Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    17°C / 8°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 38%

  • Donderdag

    18°C / 9°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Sondag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Maandag

    20°C / 9°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%


AVONTUUR

’n Droom in die lug

Terésa Coetzee
Vrydag 19 Julie 2013
Daar is ’n magdom mense wat graag eendag in ’n lugballon wil vlieg. Terésa Coetzee het hierdie droom bewaarheid. Sy het uitgevind die werklikheid is selfs meer betowerend as haar verbeelding.

Daar is nou maar eenmaal net iets baie magies en romanties aan daardie massiewe ballon wat so statig in die lug hang – selfs al sien jy dit net van waar jy platvoet op die aarde staan en dit bewonder.

En vra maar vir dié wat dit wel al ervaar het: Om in ’n lugballon te vlieg is selfs nog meer ongelooflik as wat jou verbeelding jou kan laat glo.

Op reis in Afrika

Die winterluggie is maar taamlik dun daar in die Wieg van die Mensdom, by Kloofzicht Lodge waar ons onlangs die AirVentures-span ontmoet het.

Adam Fillmore is die direkteur en een van die vlieëniers van die maatskappy en hy en die ander vlieënier, Mervin de Souza, is saam met ’n span werkers besig om die lugballon vir die vaart gereed te kry. Die hele ballon word oor die gras oopgesprei en dan begin hulle die warm lug daarin blaas. Mens kan byna nie glo watter groot oppervlakte die “plat” kleurvolle ballon op die grond vol lê nie.

Dis net so duskant 07:00 toe ons een vir een in die stewige grasmandjie klim en terwyl die massiewe ballon bo ons koppe uitrys, lig ons stadig van die grond af op.

“Is dit enigsins veilig?” vra ek die glimlaggende Mervin en hy vertel dat dit die vraag is wat hulle almal verreweg die meeste hoor.

“Maar hoekom vra almal dit altyd eers as hulle in die lug is en nie voor die tyd nie?” lag hy.

Die antwoord is dat warmlugballonne gereken word as die veiligste manier om deur die lug te reis, juis omdat daar nie bewegende onderdele is nie.

Die grootste gevaar is kragdrade, maar in die 21 jaar wat Mervin al vlieënier is, was daar gelukkig nog nooit probleme nie.

Die wêreld raak skielik kleiner onder ons en die weerkaatsing van die ballon glinster op die meer.

“Dalk is ons gelukkig en vang ons ’n lugstroom wat ons deur die kloof se nek kan druk,” sê Mervin in ’n rustige stemtoon.

Dis duidelik dat Mervin ’n baie ervare vlieënier is, want die manier hoe hy ons so gemaklik deur die bekende kloof stuur, is merkwaardig.

“Dis juis die ding,” glimlag Mervin, “lugballonne kan juis nie gestuur word nie en ons as vlieëniers maak bloot van lugstrome gebruik om deur die lug te vaar. Omdat ek die omgewing darem redelik goed ken, weet ek ons is soms gelukkig om ’n koue stroom te kry wat ons deur die kloofnek kan stoot.”

Wonderwêreld

Van koue gepraat. Wonderbaarlik genoeg is dit glad nie meer koud nie en die oomblik toe ons deur die nek die oopte binnevaar en effens hoër styg, word ons omhul deur die asemrowendste uitsig 360° rondom ons.

Selfs al is dit in die hartjie van die winter, is ’n mens verstom oor hoe mooi die omgewing van daar bo af is.

Die ding wat mens die meeste opval, is die doodse stilte en rustigheid van die lugruim wat jou toevou. Skielik voel jy baie ver van alles af.

Doer onder sien ’n mens tekens van Muldersdrift wat besig is om te ontwaak. ’n Pa loop hand-aan-hand met sy klein dogtertjie skool toe en hier en daar sien mens motors op die pad. Maar selfs dít voel baie ver en verwyder van hier waar ons nou in ons eie wonderwêreld verkeer.

Net af en toe word die stilte verbreek deur die vuurasem van die gasbranders wat hitte in die binnekant van die ballon inblaas.

