Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    18°C / 6°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 38%

  • Woensdag

    16°C / 8°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 38%

  • Donderdag

    18°C / 9°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Vrydag

    20°C / 8°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%

  • Sondag

    18°C / 8°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%


Pols

Tieners wil gehoor word

Dinsdag 09 Julie 2013
Tienerkinders stoot dalk hul ouers weg, maar hulle hét jou nodig, het die skrywer van ’n nuwe handleiding vir ouerskap aan Riëtte Grobler gesê.

Jou tienerdogter is skielik ’n vreemdeling vir jou. Sy gluur jou aan, slaan haar deur toe en het dikwels ’n dik lip.

Jy het geweet dié fase van jou kind se lewe moet in ’n stadium begin, maar noudat dit hier is, sit jy met jou hande in die hare.

Om ouers te help om meer insig te kry in hul kinders se gedrag én hoe om allerlei tienerkwessies te hanteer, het dr. Linda Friedland die boek Ag, Ma, whatever!: Selfone, neusringe en ander tienerkwessies (Tafelberg) geskryf.

Dit is ’n praktiese gids waarin Friedland allerlei scenario’s skets waarmee die ouers van tieners dalk te doen kan kry, soos hoe om met jou kind oor sy lyf te praat, hoe om duidelike en sinvolle reëls te stel en jou kommer uit te spreek oor slegte invloede.

Elke tiener is anders

Friedland, wat oorspronklik van Suid-Afrika kom, maar in Australië woon, is ’n dokter, ’n skrywer van boeke oor kwessies soos familiegesondheid en ’n internasionale spreker.

“Terwyl ek by ’n paar maatskappye in Hongkong lesings aangebied het, het iemand my gevra om by die Hongkong- internasionale skool met die ouers oor familiegesondheid te gesels. Hulle was veel meer geïnteresseerd in ouerskapskwessies en veral die tienerjare,” onthou sy.

“Ek het toe besluit hoewel daar in Amerika al baie oor ouerskap geskryf is, was daar ’n behoefte aan ’n praktiese benadering wat insette van internasionale tienerkenners insluit.”

Sy het ook haar eie ervarings as die ma van vyf kinders ingespan om die boek te skryf. Haar oudste seun is 25, haar tweelingdogters 22 en haar jongste seuns 17 en 14 jaar oud.

“Elkeen van my kinders is heeltemal anders en hoewel ons by al vyf sekere waardes vasgelê het, was my benadering met hulle nie altyd dieselfde nie,” sê sy.

“Een van die kinders moet deur ’n moeilike kwessie praat, terwyl die ander een sou vra vir ruimte en alleentyd om oor ’n probleem te dink.”

Die meeste tieners het alleentyd en ruimte soos dié nodig, meen Friedland.

“Hulle moet weet jy is teenwoordig en gee vir hulle om, maar jy hoef hulle nie te micro-manage nie. Soms kies hulle tog om iets te deel en dan is dit belangrik om opreg te luister. Meestal kies hulle egter om nié te deel nie, en dit is oukei.

“Ek glo ouers moet emosioneel betrokke wees in hul kind se lewe; dat ouers dáár moet wees,” sê Friedland. “Dit beteken nie jy moet gedurig vir hulle sê wat om te doen nie, maar probeer jou boodskap oordra deur ’n tweerigting-gesprek te voer waarin hulle gewaardeer voel.”

Wees konsekwent

Die grondslag van ’n verhouding met jou tienerkind moet gelê word lank voor sy die tienerjare bereik.

“Dit is tipies tiener om te glo hul ouers weet niks. As jy gedurig daarteen gaan baklei of jou kind probeer oortuig dat jy wél van beter weet, gaan dit tot konflik lei. Bly (in die tienerjare) konsekwent wat betref jou waardestelsel, liefde en ondersteuning vir jou kind.”

Friedland meen sterk, doeltreffende ouerskap is baie belangrik en dat pogings om jou kind se vriend te probeer wees, ongesond is vir jou en jou kind.

“Tieners het ’n sterk behoefte aan vriendskappe met mense van hul ouderdom en ouers kan nie vriende se plek inneem nie,” sê sy.

