Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    24°C / 12°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 34%

  • Dinsdag

    22°C / 12°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Woensdag

    20°C / 10°C

    Wind 17km/h

    Reënval 1.2mm

    Humiditeit 44%

  • Donderdag

    21°C / 8°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Vrydag

    21°C / 9°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%

  • Saterdag

    22°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%


Teater

Vir die éérste keer

Jan-Jan Joubert
Vrydag 16 Augustus 2013
Hoe voel dit om iets geheel en al vars te ervaar; ­sonder vooroordeel, verwagting, filter of lewenservaring? ­Jan-Jan Joubert het tussen 130 plattelandse graadeentjies gesit toe hulle die eerste keer teater toe is.
Marlo Minnaar as die seerower Napoleon. Foto: Leanne Stander

Dit is skuins ná tien Dinsdagoggend en die foyer van die Kunstekaap-teater is leeg en stil – maar nie vir lank nie.

Altesame 130 sewejarige lyfies van Porterville het pas per bus aangekom om na Vlooi en die eiland te kom kyk. Daar’s opwinding – dis die ene blink oë en bakore toe hulle op die foyermat gaan sit.

Dis baie van hulle se eerste besoek aan die Kaap en almal se eerste besoek aan ’n teater. “Hulle was so opgewonde dat sommige al 01:00 vanoggend opgestaan het om tog net nie laat te wees nie,” vertel hul onderwyseres, Denise Hendricks.

Elkeen het ’n rugsakkie met kos gekry van KaapAgri, wat ook die busse verskaf het. So hongerte is, vandag, vir die opgeklitste jongklomp die verste gedagte.

Marinda Engelbrecht, Vlooi se regisseur, maak hulle eers bietjie touwys, want aan die manier waarop die koppe rondwip soos die kinders hul verkyk aan al die blink vreemdhede weet jy hulle is so byna oorweldig.

Sy sit op haar knieë en vertel eerste van die stoele. “Jy kry jou eie stoel. Dit gaan sagter onder jou wees as wat jy gewoond is en die stoele slaan op. Dis hoe die stoele is – jy het dit nie gebreek nie en jy het niks verkeerd gedoen nie.”

As sy dít nie verduidelik nie, is dit elke jaar ’n groot tranedal as enetjie meen hy of sy het nou al die pad na die groot stad gekom om skandes te maak en die pragstoel te vernietig.

Sy verduidelik ook hulle hoef nie bang te wees as die ligte in die teater afgaan nie. Dit sal wel weer aangaan en dan kan Vlooi se storie begin.

Vir Vlooi, sy broer, Kalla, en hul sussie, Biebie, ken die kinders goed, want dis die karakters in Storieboom, leesboeke wat wyd vir gr. 1’s in die Wes-Kaap gebruik word.

“Die eerste teaterervaring moet ’n goeie een wees,” vertel Marinda later.

“Daarom gebruik ons die verhoog voluit en het ons ’n puik groep akteurs.”

Dis nie leë woorde nie, sien jy. Die Stellenbosse Jong Turke waarmee die Afrikaanse teater nou so geseënd is, word goed verteenwoordig. De Klerk Oelofse speel Vlooi, Wilhelm van der Walt is Kalla en Erika Scott is Biebie (dis die goeie ouens). Die seerowers word vertolk deur Marlo Minnaar en Cintaine Schutte.

Met onverbloemde blydskap

Nou is dit tyd dat die Portervillers die teater betree. Dis ’n fluweelbedekte wonderwêreld, so anders as by die huis. Daar is soveel om jou aan te verkyk, die plekaanwyser het sy hande vol om die instappery te laat vloei.

Duidelik het almal vergeet hulle het tannie Marinda nou net belowe om soet te sit, want hierdie opslaanstoele rits darem lekkerder as enigiets wat ’n mens ken. En as jy sewe is, saam met al jou skoolmaats en ’n spul ander skole ook, is stilsit net te veel gevra.

Die volgende oomblik loer ’n meisie om die gordyn na die gehoor. “Dis Biebieeee!” gil honderde jong kele met onverbloemde blydskap, sonder enige twyfel.

Die kostuumontwerper Susanne Strydom weet kennelik presies hoe lyk ’n dogtertjie tussen drie en agt se idee van ’n droomrok: die allerpienkste feetjierok met ’n plastiekkroon en towerstaf as bykomstighede.

Hiervandaan volg ’n mal uur van aksie op die verhoog waaraan die sewejariges hulself só oorgee die meeste staan later regop met die neuse gepunt in die rigting van die verhoog om tog net niks te mis nie.

Als word met oorgawe gedoen. As die gehoor moet dans, dans die outjie langs my so woes hy val op die vloer neer.

As hulle gevra word om hul groot held Vlooi te help, doen hulle dit luidrugtiger as ’n boom vol vinke met sononder.

En hulle kies kant! Niemand, maar niemand is aan die twee nare seerowers se kant nie.

Dit is veral die seerowervrou Katharina wat à la Captain Hook spog met ’n haak waar haar hand was wat genoeg vrees inboesem vir minstens een kleintjie om in trane uit te bars toe sy die gehoor instap vir ’n bietjie interaksie.

In ’n oorlog mín werd

Margit Meyer-Rödenbeck, skrywer van die teks, ken duidelik kinders se fassinasie met alles wat die liggaam uitskei en die seerowers is werklik verfoeilik.

Die bewende lippe en totaal ontstelde gesigte, met ’n snuif hier en daar, toe die seerowers Biebie vasbind en wegneem, wys duidelik hul impak op die gehoor.