Vrede op aarde

Daar anderkant is ’n vliegtuig besig om te land en ons is reeds oor die tweerigtingradio daaroor ingelig. Lanseria is glad nie ver daarvandaan nie.

Ons vlieg oor ’n massiewe dam wat aan Heia Safari grens en ek is verstom toe ek die pragtige damwal sien. Ek ry amper elke week daar fiets en het nooit eens van daardie dam geweet nie!

Te vinnig, te gou

Ná sowat ’n uur in die lug (wat veels te gou verby is), begin Mervin met Adam oor die tweerigtingradio gesels oor waar ons moontlik kan land. Die truuk is om ’n geskikte landingsplek te vind en dan die lug uit die ballon op presies die regte oomblik te begin laat.

Makliker gesê as gedaan, juis omdat ’n mens hier ook die regte lugstroom moet vang, maar weer eens laat ons vlieënier dit maklik lyk.

Die landing is suksesvol en sag en ons word uit die mandjie gehelp. ’n Tafel met vrugtesap en vonkelwyn wag op ons.

Die rit in die motor terug Kloofzicht toe is maar sowat 15 minute lank en daar word ons ontvang met een van hul heerlike buffet-ontbyte.

Is dit iets wat ek weer sal wil doen? Natuurlik! ’n Lugballonvaart is sonder twyfel een van die ongelooflikste ervarings wat jy in jou lewe kan meemaak. Selfs al het jy hoogtevrees.

• Die koste van Coetzee se lugballonvaart is deur AirVentures gedra.



  • leefstyl

    My kind is dood...

  • leefstyl

    Bewapen jouself teen dié virus

  • leefstyl

    Dís wat SA in Julie by ‘aanlyn dokter’ wil weet

  • leefstyl

    Agt naelmites

  • leefstyl

    Wonde: behandel elkeen anders

  • leefstyl

    Kry só gesonde winterhare

  • leefstyl

    Juwele met skop én byt

  • leefstyl

    Van amateur tot Spielberg

  • leefstyl

    Ligloop vir dié kuberstrikke

  • boeke

    Donkerte van psige én die internet ontbloot

  • boeke

    Nuwe naam om dop te hou in misdaadspanningsgenre

  • boeke

    de dag is nog niet begonnen

  • jip

    Die lewe is n kaaskrul

  • jip

    Moderne skerm of tydlose papier?

  • jip

    Julle op Facebook

  • jip

    Geldslim in ’n japtrap

  • jip

    Watter fliek-genre is die beste?

  • boeke

    Nes van misverstand, obsessie, jaloesie, liefde en seks

  • Verbruikersforum

  • boeke

    Bendewêreld van Manenberg oortuigend weergegee

  • by

    Want prinsessies moet ook maar wag

  • by

    240 km stroomaf in my kano

  • by

    As ’n ongelese boek kom spook

  • by

    Solank die wind waai . . .

  • naweek

    Deur die lens: Kyk net noord

  • naweek

    Soos ’n lam ter smaaklike slagting

  • naweek

    Gebou op blink klippies

  • naweek

    Beste steak in Suid-Afrika

  • naweek

    Bekyk Manhattan van immigrante-eiland af

  • naweek

    Tafelwyn waaroor haan kán kraai

  • naweek

    Die karate kind(ers)

  • leefstyl

    ‘Kry my daar, en vinnig!’

  • naweek

    Trinchado’s vir daardie oerlus

  • naweek

    Oporto se seëning

  • naweek

    Pionierbome gepas vir nuwe tuin, maar leef nie baie lank

  • naweek

    Cathay Pacific weer wêreld se beste, sê 18,85 miljoen

  • naweek

    Eikestad ‘leef en beef’ ook ná oes

  • naweek

    Umbrië, die groen hart van Italië

  • naweek

    Lekkerbek-gaste doen tuin aan

  • naweek

    Vertoef ’n wyle in die geskiedenis

  • naweek

    Op Emile Joubert se Sondagtafel

  • naweek

    Hoog tyd vir die doodgewone

  • naweek

    Uitsig op dolfyne