“Namate kinders volwasse word, sal kameraderie ’n byproduk van ’n doeltreffende ouer-en- kind-verhouding word.”

Vandag, nes gister

’n Mens hoor dikwels “die tieners van vandag” is ’n ander spesie as dié van 10 of 15 jaar gelede en dat dit dus moeiliker is om ’n ouer te wees, maar Friedland sê die tienerjare was nog altyd ’n uitdagende tydperk.

“Dit is nie net ’n tydperk van liggaamlike en hormonale transformasie nie, maar ook van massiewe breinontwikkeling en ’n uitdaging van die status quo.

“Tien, vyftien jaar gelede het tieners ouers en onderwysers op presies dieselfde manier uitgedaag en was daar ook te veel eksperimentering met dwelms, nuuskierigheid oor seks, eetsteurnisse en depressie onder tieners.”

Dat die virtuele en elektroniese wêreld waarmee ons te doen het dramaties verskil van vorige generasies se realiteit is ’n feit, meen Friedland.

“As ouers moet ons dié wêreld verstaan en betrokke wees by elektroniese vooruitgang.”

Tegnologiese vooruitgang beteken natuurlik tieners is dikwels aan hul selfoonskerms vasgenael. Friedland sê dit help nie jy neul gedurig dat hulle hul selfone moet afskakel nie.

“Die realiteit is dat selfone ’n verlenging is van vandag se tieners, amper soos ’n ledemaat. Wees realisties oor waar en wanneer jy wil hê hy of sy moet ‘uitprop’.”

Sy stel voor jy stel gesinsreëls, soos dat jou kinders in die halfuur wat julle aandete eet hul fone moet afskakel, of boodskappe voor ’n ete in ’n restaurant moet nagaan en hul fone dan gedurende die ete wegbêre.

...

Wenke

Dr. Linda Friedland gee ’n paar wenke:

Moedig oop gesprek oor enigiets aanSorg dat niks taboe is as dit by kommunikeer en deel kom nie. Deur gesprekke oor seks en geslag, eksperimentering of eetsteurnisse of selfs die nuus aan te moedig, moedig jy nie jou kind aan om te gaan eksperimenteer nie. Maar dit wys hulle julle huis en hul ouers is ’n veilige plek waar hulle die vrymoedigheid kan hê om te praat as hulle in die moeilikheid is of druk voel om iets te doen waaraan hulle nie deel wil hê nie.

Eerlikheid is onmisbaar. Tieners kan sien wanneer mense nie eerlik is nie. Wees ook getrou aan jouself.

Onophoudelike liefde, ook in die rowwe tyeDit beteken nie jy hoef slegte gedrag goed te keur nie.

Hou op met die helikopter-ouerskapGee jou kind ruimte om net te wéés, of hy nou wil uithang voor die televisie, of op die bed wil lê en aan sy kitaarsnare pluk.

Wees ’n rolmodelLeef die waardestelsel uit wat jy wil hê jou kind moet aanneem. Dit help nie jy drink dikwels ’n bottel wyn alleen uit terwyl jy vir hom preek dat hulle nie moet drink by partytjies nie.

...

Tieners sê ‘‘ As daar werklik geen ander uitweg is nie, is dit seker maar die beste om die gesprek in die motor te voer waar die kind nie kan weghardloop nie.

Pols het by twee tieners, James de Villiers (18) en Lynné Schoeman (18), raad gevra vir ouers:

Jou ma sien iets is fout en vra jou daaroor uit, maar jy sê: “Niks nie.” Hoe moet sy die situasie hanteer?

James: Los ons uit, oukei? As ons met jou wou praat, sou ons met jou gepraat het. Maar wees daar as ons wíl praat. Konsentreer op ons gesprekke X jy het dalk net een kans om die storie te hoor.

Lynné: My ma moet wag tot ek reg is om daaroor te praat. As ’n mens se ma aanhou karring, is ’n mens eintlik nog minder lus om haar te vertel wat fout is.

Dit is ook makliker om oor ’n probleem te praat as jy weet jy kan jou ma vertrou en sy gaan nie jul gesprek met haar vriendinne bespreek nie.

Moet ouers met julle praat oor ongemaklike onderwerpe en as hulle mag, hóé? 

