Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    18°C / 7°C

    Wind 22km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Dinsdag

    17°C / 7°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 36%

  • Woensdag

    17°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 36%

  • Donderdag

    18°C / 9°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%


Tuinlewe

Outydse raat raak weer mode

anna celliers
Vrydag 19 Julie 2013
Met die nuwe neiging om te eet wat jy plant of te plant wat jy eet, raak selfs outydse, medisinale, inheemse plante soos boegoe deel van fynkos.
Acmadenia obtusata (duineboegoe) is ’n pragtige plantjie vir rotstuine of potte. Foto’s: New Plant Nursery

Ons was op ’n vroeglenteoggend besig om plante af te neem in ’n Kaapse kwekery toe die fotograaf sy swaar kamera laat saak met die woorde: “As jy dié tyd van die jaar dóér by Riversdal verby ry, ruik jy net boegoe. Dink jy hulle het dit dalk in voorraad? Ek’s mal oor die reuk.”

Ons is geseënd met baie boegoesoorte wat oor drie generasies strek in die familie Rutaceae (wat sitrus insluit), naamlik Agathosma, Acmadenia en Coleonema (bekend as konfettibos, aasbossie of klipboegoe) – almal gawe tuinplante wat nou begin blom.

In my tuin is dit reeds die uiters ornamentele Agathosma ovata “Glentana” met sy fyn loof en pienk blommetjies wat my besonderse genot gee.

Andrea Durrheim van die New Plant-kwekery in George wat baie van die boegoesoorte kweek, vertel dat die uiters ornamentele boegoes soos “Glentana”, “Kluitjieskraal” en “Outeniqua” nie hibriede van die spesie Agathosma ovata (baster-boegoe) is nie, maar eerder verskillende natuurlike vorms daarvan, met spesifieke habitatte wat oorsprong aan hulle name gee. Sy sê ook die boegoes in dié inheemse groothandelkwekery is lief om sommer vanself met mekaar te kruis – ’n gevryery wat onderlangs aangemoedig word deur die baie insekte soos bye en skoenlappers wat deur hierdie aromatiese plante gelok word.

Die bekendste boegoes, deel van die Khoi en San se kulturele erfenis (wat ook vir die plante se mooi naam gesorg het) as gebruikskruie vir onder meer medisinale doeleindes, was deel van menige ou pionier se huisapteek in die vorm van boegoebrandewyn.

Deesdae word bergboegoe of rondeblaarboegoe (Agathosma betulina) en anysboegoe of langblaarboegoe (Agathosma crenulata) as landbouproduk verbou waarvan olie gedistilleer word.

Boegoes se kenmerkende eienskap is ’n soet, speseryagtige geur wat afgegee word deur oliekliertjies in die blare en vrugsade. Die olie wat uit die plante gedistilleer word, word gebruik in kosmetiese middels, seep, medisinale produkte en ook as fiksatief vir geurmiddels en in voedselkleursel.

Bronne: www.creationwines. com; www.plantzafrica.com; Dieter Odendaal by dieter@creationwines.com.



  • boeke

    Donkerte van psige én die internet ontbloot

  • boeke

    Nuwe naam om dop te hou in misdaadspanningsgenre

  • boeke

    de dag is nog niet begonnen

  • jip

    Die lewe is n kaaskrul

  • jip

    Moderne skerm of tydlose papier?

  • jip

    Julle op Facebook

  • jip

    Geldslim in ’n japtrap

  • boeke

    Kerk-blik eensydig, maar boei

  • jip

    Watter fliek-genre is die beste?

  • boeke

    Kopskote met Henry Cloete

  • boeke

    Nes van misverstand, obsessie, jaloesie, liefde en seks

  • Verbruikersforum

  • boeke

    Bendewêreld van Manenberg oortuigend weergegee

  • by

    Want prinsessies moet ook maar wag

  • by

    240 km stroomaf in my kano

  • by

    As ’n ongelese boek kom spook

  • by

    Solank die wind waai . . .

  • by

    Streep hier, kol daar – en sy prooi lééf

  • naweek

    Bruid van die Jaar: April 2014

  • naweek

    7 Dinge wat jy die naweek kan doen

  • by

    Só het SA Russe, VSA laat skarrel

  • by

    Ons kan wérk, maar 'talk . . . '

  • by

    ​Woedende ma steek ’n sweer oop

  • by

    Ware geloof binne én buite kerk te vind

  • naweek

    Deur die lens: Kyk net noord

  • naweek

    Soos ’n lam ter smaaklike slagting

  • naweek

    Gebou op blink klippies

  • naweek

    Beste steak in Suid-Afrika

  • naweek

    Bekyk Manhattan van immigrante-eiland af

  • naweek

    Tafelwyn waaroor haan kán kraai

  • naweek

    Trinchado’s vir daardie oerlus

  • naweek

    ‘Kry my daar, en vinnig!’

  • naweek

    Oporto se seëning

  • naweek

    Pionierbome gepas vir nuwe tuin, maar leef nie baie lank

  • naweek

    Cathay Pacific weer wêreld se beste, sê 18,85 miljoen

  • naweek

    Dans-dans, ballerinatjie

  • naweek

    Eikestad ‘leef en beef’ ook ná oes

  • naweek

    Umbrië, die groen hart van Italië

  • naweek

    Lekkerbek-gaste doen tuin aan

  • naweek

    Vertoef ’n wyle in die geskiedenis

  • naweek

    Op Emile Joubert se Sondagtafel

  • naweek

    Hoog tyd vir die doodgewone

  • naweek

    Uitsig op dolfyne