Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    17°C / 7°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 37%

  • Woensdag

    17°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 35%

  • Donderdag

    18°C / 9°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Vrydag

    19°C / 9°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Saterdag

    19°C / 9°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%

  • Sondag

    19°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%


Kaartjies, blomme, kerse vir Madiba

Vrydag 14 Junie 2013

PRETORIA. – Verskeie boodskappe van beterskap, asook  bosse blomme en brandende kerse is Vrydag by die hoof-ingang van die plaaslike hospitaal waar Nelson Mandela reeds die afgelope sewe dae behandel word, gelaat.

Kleurvolle kaartjies en plakkate waarop boodskappe aan die voormalige staatshoof geskryf is, kan teen die muur langs die ingang na die Medi Clinic-harthospitaal gesien word. Die boodskappe wens deur die bank Madiba sterkte toe en hoop op ‘n spoedige herstel word in almal uitgespreek.

“Jy is ‘n vegter, ek weet jy sal dit maak,” het Mpho Hanson geskryf.

“Ons het jou nodig, Tata Madiba. Word gou gesond,” was Emedi Morule se boodskap.

‘n Blou ballon met die woorde “Spoedige beterskap, jou legende” is ook teen die muur vasgeplak.

Ons het jou nodig, Tata Madiba. Word gou gesond.

Verskeie bosse blomme en getekende harte is by die hek te sien en tekens van kerse wat gesmelt het tydens die nagwaak wat daar vir die politieke ikoon gehou is, was Vrydag nog sigbaar .

Mandela is verlede Saterdag in die vroeë oggendure gehospitaliseer na hy weer ‘n longinfeksie ontwikkel het. Die jongste nuus uit die kantoor van die presidensie is dat die geliefde staatsman in ‘n “ernstige maar stabiele toestand” verkeer.

Pres. Jacob Zuma, vergesel deur die ANC se tesourier-generaal, Zweli Mkhize, het die hospitaal gister besoek.

“Madiba se gesondheid verbeter, maar sy toestand is steeds ernstig,” het hy agterna in ‘n verklaring gesê. “Ons volhard met ons beroep op almal - plaaslik en oorsee – om vir hom te bid en te bly hoop dat hy spoedig sal herstel.”

Sekerheid by die Medi Clinic-harthospitaal was Vrydag steeds uiters streng en verskeie polisiebeamptes het motors by die twee ingange deursoek.

‘n Brigade plaaslike en internasionale verslaggewers en uitsaaiers het sedert verlede Saterdag buite die hospitaal stelling ingeneem, wagtend op enige nuus.

Nuuskierige verbygangers stop elke nou en dan om die boodskappe aan Madiba te lees en ‘n foto van muur waar dit vertoon word, te neem. - Sapa



  • Porsche-video: Man gee hom oor aan polisie

  • EFF herinner aan Nazi's - Mantashe

  • Honde een na die ander in Krugersdorp vergiftig

  • Departement koop R230 000 se blomme in vyf jaar

  • Zuma-wagte wou getuies glo omkoop ná skietery

  • DA soek nuwe Nkandla-komitee

  • Taljaard-saak: Beskuldigde 'hardloop weg vir sondes'

  • De Koker-saak uitgestel want hy 'voel sleg'

  • Student glo gedreig wat nie by Medunsa wil staak

  • Boewe laat Bloemfontein sidder

  • Ebola-risiko vir Suid-Afrikaners 'minimaal'

  • Ebola - wat jy moet weet

  • Myners nie ontruim ná ebola-geval - vroue, kinders wel na SA

  • LUR vra meer as R31 miljard vir gesondheidsdepartement

  • Húlle het met langste stelskoppe geslaag

  • Seun klits bal 80 m ver oor die pale

  • Man in Porsche skop, slaan ander motor; dam bestuurder by

  • 2 vas wat met vrou se lyk in motor ry

  • Reitz-boer dood 18 dae ná aanval

  • Krieketmal Indiërs wil siek Pollock help

  • ‘Hamas se HK nog nie verwoes’

