Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    24°C / 13°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%

  • Dinsdag

    25°C / 15°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%

  • Woensdag

    25°C / 14°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 17%

  • Donderdag

    27°C / 15°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Vrydag

    30°C / 17°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Saterdag

    29°C / 16°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.5mm

    Humiditeit 22%


Moot se emoe ‘gearresteer’

Sy hou baadjie soos ’nstiervegter

Piet Matipa
Vrydag 14 Junie 2013

Dié “geveerde verdagte” met ’n lang nek is een van die beste “arrestasies” wat sy tot dusver uitgevoer het.

Die vere het egter gewaai toe konst. Vinette Volschenk vir Mew, ’n emoewyfie wat uit haar erf in die Pretoriase Moot ontsnap het, probeer vang het.

Volschenk, van die Brooklyn-polisiekantoor, het uitgevind Mew het baie skop in haar – letterlik. Mew het gou uitgevind Volschenk voel nie ’n veer nie.

Dié emoe, wat in 12de Laan, Gezina, woon, het Donderdag in die vroeë oggendure weggeloop nadat iemand die hek glo oopgelos het. Nicky Pool was in ’n toestand toe sy agterkom haar “kind” is weg.

’n Pootuit Volschenk was dieselfde oggend omstreeks 05:00 op pad huis toe ná haar nagskof toe sy die emoe in 14de Laan sien.

Sy het probeer om die verbouereerde dier van die besige Hertzogstraat weg te kry.

“Kan ek asseblief back up kry? Ek jaag ’n volstruis,” het sy uitasem oor die polisieradio gesê.

“Hulle het gedink ek grap.”

Konsts. R.R. Rakolote en W. Mangwani van die Moot-polisiekantoor is darem soontoe gestuur. Die twee het agter die emoe aangehardloop.

“Ek kon my lag nie hou nie.”

Ná ’n gesukkel het hulle Mew in ’n oprit vasgekeer.

“Ek het my polisiebaadjie gehou soos ’n bullfighter,” het Volschenk gesê.

Die emoe het haar ’n paar keer geskop. Sy kon Mew se pote met haar serp vasbind.

“Ons het besluit om haar na my ouers se huis toe te vat.”

Die emoe het in die motor op Volschenk se skoot gesit.

“Ons het nie geweet aan wie behoort die emoe nie. Niks.”

Danksy die berig oor Mew in Beeld het sy die eienaar opgespoor.

’n Dankbare Pool, wat tans ’n familiekrisis het, het gevra of sy Mew Maandag kan kom haal. Sy het wel gister gou gaan inloer.

“Dit is die beste arrestasie wat ek tot dusver gemaak het,” het Volschenk laggend gesê.



  • Been afgesit om lewe te red

  • Kerkramp: Vlug met SA oorlewendes vertraag

  • Gru-botsing eis sanger se seun

  • misdaad

    G’n hulp, ‘want dis net nog ’n boer se dogter’

  • Pastoor uit diens gepluk, beboet

  • politiek

    Zuma ‘werk nie saam’

  • politiek

    ‘ANC-voorstel bedreig demokrasie’

  • ondersoeke

    SA, Nigerië betrek by geld vir wapens

  • omgewing

    Vrou praat oor groot vrede na man, seun se branddood

  • Ma eis van winkel ná baba uit trollie val

  • ondersoeke

    Polisiehoof ‘wou hoë lid uitwerk’

  • Dwelms: Misdade tot 400% erger

  • misdaad

    Bedrog: 2 van Polokwane in arres

  • Pta-man op seiljag in Stille Oseaan beseer

  • omgewing

    Brande eis sesde slagoffer

  • wereld

    Joshua probeer glo joernaliste omkoop

  • Kaalvoet oefen beste vir netbalspelers

  • onderwys

    Eindeksamen op ys oor pad

  • Reënboog-advertensie blink uit by Loeries

  • Help met Beeld-Kinderfonds

  • politiek

    Ramaphosa ‘gaan help’ weer Lesotho

  • Cosatu kap Agri SA oor hy minimum plaas-loon nie steun

  • SA wesies kom uit Lagos aan

  • 2de laagste, maar moordsyfer styg

  • politiek

    Dié week in die politiek

  • TUT gesluit weens oproer en skade

  • wereld

    Dalai Lama loof China se leier

  • misdaad

    Staat moet opdok vir 3 wat poligraaftoets ‘dop’

  • wereld

    Talle vlug wyl stryd voortwoed

  • omgewing

    Botaniese tuin kry hemellafenis

  • wereld

    Vlug MH17: Oekraïne aangekla

  • R11 miljoen, al sit sy nie voete in SA

  • ‘Ons bid hulle is nou saam’

  • SAUK het ‘geluister’ en skuif nuus terug na SABC2

  • Skotte kry wel meer mag

  • Die ánder Nobelpryse

  • Marcus kritiseer regering só

  • 'Demone wil Joshua vernietig'

  • Aborsieklinieke gesluit

  • Tien in arres vir stropery

  • ​2 van SA hoor, sien glo sabotasie-vliegtuig

  • ‘Help ons,’ vra Riah

  • Nicki Minaj ten volle betaal vir gekanselleerde SA fees

  • misdaad

    Misdaadsyfers: Hoe veilig is my provinsie?

  • #MisdaadSA: Hoe lyk die tendense?

  • misdaad

    Wes-Kaap: Moordsyfer skok, seksmisdaad neem af

  • misdaad

    'Gewelddadige SA samelewing moet verander'

  • Misdaad: Gauteng loop deur

  • Toename in kontakmisdade kommerwekkend - Phiyega

  • Slaap, sê rowers aan slagoffers

  • Nuusdag met Niekie: Skotte stem 'nee'

  • Skotland sê nee vir onafhanklikheid