se maag

  • by

    Hou op om varke te beledig!

  • naweek

    Breëstraat die nuwe Langstraat?

  • by

    ‘Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur’

  • naweek

    Chenin blanc gepas vir haas enige smaaktog

  • naweek

    Wat gis?

  • motors

    Nuwe model sal koppe laat draai

  • leefstyl

    Gee jou oor aan lekker

  • leefstyl

    Eetgoed

  • leefstyl

    Soetgoed

  • leefstyl

    Drinkgoed

  • leefstyl

    Groot kuierplekke vir vroue én mans

  • motors

    Voorwieldryf vir BMW se buksie

  • motors

    In 40 jaar ry Golf steeds op suksespad

  • motors

    Landy rol nóg klippe uit jou pad

  • motors

    GLA is meer pret as prakties

  • motors

    Nuwe X-Trail lyk sommer na meneer

  • motors

    Hou kroos tevrede op lang pad

  • motors

    Die volgende Disco

  • motors

    Chinese bussies durf Toyota aan

  • motors

    Golf-eksklusiwiteit teen ’n prys 

  • motors

    Daar’s Márquez – en dan die res

  • motors

    Ricciardo se appèl kon probleme skep

  • motors

    Poulter skop modder in ander jaers se oë

  • motors

    K53 erger as sit tussen Kaapse Crusader-ondersteuners

  • motors

    Jy sal net wil voet in die hoek sit

  • motors

    Ry-entoesiaste sal gaande wees

  • motors

    Hoe kom VWSA en ABO bymekaar uit?

  • motors

    Verkeerdes nou varke in die verhaal

  • motors

    Raak persoonlik met hierdie buksie

  • motors

    Gister se heldedade bly spook

  • motors

    Huur eerder motor as koop?

  • leefstyl

    Blooskwale wat maak dat jy die dokter vermy

  • leefstyl

    Tyd dat kinders slim word: Laat hulle speel!

  • leefstyl

    Kleurige groente in tienerjare ‘kan kanker keer’

  • leefstyl

    Die vele fasette van smaak

  • leefstyl

    5 basiese smake

  • leefstyl

    Wat beïnvloed smaak?

  • leefstyl

    Mooigoed vir jou inkopielys

  • leefstyl

    Kies die regte blaaier

  • jip

    ’n ‘Loner’ wat sê net wat hy dink

  • jip

    Rooies verras Monnas

  • jip

    Monument se netbal kook

  • jip

    Drie Paastoernooie dié naweek

  • jip

    Klofies verhang bordjies teen Affies

  • Verbruikersforum

  • jip

    Uitslae

  • jip

    Viljoen kán in tienertaal skryf

  • jip

    Dié boek is nie vir tieners nie

  • jip

    Pryse wag vir wenners van gedigtekompetisie

  • jip

    Om dertig te word

  • jip

    Wetenskap, ontmoet Kuns