Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    24°C / 12°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 34%

  • Dinsdag

    22°C / 12°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Woensdag

    20°C / 10°C

    Wind 17km/h

    Reënval 1.2mm

    Humiditeit 44%

  • Donderdag

    21°C / 8°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Vrydag

    21°C / 9°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%

  • Saterdag

    22°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%


FLIEK

’n Drukkie vir elkeen in boer-gespot

Laetitia Pople
Donderdag 15 Augustus 2013
Louw Venter is die ongekunstelde boer Jimmy wat sy heil in die stad gaan soek in Jimmy in pienk.

Jimmy in pienk ***

Jimmy Bester land met sy blik hertzoggies en uitgetrapte vellies in die sjiek De Waterkant.

Niemand, maar niemand, dra daar kort kortbroeke nie, wat nog te sê twotone-hemde. Jimmy haat die stadsgewoel, maar hy is op moedverloor se vlakte. Hy kan die mielieplaas wat al sewe generasies in die Bester-familie se besit is, oornag verloor. Al raad wat hy het, is om by sy skatryk oom aan te klop, die oom wat toeka se tyd van die plaas weggejaag is omdat hy anders is, omdat hy gay is. Sy oom koester ’n wrok en Jimmy sal moet betaal.

Vroeër of later moes die argetipiese stoere boer les opsê en behoorlik mee die spot gedryf word in ’n Afrikaanse fliek. Sy verknogtheid aan ’n lappie aarde, sy rustigheid en sy lewe na aan die natuur teenoor die stedeling se gejaagdheid, kortgebakerdheid en gebrek aan tyd vir sy medemens is die temas wat hier uitgetorring word. Jimmy in pienk is ’n vis-uit-die-water-komedie wat die plaas- én die stadslewe besing. Elke karakter kan ’n bietjie wyser en mensliker in die sonsondergang verdwyn.

Sy flink humor gaan byval vind, maar kan gay mans aanstoot gee. Die tyd is wraggies verby ryp om gay karakters te skets wie se hande nie gedurig om hul kop skoenlapper nie; wat nie met intrekwange praat nie; en wie se klerekas nie uit Priscilla, Queen of the Desert kom nie.

Hanneke Schutte, regisseur en draaiboekskrywer, se prent jaag wel talle stereotipes in een kraal, skeer van hulle behoorlik skoon sodat hulle bevry ’n ander rigting in bokspring en die kyker goedig tot ander insigte bring. Niemand gaan tog fliek om geroskam te word nie. Ander bly ietwat suf en onontgin agter.

Jimmy, ’n bobaas-skaapskeerder, moes sy kreatiewe kant wegsteek vir sy pa, want ware mans durf nie kreatief wees nie; dit is vir “sissies”. Die bordjies word lekker verhang. Jimmy gaan hulle almal wys! Die karakter Jimmy, ongekunsteld en so doodeerlik oor als, word sonder een vals oomblik deur Louw Venter gespeel. Sy teenpool, Bunny, word deur Terence Bridgett gespeel.

Met sy leathers en lekker kuif is hy sardonies, tog diep menslik.

Gys de Villiers se karakter as die oom is effe onontgin; sy en Jimmy se verhouding moes sterker ontwikkel het. Tonele word gelas deur kostelike oomblikkies soos die geldskieters, gespeel deur David Isaacs en Garth Collins, op Jimmy se spoor. Een ly aan narkolepsie; die ander probeer aardige sakeondernemings bedryf wyl hy kniekoppe breek.

Jimmy in pienk gaan uiteindelik die weg van alle romantiese komedies. Dit loop oor van warm gemoedelikheid en almal drukkie almal.

Tog is dit hoogs vermaaklik en ietwat eksentriek.