James: Praat asseblief daaroor! As ons die ware antwoorde by ons ouers kry, hoef ons nie daarvoor te soek nie! En moenie verwag dat óns die vrae gaan vrae nie, dit is nogal awkward . . .

Skep die ruimte vir gesprek. En noem dit op die naam: Die wêreld het ons klaar geleer wat is wat. As jy stories opmaak, is ons vertroue daarmee heen.

Lynné: Probeer sover moontlik om die ongemaklike gesprekke te vermy. As daar werklik geen ander uitweg is nie, is dit seker maar die beste om die gesprek in die motor te voer waar die kind nie kan weghardloop nie (want glo my, dit is wat die meeste tieners sal wil doen!).

Wat is jul wenke vir ouers om ’n invloed oor jou uit te oefen en jou goed groot te maak?

James

• Aanvaarding. Die wêreld sê jy is nie goed genoeg nie en jou gesin moet jou herinner jy ís.

• Tyd is belangrik. Bou aan ons verhouding.

• As jy sien jou seun hou nie van rugbyballe skop nie, doen iets anders saam met hom.

• Skep stabiele huishoudings waar ouers vir mekaar lief is.

Lynné

• Die belangrikste beginsel is seker to lead by example

• Moenie vir my sê rook is sleg, maar dan vra jy my om jou sigaret aan te steek nie.

• Vertrou my om my eie besluite te neem en moenie sê ‘ek het jou mos gesê’ as die plan nie uitwerk nie.

• Behandel my soos jy graag behandel wil word.

• Laat my toe om my eie mening te hê en leer my om dit met respek uit te spreek.



  • leefstyl

    My kind is dood...

  • leefstyl

    Bewapen jouself teen dié virus

  • leefstyl

    Dís wat SA in Julie by ‘aanlyn dokter’ wil weet

  • leefstyl

    Agt naelmites

  • leefstyl

    Wonde: behandel elkeen anders

  • leefstyl

    Kry só gesonde winterhare

  • leefstyl

    Juwele met skop én byt

  • leefstyl

    Van amateur tot Spielberg

  • leefstyl

    Ligloop vir dié kuberstrikke

  • boeke

    Donkerte van psige én die internet ontbloot

  • boeke

    Nuwe naam om dop te hou in misdaadspanningsgenre

  • boeke

    de dag is nog niet begonnen

  • jip

    Die lewe is n kaaskrul

  • jip

    Moderne skerm of tydlose papier?

  • jip

    Julle op Facebook

  • jip

    Geldslim in ’n japtrap

  • jip

    Watter fliek-genre is die beste?

  • boeke

    Nes van misverstand, obsessie, jaloesie, liefde en seks

  • Verbruikersforum

  • boeke

    Bendewêreld van Manenberg oortuigend weergegee

  • by

    Want prinsessies moet ook maar wag

  • by

    240 km stroomaf in my kano

  • by

    As ’n ongelese boek kom spook

  • by

    Solank die wind waai . . .

  • naweek

    Deur die lens: Kyk net noord

  • naweek

    Soos ’n lam ter smaaklike slagting

  • naweek

    Gebou op blink klippies

  • naweek

    Beste steak in Suid-Afrika

  • naweek

    Bekyk Manhattan van immigrante-eiland af

  • naweek

    Tafelwyn waaroor haan kán kraai

  • naweek

    Die karate kind(ers)

  • leefstyl

    ‘Kry my daar, en vinnig!’

  • naweek

    Trinchado’s vir daardie oerlus

  • naweek

    Oporto se seëning

  • naweek

    Pionierbome gepas vir nuwe tuin, maar leef nie baie lank

  • naweek

    Cathay Pacific weer wêreld se beste, sê 18,85 miljoen

  • naweek

    Eikestad ‘leef en beef’ ook ná oes

  • naweek

    Umbrië, die groen hart van Italië

  • naweek

    Lekkerbek-gaste doen tuin aan

  • naweek

    Vertoef ’n wyle in die geskiedenis

  • naweek

    Op Emile Joubert se Sondagtafel

  • naweek

    Hoog tyd vir die doodgewone

  • naweek

    Uitsig op dolfyne