Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    23°C / 9°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 10%

  • Saterdag

    24°C / 9°C

    Wind 18km/h

    Reënval 2.4mm

    Humiditeit 29%

  • Sondag

    25°C / 14°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Maandag

    26°C / 14°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%

  • Dinsdag

    28°C / 14°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Woensdag

    27°C / 13°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%


Kind sterf by pretpark

Lunga Biyela,Annzra Naidoo,Gabisile Ngcobo
Vrydag 31 Mei 2013

Pietermaritzburg. – Wat ’n pret-uitstappie vir laerskoolleerlinge na die jaarlikse Royal Show moes wees, het gister in ’n tragedie geëindig toe ’n vyfjarige seuntjie op een van die pretritte dood is.

Simphiwe Mbense, ’n leerling aan die Kwanoshezi Primary School, is deur een van die ander pretritkarretjies teen die kop getref toe hy regop gestaan het in die karretjie waarin hy gesit het. Hy is op die toneel dood verklaar nadat paramedici hom nie weer kon bybring nie.

Simphiwe was een van 45 leerlinge van die skool wat saam met drie onderwysers na dié skouterrein is vir die uitstappie.

Die seuntjie is deur sy pa, Sibusiso Mbense, beskryf as ’n baie lewenslustigte kind wat graag gespeel het.

Mbense sr. het van die werk af na die skouterrein gejaag toe hy tyding van die ongeluk gekry het.

Hy het gesê van wat hy gehoor het, was die ongeluk niemand se skuld nie.

“Ek was nie daar nie, ek het niks gesien nie. So, ek kan niemand blameer nie,” het hy gesê.

Simphiwe was die jongste van sy en sy vrou, Mpumelelo, se twee kinders. Sy sussie is 19.

Pias Muvah, ’n assistent by die pretpark, het die ongeluk sien gebeur.

“Die seun het opgestaan terwyl die rit gedraai het en is teen die kop getref.”

Lt. Joey Jeevan, polisiewoordvoerder, het gesê net na die ongeluk gebeur het, is die pretrit gestop en is die ER24-nooddiens ontbied.

Toe Mbense by die toneel aankom, was sy ontroosbaar. Sy het op die grond neergeslaan en geskreeu toe die polisie haar van haar seun se dood in kennis gestel het. Sy kon nie op haar eie staan nie en moes deur ’n polisieman regop gehou word.

Zabelo Basi, skoolhoof, het gehuil toe sy oor Simphiwe gepraat het, wat sy baie goed geken het en as die slimste in sy klas beskryf het.

Sy het gesê sy het gisteroggend ’n oproep van ’n onderwyser gekry dat hulle veilig by die skouterrein aangekom het. Nie lank daarna nie het sy ’n angswekkende oproep gekry dat daar ’n ongeluk was.

Sy het uit die vergadering waarmee sy besig was gestap en haar na die terrein gehaas, terwyl sy al die pad gehoop dat Simphiwe sou oorleef.

Sy het gesê hy was die eerste om vir die uitstappie te betaal en was ook gisteroggend eerste by die skool.

“Ek het dit regtig nie verwag nie. Ons is steeds stomgeslaan.

“As skool is ons daarop gefokus om te sorg dat voertuie waarmee ons die kinders vervoer padwaardig is . . . maar min het ons geweet watse krisis vir ons by die skou wag,” het Basi gesê.

Sy sal die nuus vanoggend aan die ander kinders van die skool breek, het sy gesê en belowe dat daar beraders sal wees om Simphiwe se medeleerlinge by te staan.



  • misdaad

    Wes-Kaap: Moordsyfer skok, seksmisdaad neem af

  • misdaad

    'Gewelddadige SA samelewing moet verander'

  • Misdaad: Gauteng loop deur

  • Toename in kontakmisdade kommerwekkend - Phiyega (twiets)

  • Besoek ons nuwe webtuiste

  • Nuusdag met Niekie: Skotte stem 'nee'

  • Skotland sê nee vir onafhanklikheid

  • Slaap, sê rowers aan slagoffers

  • R40m in die water gegooi

  • ‘Ek gaan oorleef in Jesus se naam’

  • June Steenkamp vertel haar storie

  • Lagos: 17 van SA steeds vermis

  • politiek

    ‘Gill het op ANC se tone getrap’

  • misdaad

    Gemartel voor moord

  • Pa, seun en werker sterf in vlam-hel

  • wereld

    Hulle voel soos oorSkot

  • ‘Soos perde wat galop’ toe gebou val

  • politiek

    Vrae oor ANC-hoës se belange

  • ‘Pawn Stars’ kry SA boetie

  • Zuma ‘moet self getuig’

  • Broers wag vergeefs op nuus oor hul ma

  • politiek

    Doen die basiese reg, sê president

  • misdaad

    Skietery van ANC-lid ‘nie oor politiek’

