Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    18°C / 7°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%

  • Donderdag

    20°C / 8°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 23km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Saterdag

    17°C / 7°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Sondag

    18°C / 8°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%

  • Maandag

    18°C / 7°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 37%


Gariepdam, Norvalspont

Nasate besoek Norvalspont

Onthul gedenkstene vir kinders wat omgekom het

Coreli Roos
Dinsdag 01 Oktober 2013

GARIEPDAM. – Tydens die onlangse Norvalspont-naweek op Gariepdam het 91 mense die Maalkolk-vertoning bygewoon, terwyl 57 die Norvalspont-uitstappie meegemaak het. Die gaste was van Aliwal-Noord, Barkly-Oos, Bethulie, Colesberg, Philippolis, Springfontein, Venterstad, Bloemfontein, Bothaville, Kaapstad, Secunda, Zastron en selfs sover as Kaapstad, Pretoria en Modimolle (Nylstroom) afkomstig.

Die Bothaviller Susan Potgieter en Kimberliet Wynand Bloem is van die Bloem- en Vorster-nasate wat tydens die uitstappie na die Norvalspont-konsentrasiekampterrein en -kerkhof teenwoordig was met die onthulling van die gedenksteentjies vir die Vorster- en Bloem-kinders wat in die kamp omgekom het. Die vorige aand het hulle die verhoogstuk Maalkolk – fragmente van ’n oorlog, op Gariepdam bygewoon.

Ouma was inspirasie

Wynand se grootouers, Wynand en Sannie (Vorster) Bloem, en sy kleinniggie, Susan, se ouma Sarie (Bloem) du Plessis (oupa Wynand se suster), was van die kinders wat die Norvalspont-konsentrasiekamp oorleef het. Wynand se ouma Sannie se vertellings was die inspirasie vir ’n boek wat Johan de Beer, haar aangetroude kleinseun, oor die kamp geskryf het.

Maalkolk het vir Wynand “bevestig hoe gewone mense wat in normale omstandighede woon en normaal en menslik sou optree deur iets soos ’n oorlog skielik deur kragte ver groter as hulself in posisies geplaas word (die maalkolk-gedagte) wat hulle dan op sekere maniere laat optree wat indruis teen die normale”.

“Die toneel van die teregstelling van die verraaier illustreer die gedagte die beste van die verskillende posisies hoe mense, wat eintlik dieselfde is, deur die maalkolk uitgespoeg word. Die teenoorgestelde is natuurlik net so waar: dat mense wat eintlik verskillend behoort te wees hulleself deur die maalkolk op die ou einde in dieselfde posisie bevind. ’n Voorbeeld is Emily Hobhouse, die Engelse vrou wat haarself gestel het aan die kant van (lees deur die maalkolk geplaas ten behoewe van) die Boerenasie se vroue en kinders se lyding.”

Vir Susan het die Maalkolk-opvoering “soveel aspekte van daardie hartseertyd op so ’n besonderse wyse oorgedra. Voorheen het ek altyd geluister wanneer hulle van die konsentrasiekampe gepraat het. Ek het geweet my een ouma was in die Greenlands-konsentrasiekamp naby Koppies en die ander by Norvalspont. Die opvoering het dit vir my werklik gemaak. Dit het vir my gevoel ekself was daar. Die foto’s wat voor die opvoering vertoon is, het my met ’n skok laat besef dat dit my eie vlees en bloed was wat hierdie oneindige lyding en vernedering moes verduur. Dit het vir my alles ’n wrede werklikheid geraak.”

Verbitterd

Susan en ouma Sannie het ’n kamer gedeel nadat haar oupa dood is. “Ouma was baie verbitterd teenoor die Engelse, maar wou nie baie praat oor daardie tyd in die konsentrasiekamp nie. Ek glo dit was vir haar baie moeilik om daaroor te praat. Soms as ons kinders nie ons kos wou eet nie, het sy baie emosioneel geraak en vertel hoe honger hulle was. Ek het haar soms probeer uitvra, maar sy kon die vernedering en smaad en hartseer herinneringe nie regtig verwerk nie. (Maar my eie mening.) Sy wou nie regtig daaroor praat nie,” vertel Susan.