Die oomblik van morele ambivalensie waardeur die jong gehoor gekonfronteer word, is heerlik verhelderend.

Biebie kruip weg vir die seerowervrou wat, tot die gehoor se gillende verskrikking, al hoe nader aan die skuilplek kom en hulle vra waar Biebie is.

Net omtrent ’n tiende van die gehoor is uitgeslape genoeg om haar in die verkeerde rigting te beduie. Die ander sal in ’n oorlog min werd wees: Hulle wys reguit na Biebie se skuilplek, verkoop hul heldin uit en is dadelik so berouvol oor hul rol in die katastrofe dat die eerlikheid jou aan die hart gryp.

En dis die eerlikheid van die gehoor wat die produksie so heerlik maak, sê die akteurs. Jy kan nie vir een oomblik energie of intensiteit verloor nie, want dan verloor die kinders geloof in die karakters en is dit klaarpraat.

Dis dan ook ’n getuigskrif van die volgehoue energie van hierdie akteurs – Oelofse het begin met ’n bykanse mohican-haarstyl, wat teen die einde platval van die sweet – dat klein Wilmarie Koopman, Maronè Philander, Miguel Frans en Jay-Granthlin Cornett dit ná die tyd eens is: Hierdie teater-ding wil hulle wéér doen.

Jan-Jan is die politieke redakteur van Beeld. Hy was baie lank gelede die hofnar in ’n skoolproduksie van Bartho Smit se Die keiser.



  • boeke

    Naakte waarheid oor Bond

  • jip

    Die jeug en die V-woord

  • jip

    Klofies klop nóg ’n grote

  • boeke

    Groteske kloof tussen ryk en arm haal SA in

  • boeke

    Kwart voor skrikwekkend in dié land

  • boeke

    Nadenke oor lewe en dood

  • jip

    Ligbron se rugby en hokkie troon uit

  • jip

    Gedigte: Laat jou stem hoor

  • jip

    ‘Weird kid’ se boek betower

  • by

    Die alfabet van ironie

  • naweek

    Werk nou en geniet mooi tuin in lente

  • naweek

    Judasboom van gebied om Middellandse See

  • by

    ’n Atlas van die brein

  • naweek

    Die Stonehenge-misterie

  • leefstyl

    Heerlike feeskos vir die Paastyd

  • naweek

    Die koeël is deur die kerkies

  • naweek

    Deur die lens: Gepla met hom

  • by

    ’n Taai klap se soet nasmaak

  • naweek

    Moenie dat die twee Philips jou verwar nie

  • by

    Sokkerkoors kort nog

  • naweek

    Wen sade met jou blomfoto’s

  • naweek

    Bosmans haal top-100-lys met drie wyne

  • naweek

    Jazz in katedraal se maag

  • by

    Hou op om varke te beledig!

  • naweek

    Breëstraat die nuwe Langstraat?

  • by

    ‘Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur’

  • naweek

    Chenin blanc gepas vir haas enige smaaktog

  • naweek

    Wat gis?

  • motors

    Nuwe model sal koppe laat draai

  • leefstyl

    Gee jou oor aan lekker

  • leefstyl

    Eetgoed

  • leefstyl

    Soetgoed

  • leefstyl

    Drinkgoed

  • leefstyl

    Groot kuierplekke vir vroue én mans

  • motors

    Voorwieldryf vir BMW se buksie

  • motors

    In 40 jaar ry Golf steeds op suksespad

  • motors

    Landy rol nóg klippe uit jou pad

  • motors

    GLA is meer pret as prakties

  • motors

    Nuwe X-Trail lyk sommer na meneer

  • motors

    Hou kroos tevrede op lang pad

  • motors

    Die volgende Disco

  • motors

    Chinese bussies durf Toyota aan

  • motors

    Golf-eksklusiwiteit teen ’n prys 

  • motors

    Daar’s Márquez – en dan die res

  • motors

    Ricciardo se appèl kon probleme skep

  • motors

    Poulter skop modder in ander jaers se oë

  • motors

    K53 erger as sit tussen Kaapse Crusader-ondersteuners

  • motors

    Jy sal net wil voet in die hoek sit

  • motors

    Ry-entoesiaste sal gaande wees

  • motors

    Hoe kom VWSA en ABO bymekaar uit?

  • motors

    Verkeerdes nou varke in die verhaal

  • motors

    Raak persoonlik met hierdie buksie

  • motors

    Gister se heldedade bly spook

  • motors

    Huur eerder motor as koop?

  • leefstyl

    Blooskwale wat maak dat jy die dokter vermy

  • leefstyl

    Tyd dat kinders slim word: Laat hulle speel!

  • leefstyl

    Kleurige groente in tienerjare ‘kan kanker keer’

  • leefstyl

    Die vele fasette van smaak

  • leefstyl

    5 basiese smake

  • leefstyl

    Wat beïnvloed smaak?

  • leefstyl

    Mooigoed vir jou inkopielys

  • leefstyl

    Kies die regte blaaier

  • jip

    ’n ‘Loner’ wat sê net wat hy dink

  • jip

    Rooies verras Monnas

  • jip

    Monument se netbal kook

  • jip

    Drie Paastoernooie dié naweek

  • jip

    Klofies verhang bordjies teen Affies

  • Verbruikersforum

  • jip

    Uitslae

  • jip

    Viljoen kán in tienertaal skryf

  • jip

    Dié boek is nie vir tieners nie

  • jip

    Pryse wag vir wenners van gedigtekompetisie

  • jip

    Om dertig te word

  • jip

    Wetenskap, ontmoet Kuns