  • misdaad

    Parool vir Du Preez: Hof sê nee

  • misdaad

    Regter vaar uit ná SA man uitlewer, al sê hof nee

  • Shivambu sê hy trek sy vinger terug

  • misdaad

    NVG-hoë in die hof oor Mdluli

  • wetenskap

    Boeing se taxi na die ruimte gaan sitplek vir jou hê

  • misdaad

    Man in arres ná honde opgehang, geskiet is

  • Frikkie van W'kloof-4 kry wéér nie parool

  • Nigerië-tragedie: 'Dit was scary'

  • Nuusdag met Niekie: Kop-aan kop-referendum

  • Australië fnuik glo 'demonstrasiemoord'-komplot

  • Boervrou sterf aan brandwonde

  • 1 000 bye steek hom in verkeer in Pretoria

  • misdaad

    Woede op pad: ‘Hy skiet ná houe val’

  • Cyril het 30 wonings in Jhb, 2 in Kaapstad

  • wereld

    Skotte sê ‘aye’ of ‘nay’

  • Los maar die vleis

  • onderwys

    Studente ruk TUT tot stilstand

  • ‘Ek hoop Ollie glimlag’

  • misdaad

    Oscar: Dít kan appèl stuit

  • politiek

    Floyd 'trek middelvinger terug'

  • ‘Profeet, waar is my kind?’

  • Metrolid beroof, doodgeskiet

  • politiek

    SAUK se Ellen kry dit hotagter uit nóg 'n oord

  • misdaad

    Tandarts skuldig aan seksdade met seun

  • Padwoede: Seun 'dink nog elke dag aan man se dood'

  • Lagos: Media verbied, volgelinge mag nie praat

  • Polisie verjaag oproeriges by TUT met rubberkoeëls

  • Waterprobleme in Jhb nie vir almal verby

  • politiek

    Beraad moet munisipaliteite reg ruk

  • Bakkie-rit red sy lewe toe bye takel

  • Lagos: SA slaggereed om te gaan help

  • TUT-klasse steeds ontwrig

  • wereld

    Nigerië: 'SA dodetal kan aangepas word'

  • Nuusdag met Niekie: In diepte-gesprek oor Lagos-tragedie

  • Baie van SA stroom na Nigerië vir religieuse supersterre

  • politiek

    Opposisie storm uit

  • misdaad

    Padwoede: Pa sterf by sy gesin

  • politiek

    LP’s vra vir skorsing van SAUK-vrou tot ná ondersoek

  • misdaad

    2 verkrag haar by vriend

  • misdaad

    23 betogers in arres weens skade aan plantasies

  • wereld

    VSA stuur militêre hulp teen krisis in Wes-Afrika

  • omgewing

    6 vermeende renosterstropers in arres

  • Replika van Madiba se tronksel nou te sien

  • ondersoeke

    Plaasaanvalle: MRK wil van werkers hoor

  • misdaad

    Regter looi die polisie en advokate

  • ondersoeke

    Drukgroep dalk hof toe oor kritiek op OB

  • Talle verwelkom uitstel van kinderreisregulasies

  • Mbeki se biblioteek help om Afrika-leiers te verstaan

  • onderwys

    MP3-speler help jong kinders leer in klaskamer

  • ondersoeke

    Zuma se derde vrou kap SAUK

  • Tekort aan water kan ontwikkelplan kelder

  • wetenskap

    Parabot bal vuis teen stropers

  • SA onderwyser se vrou, twee seuns vrees ergste

  • misdaad

    Malema se regsman help boesemvriend ná skietery

  • misdaad

    Besteel deur ‘groen man’

  • misdaad

    Mpofu kry SC-status ná hy glo hulp vra

  • Talle bekendes van SA, Afrika na profeet Joshua

  • wereld

    Skotland: Dis jonk teen oud

  • Boer sterf by brand

  • misdaad

    Man ry met koeël in neus na hospitaal

  • wetenskap

    Veearts verwyder gewas uit goudvis se kop

  • 40 van nooddiens gepos ná onwettige staking

  • Beurtkrag: Eskom sê gou ’n week vooraf

  • misdaad

    Kapers tap 35 000 liter brandstof uit tenkwa

  • SA in rou

  • Genade hou dit regop

  • omgewing

    Osoonlaag herstel goed

  • Dorpie se enigste bank gaan sluit

  • Gesin moet student groet ná kêrel na sy dood spring

  • Akteur 'n dogtertjie ryker

  • Tienerboeties op pad huis toe ná skool beroof

  • politiek

    SAUK-baas moet ‘kwalifikasies’ verduidelik

  • Mmusi moet EFF se kollig steel

  • Vergadering oor EFF-LP's gekanselleer

  • Soos Romeo en Juliet