Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    20°C / 6°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%

  • Vrydag

    20°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    23°C / 14°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Sondag

    21°C / 6°C

    Wind 22km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Maandag

    19°C / 9°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 38%

  • Dinsdag

    21°C / 10°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 33%


Pols

Dekoridees wat saam met jou kinders groei

Donderdag 15 Augustus 2013
Kinderkamers is dikwels groot pret om te versier en met ’n bietjie slim beplanning kan ’n mens seker maak die dekor bly relevant vir baba tot tiener, skryf Celinda Groenewald.
Vir ’n slaapkamer wat van baba tot tiener sal groei, het Pols ’n ideebord geskep met ’n kameelperdtema. Die kleurskakerings van geel, grys, wit en swart is prettig en kan maklik op datum gebring word. Dekorstukke: 1. Trendypeas ABC-seildoekkuns (Etsy.com); 2. Bright Star Lighting-lig (5rooms.com); 3. Kidkraft-sluitkas (5rooms.com); 4. Studio Collection-bedlinne en -strooikussings (studiocollection.co.za); 5. Jellycat-kameelperd (kinderelo.co.za); 6. Mr Price Home-swartbordkrat; 7. Eames-stoel (5rooms.com); 8. Studio Collection-materiaal (studiocollection.co.za).

Jou baba of peuter se slaapkamer bied beslis baie meer as net slaapplek waar skapies getel word.

Gewoonlik is dit ook ’n speelkamer en later, wanneer hy of sy ouer word, ’n studeerkamer en los-my-uit-ek-wil-alleen-wees heiligdom.

Daarom is dié kamers ’n gunsteling onder binneversierders, wat die kans gegun word om skeppender en speelser met kleur, patrone en konsepte te werk te gaan.

Maar weinig mense het ’n diep genoeg sak om jaar ná jaar hul kinders se kamer heeltemal te kan oordoen.

Daarom sal ’n bietjie fyn beplanning en aandag aan detail jou help om ’n prettige en praktiese kamer vir kinders te skep wat maklik saam met hulle kan groei en verander.

Hier is ’n paar wenke vir wanneer jy jou kind se kamer beplan.

1. Besluit op ’n tema

Wat gaan die kamer se algehele tema wees? Dit kan ’n matroos-, vintage-, prinses- of plaastema wees.

Hou net in gedagte dat jou kind se belangstellings deur die jare gaan verander en dat jy die basiese dekorelemente daarvolgens moet kan aanpas.

Ons het gespeel met ’n kameelperdtema op ons ideebord (sien foto).

2. Kies jou kleurpalet

Die tema wat jy gekies het, sal ook die kamer se kleure beïnvloed.

Vir die kameelperdtema het ons op skakerings van geel, grys, swart en wit besluit.

’n Goeie wenk van Deborah de Jong, ’n dekorfoendi van Australië, is om sowat drie komplementerende kleure te kies wat aan teenoorgestelde kante op die kleurwiel lê.

“Dit verseker jy kry ’n helder kombinasie wat nie sommer sal misluk nie.

“Kies dan ook ’n paar neutrale kleure soos wit, swart, room en grys sodat die helder kleure kan skitter.”

Maar pasop vir te veel helder kleure, waarsku De Jong.

“ ’n Mens wil speel met die kombinasie van helder en subtiele skakerings om ’n ruimte te skep waar jou kind wakker en lewendig kan voel, maar ook ontspanne genoeg om te kan rus en slaap.”

3. Mure en verf

Wil jy die mure ’n fokuspunt maak of dit liefs by die kamer laat insmelt?

Jy kan byvoorbeeld die mure met horisontale of vertikale strepe verf, ’n suède- of ’n pêrelafwerking gee en selfs met swartbordverf eksperimenteer.

Jy kan ook slegs een muur in ’n helder kleur verf of van stensils en muurplakkers gebruik maak.

Weer is dit belangrik om die kind se ouderdom in gedagte te hou en hoe lank dit sal wees voordat jy dit moet oordoen.

4. Slim vloerplan

Probeer ’n ruimte skep wat saam met jou kind sal groei.

Oorweeg stoorplek wat by die bed, skryftafel en klerekas ingebou is.

