Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    26°C / 13°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%

  • Dinsdag

    25°C / 14°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Woensdag

    25°C / 14°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 17%

  • Donderdag

    27°C / 15°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Vrydag

    30°C / 17°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Saterdag

    30°C / 16°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.8mm

    Humiditeit 17%


Mandela: Land hou asem op

Familietwis na hof

Winnie paai ná aanval op media

Verslagspan
Saterdag 29 Junie 2013

Die Mandela-familietwis en -magspel het gister in die hooggeregshof gedraai terwyl die 94-jarige oudstaatshoof steeds aan masjiene gekoppel lê in die Harthospitaal in Pretoria.

Ace Magashule, Vrystaatse premier, het gister ná ’n besoek aan die hospitaal aangevoer Madiba se gesondheidstoestand verbeter steeds.

“Die familie is tevrede dat sy toestand verbeter en het gevra dat ek die boodskap aan die land oordra,” het Magashule gesê.

Geen amptelike verklaring oor Madiba se gesondheidstoestand is gister deur die regering uitgereik nie, maar in sy familie is alles bepaald nie pluis nie.

Verskeie lede van die Mandela-familie, onder leiding van Madiba se oudste dogter, Makaziwe Mandela, het gisteroggend in die Transkeise hooggeregshof in Mthatha suksesvol aansoek gedoen om ’n dringende bevel teen Mandla Mandela, Madiba se kleinseun en hoofman van Mvezo.

Regter Lusindiso Pakade het die saak in kamers aangehoor, maar teen gisteraand is die hofbevel steeds van die media weerhou.

Na verneem word, hou die uitspraak verband met die familie se pogings om die Mandela-beendere wat in Mvezo begrawe is, na Qunu te laat verskuif, maar die besonderhede is onduidelik.

Dit vorm blykbaar deel van die wordende twis tussen Makaziwe en Mandla oor wie die pas in die familie sal aangee.

Freddy Pilusa, woordvoerder van Mandla Mandela, het gisteraand gesê Mandla het geen hofstukke ontvang nie en gaan in elk geval die beendere na Qunu verskuif, die hofgebeure is dus vir hom ook onduidelik.

In ’n klaarblyklike poging om Makiziwe se woeste aanval eergister teen die media te temper, het Madiba se eksvrou, Winnie Madikizela-Mandela, gister in Soweto die media toegespreek.

“Ek wou net sê hoe dankbaar ons teenoor die media is. Julle het ’n belangrike rol om te speel, hoewel julle soms oorboord gaan,” het sy gesê.

“As ons soms ’n bietjie bitter is, is dit omdat ons moeilike omstandighede moet hanteer.”

Sy het omtrent vyf minute met die media gepraat, waarna haar hanteerders haar weggeneem het.

Elders in die land het Suid-Afrikaners van alle agtergronde gestroom na gebedsgeleenthede en na die Harthospitaal.

Die ANC het by monde van Jackson Mthembu, die party se nasionale woordvoerder, benadruk dat alle Suid-Afrikaners welkom moet wees by gebedsgeleenthede waar Madiba gehuldig en bedank word, en waar vir sy gesondheid gebid word.

Hy het gereageer op die herrie nadat Kgosientso Ramokgopa, Tshwane-burgemeester, gevra het die DA en die VF+ moet liefs wegbly van ’n gebedsgeleentheid in Pretoria.

“Madiba is die ANC en dit moet nooit ontken word nie. Hoewel hy nooit president sou wees sonder die ANC nie, was hy ook almal se president en kan enigeen vir hom bid.

“Dis in elk geval nie asof ’n mens ’n uitnodiging benodig om ’n gebedsgeleentheid by te woon nie. Jy gaan omdat jy wil, of jy bly weg. Niemand sal weggewys word nie,” het Mthembu gesê.

Verslagspan: Jan-Jan Joubert, Adriaan Basson, Lubabalo Ngcukana, Selloane Khalane, Jody Nel, Leané Meiring, Pieter Steyn, Sarel van der Walt en Fanie van Rooyen



  • ‘Brand my, skiet my, kry my net uit!’

  • wereld

    Lagos: ‘Familie wag beangs’

  • SA kry 8 kernreaktors

  • misdaad

    ‘Dit was erger as dié fliek’

  • wereld

    Volgende stap: Bring oorskot terug

  • wereld

    Vrou wou by Joshua hoor oor haar seun

  • misdaad

    Davison help arts van SA sterf

  • misdaad

    Skok-inligting oor SA se kindermoorde

  • omgewing

    Klag dalk teen boer ná brande

  • UV bring laaste eer aan drie Kovsies

  • misdaad

    Polisie laat 736 in jaar sterf

  • misdaad

    Polisielede ‘skiet as laaste uitweg’ op taxi

  • omgewing

    Stropery: ‘Sindikate buit arm gemeenskappe uit’

  • ‘As Riah jou uit pos wil hê . . .’

  • Hy hinkepink solo op seiljag

  • Kankerlyertjie trek ‘rower’ vas

  • Studente vies oor UP pons-partytjie verbied

  • wereld

    130 000 vlug binne 4 dae van Sirië na Turkye, sê hoë

  • misdaad

    Tien in hof op 318 renoster-aanklagte

  • Skoolhoof bekyk oor smokkel van goud

  • misdaad

    Eienaar in sy winkel doodgeskiet

  • politiek

    Bande: Dis nie volledig, sê DA

  • wereld

    70 lyke in veldtog teen Ebola gekry

  • wereld

    Aktiviste in VSA stuit Museveni

  • Tshwane-fees ‘nié die naweek gehou’

  • politiek

    ‘Straf LP’s wat hul wangedra swaarder’

  • omgewing

    Mens, dier gebruik water vol bloed en rioolafval

  • SA egpaar vra asiel oor skiet-lied

  • omgewing

    Vrou, baba níé dood in brande

  • SA oorlewendes van kerkramp terug op eie bodem

  • Kerkramp: 3 beseerdes se bene geamputeer

  • Meer as duisend kinders jaarliks vermoor

  • misdaad

    Prokureur, lid van Valke vas vir 'renosterstropery'

  • 'Oscar-polisieman het geskiet om roekelose taxibestuurder te stuit'

  • ANC vra vir orde sodat hoës vrae kan antwoord

  • misdaad

    Loretta Cook 'het moord beplan'

  • omgewing

    Wilskrag, nié horing

  • misdaad

    Een van plaasbestuurder se 'moordenaars' was uit op borg

  • Lingerie: So baie oë, so min klere

  • Asiel-aansoek: Wit SA egpaar bevrees ná Zuma se 'Skiet die Boer'

  • Boer se lyk steeds nie tuis

  • Kerkramp-oorlewendes land in SA

  • misdaad

    Bloulig-drie in hof

  • Been afgesit om lewe te red

  • Nuusdag met Niekie: Suid-Afrikaners het rede om onveilig te voel

  • Gru-botsing eis sanger se seun

  • misdaad

    G’n hulp, ‘want dis net nog ’n boer se dogter’

  • Wêreldrenosterdag: 3 van SANParke vas oor stroping

  • Ma eis van winkel ná baba uit trollie val

  • Pastoor uit diens gepluk, beboet

  • politiek

    Zuma ‘werk nie saam’

  • politiek

    ‘ANC-voorstel bedreig demokrasie’

  • ondersoeke

    SA, Nigerië betrek by geld vir wapens

  • omgewing

    Vrou praat oor groot vrede na man, seun se branddood

  • ondersoeke

    Polisiehoof ‘wou hoë lid uitwerk’

  • Dwelms: Misdade tot 400% erger

  • misdaad

    Bedrog: 2 van Polokwane in arres

  • Pta-man op seiljag in Stille Oseaan beseer

  • omgewing

    Brande eis sesde slagoffer

  • wereld

    Joshua probeer glo joernaliste omkoop

  • Kaalvoet oefen beste vir netbalspelers

  • onderwys

    Eindeksamen op ys oor pad

  • Reënboog-advertensie blink uit by Loeries

  • Help met Beeld-Kinderfonds

  • politiek

    Ramaphosa ‘gaan help’ weer Lesotho

  • Cosatu kap Agri SA oor hy minimum plaas-loon nie steun

  • SA wesies kom uit Lagos aan

  • 2de laagste, maar moordsyfer styg

  • politiek

    Dié week in die politiek

  • TUT gesluit weens oproer en skade

  • wereld

    Dalai Lama loof China se leier

  • misdaad

    Staat moet opdok vir 3 wat poligraaftoets ‘dop’

  • wereld

    Talle vlug wyl stryd voortwoed

  • omgewing

    Botaniese tuin kry hemellafenis

  • wereld

    Vlug MH17: Oekraïne aangekla

  • ‘Help ons,’ vra Riah