Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    24°C / 12°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 34%

  • Dinsdag

    22°C / 12°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Woensdag

    20°C / 10°C

    Wind 17km/h

    Reënval 1.2mm

    Humiditeit 44%

  • Donderdag

    21°C / 8°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Vrydag

    21°C / 9°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%

  • Saterdag

    22°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%


FLIEK

Soos die tjorre; met vlerke

Rozanne Els
Donderdag 15 Augustus 2013
Dusty (stem van Dane Cook) se dagtaak in Planes is om gewasse te bespuit, maar hy droom daarvan om aan 'n resies om die wêreld deel te neem.

Planes ***

’N Vliegtuig met hoogtevrees.

Dit is ’n ongewone premis om ’n animasieprent oor ’n vliegresies om die wêreld mee te begin, maar tog ’n oulike een.

Dit maak die deur wawyd oop vir ’n lewensles of twee en skep ’n storie wat gou en moeiteloos in jou hart kruip.

Dusty (stemkuns deur Dane Cook) is ’n vliegtuig wat gewasse bespuit. Elke dag vlieg hy heen en weer oor dieselfde lande.

Om sy vervelige dagtaak draaglik te maak help sy beste vriend, ’n petrolvragmotor Chug (Brad Garrett), hom om voor te berei vir ’n befaamde lugresies om die wêreld.

Natuurlik is daar ’n rits dinge wat teen hom tel, die minste hiervan dat hy nie gemaak is vir vinnig vlieg nie, maar dan is daar ook die klein probleem van sy hoogtevrees.

Nie dat dit hom keer nie.

Dusty maak werk daarvan om sy drome te bewaarheid. Hy wil meer doen as waarvoor hy gemaak is. Hy praat ’n skugter ou vegvliegtuig, Skipper (Stacy Keach), om om hom te help en só begin ’n reis van ’n leeftyd.

Dié is ’n kinderanimasiefliek wat die jongklomp gaan laat regop sit. Hulle gaan snak na hul asem vir die vliegtuie se 3D-toertjies en boonop leer oor vriendskap, uithouvermoë en geloof in jouself.

Die animasie is kleurryk en so ook die interessante karakters. Boonop is daar heerlike, kleiner verhaallyne wat die storie nog prettiger maak.

Só steel die Mexikaanse vliegtuig El Chupacabra (Carlos Alazraqui) byvoorbeeld gou jou hart, hoewel hy heelwat langer sukkel om die liewe pienk Rochelle (Julia Louis-Dreyfus) se guns te wen. Natuurlik het Dusty ook ’n nare vyand: die geslepe, groen Ripslinger (Roger Craig Smith), wat enigiets sal doen om koning te kraai.

Die storie én sy uitvoering is eenvoudig, maar dit werk. Minder is hier definitief meer.

Boonop is die fliek net die regte lengte. Kinders sal dit maklik en met groot genot kan deursit.

Die stemkuns is nommerpas, veral John Cleese se neus-in-die-lug-pratery laat mens skater.

Ja, mens weet dalk lank voor die einde wat op jou wag, maar dit is steeds ’n lekker goed-voel-fliek. Plek-plek stamperig, maar die landing is seepglad.

Met die stemkuns van Dane Cook, Stacy Keach, John Cleese, Teri Hatcher en ander Regie: Klay Hall Tydsduur: 91 minute Ouderdomsperk: OL

KITSFEITE:

  • Die aktrise Teri Hatcher het die stem van Dottie in die fliek verskaf en haar ­dogter Emerson (15) dié van ’n verslaggewer.
  • Twee van die sterre van die 1986-vliegtuigtreffer Top Gun, Anthony Edwards en Val Kilmer, is in Planes herenig as die vegvliegtuie Echo en Bravo.
  • Die meeste van die vliegtuie se ontwerp is fiktief en net losweg geïnspireer deur werklike vliegtuie.
  • Die rolprentmakers het regte vlieëniers as konsultante gebruik.
  • Klay Hall, regisseur, is ’n groot lugvaartentoesias. Sy pa was ’n vlieënier in die Amerikaanse vloot. 