Belê ook liefs in meubilering wat saam met jou kind se behoeftes sal groei.

’n Kis of armoire kan nou speelgoed stoor en later elektronika of boeke.

Die beskeie dimensies van enkelbedjies maak dit die ideale keuse vir standaardgrootte kinderkamers.

“Om meer speelruimte in die middel te skep, oorweeg dit om die bed sywaarts, parallel teen die muur, te skuif,” sê die dekorskrywer Mary Wynn Ryan.

Dit is ook belangrik om ’n aparte sit-en-huiswerkruimte te skep.

“Vir ekstra sitplek gebruik eerder armlose stoele wat visueel minder plek opneem as ’n leunstoel,” is Ryan se raad.

Hou ook die basiese elemente vir ’n latere huiswerkruimte in gedagte: ’n stoel, lessenaar en tafellamp.

5. Beligting

Goeie beligting is noodsaaklik, maar kan ook prettig saam met jou tema en kleurskema werk.

’n Bedlampie wat helder skyn, is ’n moet en jy kan die lampskerm verander namate jou kind ouer word.

6. Sagte meubilering

Laat jou tema jou lei wanneer jy gordyne en bedlinne kies.

As jy in sleutelitems wil belê wat langer hou, bly weg van lawwe of oordadige strokiesprent-karakters.

Ons keuse van linne op die ideebord speel ook met verskillende patrone.

As die kamer ’n houtvloer het, is dit ’n goeie idee om ’n snoesige mat te koop.

Hou altyd in gedagte hoe jy die meubels en linne later kan aanpas wanneer jou kind ouer word.

7. Afronding

As jy goed met naaldwerk is, kan jy self strooikussings van oorskietmateriaal maak om die bed mee op te dollie en die vertrek snoesiger te maak.

“ ’n Mens kan ook van hul gunsteling- of mooiste snuistery vertoon, maar onthou, minder is altyd beter,” sê De Jong.

Daar is talle oulike aanhalings en kunswerke op seildoeke te koop (sien ideebord) wat ’n mens kan gebruik om die mure mee te verfraai.

Andersins kan ’n mens ook kosbare of prettige familiefoto’s laat raam om die dekor mee af te rond.

Bykomende bronnehgtv.com ; tlc.howstuffworks.com ; au.lifestyle.yahoo.com 



  • motors

    Eksklusief, maar teen ’n fris prys 

  • motors

    Stukke grofgeskut in New York te sien

  • motors

    TV-wiele

  • motors

    In die kol as ruim hardebaard

  • motors

    Dis nie ’n Audi nie, dis ’n Porsche

  • motors

    Massiewe mark lok vervaardigers

  • motors

    Merc se CLA laat koppe draai

  • motors

    In ’n lekker sportnuts-knyptang

  • motors

    ‘Vaal’ Audi A3 is wêreldmotor van die jaar

  • motors

    Hino plaaslik gebou

  • motors

    Baan én bande dalk kopseer

  • motors

    F1 se‘olifant’ het gewigtige gevolge

  • motors

    ‘Dit is die reisiger se antwoord’

  • motors

    Lambo spog met nuwe brul-bul

  • motors

    Koel miljoen vir Boxster, Cayman

  • motors

    Van VSA tot Boere-stryd

  • motors

    Swaargewig met liggewig-prys

  • motors

    BMW spog met 4 se afslaandak

  • motors

    Doelgerig nader aan Datsun-era

  • motors

    Focus nog beter gemaak

  • motors

    Gewigsperk skep gevaar

  • motors

    O, daai wildeperd kom gou weer

  • motors

    Fyn parkeer? Dit help mos nou veel

  • motors

    Kia se karweier is splinternuut

  • motors

    Baan en bande bepalend

  • leefstyl

    ‘Toor’ met stadige hoender

  • leefstyl

    Fileer ’n ronde vis

  • leefstyl

    Nektar van die gode

  • jip

    ’n Boek waarop die internet-generasie verlief sal raak

  • leefstyl

    Die bedreiging sluimer aanlyn

  • leefstyl

    Klets alte lekker en kyk weer

  • leefstyl

    Bakterieë vir welstand

  • leefstyl

    Vegetariërs moet sorg vir genoeg proteïen in hul dieet