Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    25°C / 13°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Maandag

    24°C / 13°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 33%

  • Dinsdag

    23°C / 12°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Woensdag

    20°C / 14°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.9mm

    Humiditeit 49%

  • Donderdag

    21°C / 12°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.7mm

    Humiditeit 36%

  • Vrydag

    22°C / 10°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.4mm

    Humiditeit 43%


Pols

Jy hoef nie naam weg te gooi nie

Maandag 02 September 2013
Al hoe meer getroude vroue behou hul nooiensvanne. Die suffragette Lucy Stone was die eerste Amerikaner wat dit gedoen het, skryf Pam Black.

Ek is nog altyd beïndruk deur die formidabele Amerikaanse teenstander van slawehandel en suffragette Lucy Stone, wat in 1855, toe sy met Henry Blackwell getroud is, geweier het om haar van na syne te verander.

Ingevolge die Amerikaanse wette van daardie tyd het vroue al hul regte verloor wanneer hulle getrou het, en hul eiendom het basies hul eggenoot s’n geword.

Stone was die eerste getroude vrou in Amerika wat nie haar man se van aangeneem het nie en sedertdien word ’n vrou wat haar voorbeeld volg ’n “Lucy Stoner” genoem.

’n Interessante nuwe meningspeiling wat op Facebook gedoen is, wys daar is al hoe meer “Lucy Stoners” in Brittanje.

Dié peiling het getoon dat, van Facebook se 33 miljoen gebruikers in Brittanje, ’n derde van die getroude vroue in hul twintigs besluit het om nie hul eggenoot se van aan te neem nie en eerder hul nooiensvan te behou.

In Suid-Afrika keer niks ’n vrou om haar nooiensvan te behou nie.

Geen spesiale toestemming is nodig nie en daar is niks wat jy hoef te doen nie. Die wet vereis nié dat ’n getroude vrou haar man se van moet aanneem nie.

Dit is inderdaad algemeen dat professionele vroue soos dokters, advokate en joernaliste wat onder hul nooiensvan naam gemaak het nie dié reputasie wil prysgee nie.

Dit is ook baie minder moeite, want jy hoef dan nie om ’n nuwe ID-boek en paspoort aansoek te doen nie en jy hoef nie jou bankbesonderhede te gaan verander nie.

As jy jou ID met jou nooiensvan en ’n afskrif van jou huweliksertifikaat kan wys, behoort enige bank of ander instansie tevrede te wees.

Dit is raadsaam om jou voorkeur met ’n huweliksbevestiger te bespreek. Hy of sy sal dan die nodige reëlings tref.

Vroue wat besluit om hul nooiensvan te behou sal egter gewoonlik hul kinders onder die pa se van registreer. Hulle kan ook verder die voorbeeld van Lucy Stone volg, wie se dogter, Alice Stone Blackwell, met die vanne van albei ouers gespog het.

Dit is deesdae ’n gewilde neiging onder bruide om hul nooiensvan met dié van hul man te koppel.

Kyk maar net na die vanne van ons vroulike politici en glansvroue en jy sal agterkom hoe gewild gekoppelde vanne in Suid-Afrika is.

As jy egter nog nooit gaande was oor jou nooiensvan nie, is die kans om jou man se van aan te neem een wat jy goed kan gebruik.

Dit is nie net bruide wat hul van verander nie; deesdae doen ook al hoe meer bruidegomme dieselfde.

’n Taamlik onbekende feit oor John Lennon is dat hy ná sy huwelik met Yoko Ono in 1969 sy naam na John Ono Lennon verander het.

Hy het gesê: “Yoko het haar van vir my verander, ek het myne vir haar verander. Een vir albei, albei vir mekaar.”

Die rapper Jay-Z het ná sy huwelik met die sangeres Beyoncé (Knowles-Carter) ook sy van na Knowles-Carter verander omdat daar glo niemand in Beyoncé se familie is wat haar familienaam kan voortsit nie.

Al is die meeste bruide gretig om hul nuwe titel te gebruik, moet jy jou nooiensvan gebruik wanneer julle vliegtuigkaartjies vir jul wittebroodsbestemming bespreek.