  • boeke

    Naakte waarheid oor Bond

  • jip

    Die jeug en die V-woord

  • jip

    Klofies klop nóg ’n grote

  • boeke

    Groteske kloof tussen ryk en arm haal SA in

  • boeke

    Kwart voor skrikwekkend in dié land

  • boeke

    Nadenke oor lewe en dood

  • jip

    Ligbron se rugby en hokkie troon uit

  • jip

    Gedigte: Laat jou stem hoor

  • jip

    ‘Weird kid’ se boek betower

  • by

    Die alfabet van ironie

  • naweek

    Werk nou en geniet mooi tuin in lente

  • naweek

    Judasboom van gebied om Middellandse See

  • by

    ’n Atlas van die brein

  • naweek

    Die Stonehenge-misterie

  • leefstyl

    Heerlike feeskos vir die Paastyd

  • naweek

    Die koeël is deur die kerkies

  • naweek

    Deur die lens: Gepla met hom

  • by

    ’n Taai klap se soet nasmaak

  • naweek

    Moenie dat die twee Philips jou verwar nie

  • by

    Sokkerkoors kort nog

  • naweek

    Wen sade met jou blomfoto’s

  • naweek

    Bosmans haal top-100-lys met drie wyne

  • naweek

    Jazz in katedraal se maag

  • by

    Hou op om varke te beledig!

  • naweek

    Breëstraat die nuwe Langstraat?

  • by

    ‘Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur’

  • naweek

    Chenin blanc gepas vir haas enige smaaktog

  • naweek

    Wat gis?

  • motors

    Nuwe model sal koppe laat draai

  • leefstyl

    Gee jou oor aan lekker

  • leefstyl

    Eetgoed

  • leefstyl

    Soetgoed

  • leefstyl

    Drinkgoed

  • leefstyl

    Groot kuierplekke vir vroue én mans

  • motors

    Voorwieldryf vir BMW se buksie

  • motors

    In 40 jaar ry Golf steeds op suksespad

  • motors

    Landy rol nóg klippe uit jou pad

  • motors

    GLA is meer pret as prakties

  • motors

    Nuwe X-Trail lyk sommer na meneer

  • motors

    Hou kroos tevrede op lang pad

  • motors

    Die volgende Disco

  • motors

    Chinese bussies durf Toyota aan

  • motors

    Golf-eksklusiwiteit teen ’n prys 

  • motors

    Daar’s Márquez – en dan die res

  • motors

    Ricciardo se appèl kon probleme skep

  • motors

    Poulter skop modder in ander jaers se oë

  • motors

    K53 erger as sit tussen Kaapse Crusader-ondersteuners

  • motors

    Jy sal net wil voet in die hoek sit

  • motors

    Ry-entoesiaste sal gaande wees

  • motors

    Hoe kom VWSA en ABO bymekaar uit?

  • motors

    Verkeerdes nou varke in die verhaal

  • motors

    Raak persoonlik met hierdie buksie

  • motors

    Gister se heldedade bly spook

  • motors

    Huur eerder motor as koop?

  • leefstyl

    Blooskwale wat maak dat jy die dokter vermy

  • leefstyl

    Tyd dat kinders slim word: Laat hulle speel!

  • leefstyl

    Kleurige groente in tienerjare ‘kan kanker keer’

  • leefstyl

    Die vele fasette van smaak

  • leefstyl

    5 basiese smake

  • leefstyl

    Wat beïnvloed smaak?

  • leefstyl

    Mooigoed vir jou inkopielys

  • leefstyl

    Kies die regte blaaier

  • jip

    ’n ‘Loner’ wat sê net wat hy dink

  • jip

    Rooies verras Monnas

  • jip

    Monument se netbal kook

  • jip

    Drie Paastoernooie dié naweek

  • jip

    Klofies verhang bordjies teen Affies

  • Verbruikersforum

  • jip

    Uitslae

  • jip

    Viljoen kán in tienertaal skryf

  • jip

    Dié boek is nie vir tieners nie

  • jip

    Pryse wag vir wenners van gedigtekompetisie

  • jip

    Om dertig te word

  • jip

    Wetenskap, ontmoet Kuns