Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    16°C / 6°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 33%

  • Woensdag

    18°C / 7°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Donderdag

    19°C / 7°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Vrydag

    19°C / 7°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Saterdag

    20°C / 4°C

    Wind 30km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Sondag

    12°C / 8°C

    Wind 23km/h

    Reënval 11.8mm

    Humiditeit 62%


reis

Wees bewus van dié wette voordat jy reis

Karla Janse van Vuuren
Vrydag 28 Junie 2013
Dit is deesdae onwettig om duiwe op die St Markus-plein in Venesië te voer. Foto: thinkstock

Wanneer ’n mens oorsee reis, is die laaste ding waaraan jy sal dink, om die wette van die land(e) wat jy besoek na te vors, sê Brent Willie, hoof van verkope by Global Visas South Africa.

“Dit is egter belangrik om bewus te wees van die wette en kultuur van ’n vreemde land sodat ’n mens vernederende of moeilike situasies kan vermy. Ons is so gewoond aan Suid-Afrikaanse wette dat ons outomaties dink dit is oral van toepassing.”

Volgens Willie het basies elke land ter wêreld baie vreemde wette.

“Die meeste wette wat vandag vreemd lyk, was waarskynlik een of ander tyd baie gewoon en sommige wette wat kultureel sin maak in een land, maak beslis nie sin in ’n ander nie. Dit is alles ’n saak van perspektief.”

’n Paar aardige wette

• Die St Markus-plein in Venesië is ’n gewilde uithangplek vir duiwe, maar in 2008 is dit onwettig verklaar om die duiwe te voer en enigeen wat gevang word dat hulle dit doen, sal beboet word. Dié verbod is gemaak in die hoop dat die aantal duiwe sal verminder omdat hulle skade aan die geskiedkundige geboue aanrig.

• Dit is onwettig om sonder petrol op die Duitse Autobahn te gaan staan of om te stop vir enige rede, behalwe as jy deur die polisie afgetrek word. Die Autobahn is ’n nasionale snelweg en daar is ook geen spoedbeperking op die Autobahn nie.

• As jy gevang word dat jy in die openbaar spoeg in Barcelona (Spanje), Vancouver (Kanada) of Singapoer, sal jy beboet word.

• Wanneer jy in Denemarke of die Tsjeggiese Republiek bestuur, moet jou hoofligte te alle tye aan wees, selfs bedags. Dit is onwettig om sonder jou ligte aan te bestuur.

• As jy tydens Ramadan ’n toeris is in die Verenigde Arabiese Emirate, wees bewus dat jy nie in die openbaar mag eet, drink of rook gedurende die dag nie. Dit word nie net as onbeskof beskou nie, maar ook as onwettig. As jy gevang en skuldig bevind word, sal jy ’n waarskuwing kry en as dit weer gebeur, sal regstappe teen jou gedoen word.

“As jy per ongeluk in die moeilikheid kom, moet jy verduidelik dat jy ’n toeris is en dat jy onbewustelik die wet oortree het.

Jy sal waarskynlik steeds beboet word. Maar, as jy in ’n ander land in hegtenis geneem word, kan die Suid-Afrikaanse regering nie jou vrylating verseker nie.

“Hulle kan wel verseker dat jy regverdig behandel word ingevolge menseregte-wetgewing,” verduidelik Willie.

Wenke vir ’n veilige reis

Wees bewus van wat om jou aangaan. Dit is baie maklik om meegevoer te raak oor dit wat jy sien en ervaar in ’n ander land. Maar as jy die hele tyd jou oë oophou, sal jy dalk problematiese situasies raaksien.

Indien moontlik, moenie uiters waardevolle items saamneem op reis nie. Moet ook nie groot hoeveelhede kontant by jou dra nie.

As jy bewus is van die verskillende wette, het jy ’n voordeel en dit sal jou help om moontlike onwettige situasies te voorkom.

As jy onseker is oor waar om inligting te kry, gesels met ’n visum-spesialis wat inligting kan verskaf oor die lande wat jy gaan besoek.

Vir meer inligting besoek www.globalvisas.com.



  • leefstyl

    Jong vroue behoorlik bederf

  • leefstyl

    Plek van vrede, rus in babakamer

  • leefstyl

    Lekker verjaar, u koninklike hoogheid!

  • leefstyl

    Die geur van seewier

  • jip

    Dié rubriek is vir jou

  • boeke

    Gru-blik op tienerangs aangrypend

  • boeke

    Goeies góéd; slegtes verveel

  • boeke

    Bittersoet genot in dié aritmiese boek

  • jip

    Dié tieners toor met woorde

  • jip

    Brad gesels oor nuwe video en fans

  • boeke

    Debuut wat nog lank begogel

  • Verbruikersforum

  • jip

    Kaaskrul

  • jip

    Julle op Facebook

  • jip

    Celeb-twiets

  • naweek

    Kry jou in (of uit) die boks

  • by

    My patryspoort op die heelal

  • naweek

    Padlangs  deur die Pireneë

  • by

    Net nog episode in daaglikse sepie

  • naweek

    Pure basaar

  • by

    Om die onsegbare te moet sê

  • naweek

    Geskiedenis-eras kry lewe in oornaghuisies

  • by

    Barnard is terug waar als begin het

  • naweek

    Deur die lens: Twaalf met uitsig

  • by

    ‘Die Stem’ sluit nie meer uit

  • naweek

    Oordadige Sondag

  • by

    Die reuk van hoop

  • naweek

    Oor die kole met Jan Braai

  • by

    Deur die blaaie van ’n boek

  • naweek

    Indringer-varings plaag wat ál verder versprei

  • naweek

    Vir fikse tong én brein

  • naweek

    ‘Vang’ tuin se geveerdes vir rose-prys

  • naweek

    Kaap-man mengel topprys los

  • naweek

    Knip-knip voordat lente kom

  • naweek

    Wat gis?

  • naweek

    Kamp-dit-uit: Namibië se beste

  • naweek

    Doendinge: Wes-Kaap

  • naweek

    Retro ontmoet modern

  • naweek

    Verf jou sorge weg

  • naweek

    Aktiewe dagboek

  • naweek

    7 dinge wat jy die naweek kan doen

  • naweek

    Raad vir ’n nuwe tuin

  • naweek

    Bruid van die Jaar: April 2014

  • naweek

    Voetslaan deur die Krugerwildtuin