Met die besoek aan die konsentrasiekampterrein het die teenstrydighede Wynand getref. “Aan die eenkant, hoe ongelooflik traumaties so ’n ervaring moes wees en aan die anderkant, dat mense die genade ontvang het om steeds te kan glo, ondanks die hartseer en die lyding, dat dit alles binne die wil van die Vader is of was . . .”

Nederig en gelowig

Hy onthou sy ouma Sannie Bloem “vir haar nederigheid, haar diep gelowigheid en van dit wat sy haar kinders en ook haar kleinkinders op die hart gedruk het naamlik haar absolute onvoorwaardelike vergewingsgesindheid teenoor die Engelse, die Joiners en die Hanskakies”.

“Die eerste ding waaraan ek gedink het op die konsentrasiekamp-terrein was dat daar net bosse en klippe was. Hoe op aarde kon soveel mense hier so saamwoon? Dit is ’n wonder dat iemand dit oorleef het. In die klipharde grond . . . ’n Mens sou nie regtig kon tuinmaak nie. Die rivier was so ver geleë. Ek kon my net nie indink dat soveel mense in daardie ronde, klein tentjies ingedruk was nie. Byna soos sardientjies in ’n blik . . . Die onmenslikheid daarvan,” sê Susan.

“Ek het so hartseer geword om te dink hoe sleg my ouma en haar geliefdes hier behandel en verneder is. Sy, wat so ’n dame was, wat altyd so netjies was. Ek het in my binneste so ’n woede ervaar. Ek kon nooit regtig verstaan waarom sy die Engelse so gehaat het nie, maar nou kon ek amper verstaan.”

Akteurs praat

Vir Danie van Huyssteen van Gariepdam, een van die twee spelers in Maalkolk, was hul eerste opvoering opwindend. Die vraag of daar ooit werklik sin en doel aan oorlog is, staan vir hom uit.

“Dit het my laat besef as ’n mens in ’n maalkolk van gebeure beland waaroor jy geen beheer het – laat jy jou daardeur meesleur en kyk waar jy uitkom.

“Help dit ooit werklik om teen die strominge te worstel; is dit nie waarmee die hoofkarakter (Botman) ook geworstel het nie?” Danie se ma, Magda van Huyssteen, het spesiaal van Nylstroom af gekom om die verrigtinge by te woon.

“Oorlog is g’n grap nie.” Met sy verhoogstuk Maalkolk daag draaiboekskrywer Gertjan Holtzhauzen mense uit om te dink. “Maalkolk is ’n nuutskeppende woord, maar geskoei op die woord ‘maalstroom’. Oorlog is ’n maalstroom, dit sleur jou onwillekeurig mee en verdrink jou of maal jou en spoeg jou in ’n ander vorm uit.”

Oor die vinnige pas en tempo van die produksie sê hy dit is “dat die gehoor nie tyd het om daaroor te dink nie”.

“Die produksie poog om hulle mee te sleur en te maal, sodat hul denke verander. Dit daag hulle uit om te gaan dink oor wat hulle gesien het en oor die geldigheid van oorlog,” sê Gertjan.

“Dit skep selfs simpatie met ’n hensopper – wat baie mense met ’n slapelose nag gelaat het nadat hulle die produksie gesien het.”



  • leefstyl

    Verhouding en fantasie vuur drange

  • leefstyl

    Etes in ’n japtrap

  • leefstyl

    Hoekom vroue anders bedraad is

  • leefstyl

    Boere-barok

  • leefstyl

    Retro ontmoet modern

  • leefstyl

    Angstig, of maar net kind?

  • leefstyl

    Noodhulp vir jou beste vriend

  • leefstyl

    Jong vroue behoorlik bederf

  • leefstyl

    Plek van vrede, rus in babakamer

  • leefstyl

    Lekker verjaar, u koninklike hoogheid!

  • leefstyl

    Die geur van seewier

  • jip

    Dié rubriek is vir jou

  • boeke

    Gru-blik op tienerangs aangrypend

  • boeke

    Goeies góéd; slegtes verveel

  • boeke

    Bittersoet genot in dié aritmiese boek

  • boeke

    Debuut wat nog lank begogel

  • Verbruikersforum