Met Louw Venter, Terence Bridgett, Gys de Villiers, Tinarie van Wyk-Loots en ander Regie: Hanneke Schutte Tydsduur: 91 minute Ouderdomsperk: OL



  • boeke

    Naakte waarheid oor Bond

  • jip

    Die jeug en die V-woord

  • jip

    Klofies klop nóg ’n grote

  • boeke

    Groteske kloof tussen ryk en arm haal SA in

  • boeke

    Kwart voor skrikwekkend in dié land

  • boeke

    Nadenke oor lewe en dood

  • jip

    Ligbron se rugby en hokkie troon uit

  • jip

    Gedigte: Laat jou stem hoor

  • jip

    ‘Weird kid’ se boek betower

  • by

    Die alfabet van ironie

  • naweek

    Werk nou en geniet mooi tuin in lente

  • naweek

    Judasboom van gebied om Middellandse See

  • by

    ’n Atlas van die brein

  • naweek

    Die Stonehenge-misterie

  • leefstyl

    Heerlike feeskos vir die Paastyd

  • naweek

    Die koeël is deur die kerkies

  • naweek

    Deur die lens: Gepla met hom

  • by

    ’n Taai klap se soet nasmaak

  • naweek

    Moenie dat die twee Philips jou verwar nie

  • by

    Sokkerkoors kort nog

  • naweek

    Wen sade met jou blomfoto’s

  • naweek

    Bosmans haal top-100-lys met drie wyne

  • naweek

    Jazz in katedraal se maag

  • by

    Hou op om varke te beledig!

  • naweek

    Breëstraat die nuwe Langstraat?

  • by

    ‘Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur’

  • naweek

    Chenin blanc gepas vir haas enige smaaktog

  • naweek

    Wat gis?

  • motors

    Nuwe model sal koppe laat draai

  • leefstyl

    Gee jou oor aan lekker

  • leefstyl

    Eetgoed

  • leefstyl

    Soetgoed

  • leefstyl

    Drinkgoed

  • leefstyl

    Groot kuierplekke vir vroue én mans

  • motors

    Voorwieldryf vir BMW se buksie

  • motors

    In 40 jaar ry Golf steeds op suksespad

  • motors

    Landy rol nóg klippe uit jou pad

  • motors

    GLA is meer pret as prakties

  • motors

    Nuwe X-Trail lyk sommer na meneer

  • motors

    Hou kroos tevrede op lang pad

  • motors

    Die volgende Disco

  • motors

    Chinese bussies durf Toyota aan

  • motors

    Golf-eksklusiwiteit teen ’n prys 

  • motors

    Daar’s Márquez – en dan die res

  • motors

    Ricciardo se appèl kon probleme skep

  • motors

    Poulter skop modder in ander jaers se oë

  • motors

    K53 erger as sit tussen Kaapse Crusader-ondersteuners

  • motors

    Jy sal net wil voet in die hoek sit

  • motors

    Ry-entoesiaste sal gaande wees

  • motors

    Hoe kom VWSA en ABO bymekaar uit?

  • motors

    Verkeerdes nou varke in die verhaal

  • motors

    Raak persoonlik met hierdie buksie

  • motors

    Gister se heldedade bly spook

  • motors

    Huur eerder motor as koop?

  • leefstyl

    Blooskwale wat maak dat jy die dokter vermy

  • leefstyl

    Tyd dat kinders slim word: Laat hulle speel!

  • leefstyl

    Kleurige groente in tienerjare ‘kan kanker keer’

  • leefstyl

    Die vele fasette van smaak

  • leefstyl

    5 basiese smake

  • leefstyl

    Wat beïnvloed smaak?

  • leefstyl

    Mooigoed vir jou inkopielys

  • leefstyl

    Kies die regte blaaier

  • jip

    ’n ‘Loner’ wat sê net wat hy dink

  • jip

    Rooies verras Monnas

  • jip

    Monument se netbal kook

  • jip

    Drie Paastoernooie dié naweek

  • jip

    Klofies verhang bordjies teen Affies

  • Verbruikersforum

  • jip

    Uitslae

  • jip

    Viljoen kán in tienertaal skryf

  • jip

    Dié boek is nie vir tieners nie

  • jip

    Pryse wag vir wenners van gedigtekompetisie

  • jip

    Om dertig te word

  • jip

    Wetenskap, ontmoet Kuns