Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    23°C / 11°C

    Wind 23km/h

    Reënval 0.4mm

    Humiditeit 36%

  • Donderdag

    21°C / 9°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%

  • Vrydag

    22°C / 10°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%

  • Saterdag

    23°C / 13°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Sondag

    23°C / 8°C

    Wind 18km/h

    Reënval 1.7mm

    Humiditeit 31%

  • Maandag

    22°C / 9°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%


Drakies sing vir maat in hospitaal ná padongeluk

Pauli van Wyk
Vrydag 14 Junie 2013

Leerlinge van die Drakensbergse Seunskoor het gister plek-plek aan ’n knop in die keel gesluk toe hulle vir ’n maat in die hospitaal gesing het.

Dean Cronjé (12), ’n sopraan in die koor, het ’n botsing op 30 April oorleef toe die skool se toerbus net buite Villiers in die Vrystaat in sy ouers se motor vasgery het.

In net meer as ses weke het Dean genoeg herstel dat hy gister lustig kon saamsing en dans.

“Shosholoza”, Dean se gunsteling, was onder die nege liedere wat die koor van 66 seuns in die Netcare-rehabilitasiehospitaal in Johannesburg se voorportaal gesing het. Tientalle rehabilitasiepasiënte is in rolstoele na die portaal gebring en toe die koor “God seën jou, vriend Dean” gesing en Dean voor hulle gaan staan het, was daar min droë oë.

“Ek het op die pad vir my ma gesê ek wil slaap, en toe ek wakker word, lê ek in die hospitaal,” het Dean gister gesê.

Hy het plat agterin die motor gelê en sy ma, Lilly, glo as dit nie daarvoor was nie, sou hy in die ongeluk omgekom het.

Sy kakebeen is gebreek, sy longe het platgeval, sy lewer, pankreas en niere het seergekry en hy het ’n breinbesering opgedoen. Hy’t ’n letsel in die vorm van ’n hartjie op sy agterkop.

Hy is destyds in die waakeenheid van die Unie-hospitaal in Alberton behandel waarna hy na die rehabilitasiehospitaal oorgeplaas is.

“Ek kon nie lekker verstaan wat hulle sê nie en moes van die Afrikaanse en Engelse woorde van voor af leer. Eers daarna het ek besef hulle sê ek moet rehabilitasie kry.

“Gister (eergister) wou ek nie saamsing nie, ek was so bang ek het alles vergeet. Maar vandag (gister) het al die woorde net teruggekom!”

Na verwagting sal hy heeltemal herstel.



  • Julius: ‘Breek e-tol-poorte’

  • Skietdrama ná roof

  • Nkandla-voorvegters

  • Nog geen besluit oor Mdluli se lot

  • Studiegeld vir veterane se kinders glo na hoës

  • ‘Fast & Furious’ op die skou

  • Moolman haal gemaklik self asem en reageer goed

  • Hof hoor oom Thys se vingers is stout

  • Juju ‘kan nie in shack bly, armes inspireer’

  • Vrou skiet ‘inbreker’: Aanklag teruggetrek

  • Troepie dalk na monument verskuif

  • Blog: Op die verkiesingspoor

  • Wêreld-Beeld

  • Polisie moet opdok

  • Omstrede politici terug ná verkiesing

  • Grap oor rolstoel, bom amuseer nie

  • Inwoners hoor, sien leeus op hoewes

  • Party wil wys hy’t nie pyn oor Afrikaners

  • ‘Ons sal nie vergeet jul het Madiba 27 jaar lank opgesluit’

  • Noordwes-premier deel kos, rolstoele by kerk uit

  • ‘Hier kan ons nie kla oor diens’

  • Afknouery: Ma in pekel oor Facebook-aanval

  • Man voor ná ouma doodgekap is

  • Bylaanval: Polisie op soek na hóm

  • Pretoria-vrou met messe in haar huis gesteek

  • Man in hof weens kruisboog-dood

  • Limpopo-skoolboeke teen dán als afgelewer

  • Marikana: Ingrypings vooraf misluk – offisier

  • Onderwys, grond hoog op agenda

  • Adam kry modelhulp

  • Musiek nou Prince s’n

  • Steve Jobs: Nog ’n fliek

  • Seksdade: Bekendes aangekla

  • Krejcir, nóg 3 van moord aangekla

  • Reservaatbaas knoei glo

  • 80 horings gesteel

  • Baba sterf ná skoot uit pa se pistool

  • Boston-marathon bring tere oomblikke

  • Rower dood in oor-en-weer-skietery met polisie

  • 80 renosterhorings - meer as 300 kg - uit kluise gesteel

  • SAUK wil ook nie EFF-reklame uitsaai, sê Malema

  • ANC-swaargewigte gekies vir Nkandla-komitee

  • Komitee vra meer tyd vir Nkandla

  • Koninklikes kry romantiese wegbreek

  • Nog 'n terugslag vir Mdluli

  • Johannesburg is Afrika se 'Twitter-hoofstad'

  • Vrou drie keer met mes gesteek

  • 2 wat glo meer as 200 km/h jaag agter tralies

  • Swaar verkeer ná langnaweek

  • Reuse-horingdiefstal; binnemense dalk betrokke