Weens tydsbeperkings is dit onmoontlik om dadelik ná jou troue op jou wittebrood te gaan met jou paspoort in jou getroude van. Die naam op die vliegtuigkaartjie moet dieselfde wees as die een in jou paspoort.

• Pam Black is die skrywer van die boek The Really Useful Wedding Book for South Africa. Besoek haar webblad by ​www.pamblackweddings.com.



  • by

    Die alfabet van ironie

  • naweek

    Werk nou en geniet mooi tuin in lente

  • naweek

    Judasboom van gebied om Middellandse See

  • by

    ’n Atlas van die brein

  • naweek

    Die Stonehenge-misterie

  • leefstyl

    Heerlike feeskos vir die Paastyd

  • naweek

    Die koeël is deur die kerkies

  • naweek

    Deur die lens: Gepla met hom

  • by

    ’n Taai klap se soet nasmaak

  • naweek

    Moenie dat die twee Philips jou verwar nie

  • by

    Sokkerkoors kort nog

  • naweek

    Wen sade met jou blomfoto’s

  • naweek

    Bosmans haal top-100-lys met drie wyne

  • naweek

    Jazz in katedraal se maag

  • by

    Hou op om varke te beledig!

  • naweek

    Breëstraat die nuwe Langstraat?

  • by

    ‘Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur’

  • naweek

    Chenin blanc gepas vir haas enige smaaktog

  • naweek

    Wat gis?

  • motors

    Nuwe model sal koppe laat draai

  • leefstyl

    Gee jou oor aan lekker

  • leefstyl

    Eetgoed

  • leefstyl

    Soetgoed

  • leefstyl

    Drinkgoed

  • leefstyl

    Groot kuierplekke vir vroue én mans

  • motors

    Voorwieldryf vir BMW se buksie

  • motors

    In 40 jaar ry Golf steeds op suksespad

  • motors

    Landy rol nóg klippe uit jou pad

  • motors

    GLA is meer pret as prakties

  • motors

    Nuwe X-Trail lyk sommer na meneer

  • motors

    Hou kroos tevrede op lang pad

  • motors

    Die volgende Disco

  • motors

    Chinese bussies durf Toyota aan

  • motors

    Golf-eksklusiwiteit teen ’n prys 

  • motors

    Daar’s Márquez – en dan die res

  • motors

    Ricciardo se appèl kon probleme skep

  • motors

    Poulter skop modder in ander jaers se oë

  • motors

    K53 erger as sit tussen Kaapse Crusader-ondersteuners

  • motors

    Jy sal net wil voet in die hoek sit

  • motors

    Ry-entoesiaste sal gaande wees

  • motors

    Hoe kom VWSA en ABO bymekaar uit?

  • motors

    Verkeerdes nou varke in die verhaal

  • motors

    Raak persoonlik met hierdie buksie

  • motors

    Gister se heldedade bly spook

  • motors

    Huur eerder motor as koop?

  • leefstyl

    Blooskwale wat maak dat jy die dokter vermy

  • leefstyl

    Tyd dat kinders slim word: Laat hulle speel!

  • leefstyl

    Kleurige groente in tienerjare ‘kan kanker keer’

  • leefstyl

    Die vele fasette van smaak

  • leefstyl

    5 basiese smake

  • leefstyl

    Wat beïnvloed smaak?

  • leefstyl

    Mooigoed vir jou inkopielys

  • leefstyl

    Kies die regte blaaier

  • jip

    ’n ‘Loner’ wat sê net wat hy dink

  • jip

    Rooies verras Monnas

  • jip

    Monument se netbal kook

  • jip

    Drie Paastoernooie dié naweek

  • jip

    Klofies verhang bordjies teen Affies

  • Verbruikersforum

  • jip

    Uitslae

  • jip

    Viljoen kán in tienertaal skryf

  • jip

    Dié boek is nie vir tieners nie

  • jip

    Pryse wag vir wenners van gedigtekompetisie

  • jip

    Om dertig te word

  • jip

    Wetenskap, ontmoet Kuns