  • Minstens 1 129 al in Oekraïne dood

  • BBC op vingers getik oor Clarkson-aanmerking

  • Man sterf voor kroeg langs kerk

  • Piesangs hou 4-jarige kind aan die lewe

  • Thandi-plaas: DBV geboelie

  • SA skitter en is terug bo-aan lys

  • Judo-span bring hul vier medaljes huis toe

  • DBV in Pretoria op laaste bene

  • Zuma-hulle na Obama

  • Restauranteienaar sterf ná mesaanval

  • 2 vroue in hof oor ‘toerbedrog’

  • Meisie vermoor vir dwelmgeld

  • Hy slaan met kierie ná ‘dwelms, seksvoorstel’

  • Skool-slanery: Meisies dalk vry ná verskoning

  • De Koker: ‘Dan hét ek dit gedoen’

  • Skoliere ‘wíl hul gedra’

  • Stakende studente vat Medunsa oor

  • Bedrog bekyk ná verklikker gepos is

  • Hlongwa leer vlieg danksy verskaffer

  • ANC-LP’s moet op tonge byt

  • Kommer bestaan lankal oor gesondheid se geldsake

  • Limpopo bly onder toesig van regering

  • Groep bestorm ANC se Pta-kantoor

  • Skool ly skade weens brand

  • Rioolafval loop dag en nag in Vaal

  • 2 van DBV op Modise-plaas hoor: ‘Wees bang vir my!’

  • ‘Treintoer-skelm’ se vrou in hof

  • Verslaafde 'het humeur verloor'

  • Dít pla reisigers op SA lughawens

  • Saak gaan voort met of sonder regshulp

  • Wreed vermoor vir haar selfoon, hoor hof

  • Administrasie van 5 departemente in Limpopo deels opgehef

  • Bedrieër adverteer huis uit tronk

  • Dominee in pajamas vang drie boewe

  • Motorfietryer jaag glo vir polisie weg, bots teen motor

  • Pa sterf, 9-jarige kind beseer toe vliegtuig hul tref

  • ‘Leer die EFF-beleid uit jul kop’

  • Oprah se tydskrif in SA sluit

  • Honderde Ferrari's op Kyalami

  • Reguit of dwars – sy’s mal oor jaag

  • NG Kerk weer lid van die WRK

  • Polisie soek na ontvoerde vrou van Jhb

  • Ses sterf in botsing in KZN

  • Wil jy grond koop? Sê ras!

  • Oud-Bul oorval en beroof

  • MRK verwerp Steve en Sunette se klagte

  • Vrou gee Bybel vir aanvaller in hof

  • Goue dag vir SA op Spele

  • ‘Welgedaan, Chaddie,’ sê oorweldigde ma

  • Man in geveg dood

  • Vergifnis bepleit by Taegrin se diens

  • Afrikaans hier welkom

  • Gauteng-gesondheid bestee R5 mjd. in 3 j. aan konsultante

  • Ma besweer smart met Afrika-ritueel

  • Bekroonde boek ‘herwin my moedertaal’

  • 100 j. gelede: WO I

  • SA bloed in Franse en Vlaamse modder

  • Help kinders en wen motor, naweek of wegbreek

  • 1 stroper gedood, 1 in arres

  • Limpopo beheer weer sy eie sake

  • Midde-Ooste: Dít is nodig – Zille

  • ‘Ons gaan voort met operasies’

  • Gevegte kortwiek besoek aan toneel van MH17-ramp

  • Honde stap Sondag saam

  • Herstel aan hof sloer al byna 4 j.

  • DA: Meer geld vir partye ‘nie reg’

  • Nkandla-komitee sal weer aangestel word – ANC

  • SA in 2016 gasheer vir vigskonferensie

  • Ebola-virus eis ook Liberiese dokter

  • Verwerptes kry tuiste

  • Nuwe pensioenewet laat talle uit staat bedank