Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    24°C / 10°C

    Wind 26km/h

    Reënval 0.1mm

    Humiditeit 38%

  • Donderdag

    19°C / 6°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%

  • Vrydag

    20°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    22°C / 12°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 29%

  • Sondag

    22°C / 6°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Maandag

    19°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 49%


Obama sien held dalk wel

Hy sluit Madiba-besoek nie uit nie

Sarel van der Walt,Jan-Jan Joubert
Saterdag 29 Junie 2013
Barack Obama en sy dogter Malia kom gisteraand op die Waterkloof-lugmagbasis aan.Foto: Chip Somodevilla, Getty

Agt jaar nadat ’n junior senator pres. Nelson Mandela se hand die eerste keer geskud het, het dié senator, nou pres. Barack Obama, gisteraand in ’n land aangekom waar Madiba om sy lewe veg.

Obama se vrou, Michelle, en hul dogters, Sasha (12) en Malia (14), was ook aan boord van Air Force One wat op die Waterkloof-lugmagbasis by Pretoria geland het.

Pres. Jacob Zuma was nie daar nie. Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Obama verwelkom.

Die twee staatshoofde vergader vanoggend en beantwoord daarna gesamentlik mediavrae.

Dan sal Obama studente by die Universiteit van Johannesburg toespreek voordat hy dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, voorsitter van die Afrika-Unie, vir samesprekings ontmoet en vanaand ’n staatsbanket in Pretoria bywoon.

Môreoggend vlieg hy na Kaapstad vir besoeke aan Robbeneiland en ’n gemeenskapsprojek by Houtbaai voordat hy ’n beleidstoespraak by die Universiteit van Kaapstad lewer en Maandagoggend na Tanzanië vertrek.

In politieke kringe word uitgewys albei staatshoofde is tans in hul onderskeie lande polities onder druk en kan baat vind by ’n suksesvolle besoek.

Die voortgesette aanhoudings in die Amerikaanse basis Guantánamo Bay in Kuba en die onopgeloste stryd in Afganistan ry Obama bloots, terwyl die Nkandla-skandaal, die gevolge van die Marikana-menseslagting en groeiende wanbestuur en korrupsie onder meer Zuma se beeld benadeel het.

Obama, op sy eerste besoek as president aan die land, het voor sy vertrek gister uit Senegal gesê ’n besoek aan Mandela is nie uitgesluit nie, berig CNN.

Obama het gesê só ’n besoek is in die hande van die 94-jarige Mandela se familie.

“Ons sal sien wat die situasie is wanneer ons (in Suid-Afrika) land.

“Ek het nie ’n foto-geleentheid nodig nie en die laaste ding wat ek wil doen, is om op enige wyse opdringerig te wees in ’n tyd wanneer die familie bekommerd is oor Nelson Mandela se toestand.”

Obama het dié week weer gesê Mandela is sy grootste held.

Air Force One het omstreeks 20:10 gisteraand onder uiters streng veiligheidsmaatreëls op Waterkloof neergestryk.

Hoewel betrekkinge tussen Suid-Afrika en die VSA nie meer so heg is as in die verlede nie, het Zuma vandeesweek gesê hy sien baie uit na Obama se besoek. Dit is boonop ’n belangrike besoek omdat die VSA een van Suid-Afrika se vernaamste handelsvennote is.

Suid-Afrika het verlede jaar ’n positiewe handelsbalans van $1,1 miljard met die VSA gehandhaaf. Ons het $7,6 miljard se goedere vanaf die VSA ingevoer en $8,7 miljard se goedere na die VSA uitgevoer.

Die Withuis het vroeër reeds gesê Obama hoop om met sy besoek aan Afrika onder meer beleggingsgeleenthede vir Amerikaanse maatskappy te bevorder.

Die ANC het gister in ’n verklaring gesê Suid-Afrika en die VSA het “robuuste en groeiende handelsverhoudinge”. Die party het Obama ook bedank vir sy “mooi woorde” oor Mandela vandeesweek.

Obama het Patrick Gaspard wat in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) gebore is, eergister benoem as die nuwe Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika.

Hy is tans uitvoerende direkteur van die Demokratiese Party se nasionale komitee.



  • Ondersoekers krap kop oor gasteplaas-moord

  • Afknouery: Ma in pekel oor Facebook-aanval

  • Party wil wys hy’t nie pyn oor Afrikaners

  • Bylaanval: Polisie op soek na hóm

  • Vrou skiet ‘inbreker’: Aanklag teruggetrek

  • ‘Boere deel die EFF se waardes,’ sê Kim

  • Skietdrama ná roof

  • In vangwa geboender oor sy oor krag toi-toi

  • Julius: ‘Breek e-tol-poorte’

  • Prins William en Kate besoek rowwe buurt

  • Koop plakkies en red sjimpansees

  • Nkandla-voorvegters

  • Nog geen besluit oor Mdluli se lot

  • Studiegeld vir veterane se kinders glo na hoës

  • ‘Fast & Furious’ op die skou

  • Moolman haal gemaklik self asem en reageer goed

  • Hof hoor oom Thys se vingers is stout

  • Juju ‘kan nie in shack bly, armes inspireer’

  • Troepie dalk na monument verskuif

  • Blog: Op die verkiesingspoor

  • Wêreld-Beeld

  • Polisie moet opdok

  • Omstrede politici terug ná verkiesing

  • Grap oor rolstoel, bom amuseer nie

  • Inwoners hoor, sien leeus op hoewes

  • ