Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    16°C / 6°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 34%

  • Woensdag

    18°C / 8°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%

  • Donderdag

    20°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Vrydag

    20°C / 8°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Saterdag

    18°C / 9°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Sondag

    19°C / 9°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%


Tuinlewe

Goeie tyd vir aandag aan Bome

Anna Celliers

Donderdag 15 Augustus 2013
’n Jakarandaboom (ook op die indringerlys) in Hillcrest, KZN, wat verlede jaar toegehekel is deur handwerkers van Woza Moya ten bate van geldinsameling vir die Hillcrest Aids Centre. Foto: Geoff Redman

Die vorm en groeiwyse van volwasse bome is van nature mooi en as jy die amptelike beskrywing van elke boomsoort in plantkundeboeke nalees, sal jy sien daar word altyd melding gemaak van hul uiteindelike silhoeëtte in die landskap – ’n nuttige byvoeging om ’n mens te help om die geskikte boom vir ’n bepaalde doel te kies.

Daar is bome wat slank en hoog groei soos die amberboom of waterbessie, en ander met digte en ronde krone soos die wildepruim of witstinkhout.

Maar soms moet ’n tuinier ’n bietjie hand bysit om jong bome te “lei” om sterk, enkelhoofstamme sonder ’n lae vertakking te vorm, of dooie of verswakte takke aan ’n groot boom te verwyder. In die geval van laasgenoemde word bome wat baie digte skaduwee gooi in die somer se krone ook ’n bietjie uitgedun om meer lig in te laat.

Dit is nou ’n goeie tyd om ’n bietjie ekstra aandag aan al jou tuinbome te gee. In die geval van bladwisselende bome wat nog steeds blaarloos staan, kan ’n mens die takraamwerk duidelik sien, wat dit makliker maak om té digte groei uit te saag. ’n Mens sien ook verswakte en dooie takke raak en kan hulle dus voortydig verwyder voor hulle afbreek.

Gee ook aandag aan volwasse immergroen bome wat lae sytakke gemaak het.

Kry kenner vir drastiese snoei

’n Mens sien so dikwels hoe groot bome (veral sypaadjiebome wat kragdrade toegegroei het) deurgeloop het onder die hande van “boomslagters” wat nie kennis het van goeie boomchirurgie nie. In die meeste gevalle word sulke bome se hooftakke sommer dwarsoor gesnoei en word daar gesê dit is sogenaamde “tree topping”.

Hierdie onsensitiewe manier van snoei het nie net ’n verminkte boom tot gevolg nie, maar lei tot nuwe groei met swakker takke en ’n onstabiele boom. Waar ’n groot tak afgesaag is, vorm kleiner takke (soos ’n bosbesem) en hulle is veel swakker as die oorspronklike tak geheg. Ná ’n paar jaar – wanneer hulle te swaar word – breek hulle makliker af en veroorsaak skade onder die boom.

Drasties “getopte” bome verhonger ook omdat hul “kosfabrieke” (die blare) heeltemal weggesny word. Die boom moet dan vinnig al sy reserwes gebruik om weer blare en takke te vorm. Dit skok en verswak die boom.

As jy onseker is oor die uitdunning van groot bome, raadpleeg liefs ’n betroubare boomkweker of boomdokter om die werk vir jou te doen.

Snoeiwenke vir jong bome

As jy jong bome op die werf het en hulle wil lei om eendag ’n mooi vorm met ’n karaktervolle hoofstam te hê, kan hulle van jongs af gelei word met ’n bietjie snoeiwerk – dit werk veral goed met die gewilde olyfbome wat ons deesdae so graag plant.

Maak só

. Bekyk die boompie en verdeel hom visueel in drie derdes.

. Verwyder al die sygroei aan die onderste derde van die boom. Snoei die sytakke tot teenaan die hoofstam af – moenie lelike “kapstokke” of stukkies sytakke los nie.

. Knip die middelste derde se sygroei tot by die eerste twee ogies na-aan die hoofstammetjie terug.

. Los die boonste derde in vrede.

As jy gereeld jong bome so snoei, sal hulle groei tot hoogvertakte en pragtige skadubome met ’n enkelhoofstam.

Pasop vir Augustuswinde

Daar is niks so lelik soos ’n skewe, windverwaaide boom nie. Sorg nou dat al jou bome en groot struike stewig gestut is met verkieslik twee stutpale, verder verstewig met twee dwarslatte.

Gebruik ’n rekbare materiaal soos broekiekouse of boomstutmateriaal (beskikbaar by kwekerye) om die boom stewig aan die stutraamwerk vas te maak. Moet nooit draad gebruik om ’n boom se stam aan ’n stutpaal vas te maak nie – dit sny in die bas in en die boom kan vrek.

Wolbommers fokus op bome

Daar is deesdae ’n wêreldwye neiging om sogenaamde “harde” stedelike elemente en ook bome toe te brei of toe te hekel – volgens bronne op die internet word daarna verwys as yarn bombing, guerilla knitting en selfs granny graffiti. Hier word dit nou ook gesien – meestal as landkuns, bemarkingsfoefie of vir geldinsameling vir verdienstelike sake.



  • leefstyl

    Angstig, of maar net kind?

  • leefstyl

    Noodhulp vir jou beste vriend

  • leefstyl

    Jong vroue behoorlik bederf

  • leefstyl

    Plek van vrede, rus in babakamer

  • leefstyl

    Lekker verjaar, u koninklike hoogheid!

  • leefstyl

    Die geur van seewier

  • jip

    Dié rubriek is vir jou

  • boeke

    Gru-blik op tienerangs aangrypend

  • boeke

    Goeies góéd; slegtes verveel

  • boeke

    Bittersoet genot in dié aritmiese boek

  • jip

    Dié tieners toor met woorde

  • jip

    Brad gesels oor nuwe video en fans

  • boeke

    Debuut wat nog lank begogel

  • Verbruikersforum

  • jip

    Kaaskrul

  • jip

    Julle op Facebook

  • jip

    Celeb-twiets

  • naweek

    Kry jou in (of uit) die boks

  • by

    My patryspoort op die heelal

  • naweek

    Padlangs  deur die Pireneë

  • by

    Net nog episode in daaglikse sepie

  • naweek

    Pure basaar

  • by

    Om die onsegbare te moet sê

  • naweek

    Geskiedenis-eras kry lewe in oornaghuisies

  • by

    Barnard is terug waar als begin het

  • naweek

    Deur die lens: Twaalf met uitsig

  • by

    ‘Die Stem’ sluit nie meer uit

  • naweek

    Oordadige Sondag

  • by

    Die reuk van hoop

  • naweek

    Oor die kole met Jan Braai

  • by

    Deur die blaaie van ’n boek

  • naweek

    Indringer-varings plaag wat ál verder versprei

  • naweek

    Vir fikse tong én brein

  • naweek

    ‘Vang’ tuin se geveerdes vir rose-prys

  • naweek

    Kaap-man mengel topprys los

  • naweek

    Knip-knip voordat lente kom

  • naweek

    Wat gis?

  • naweek

    Kamp-dit-uit: Namibië se beste

  • naweek

    Doendinge: Wes-Kaap

  • naweek

    Verf jou sorge weg

  • naweek

    Aktiewe dagboek

  • naweek

    7 dinge wat jy die naweek kan doen

  • naweek

    Raad vir ’n nuwe tuin

  • naweek

    Bruid van die Jaar: April 2014

  • naweek

    Voetslaan deur die Krugerwildtuin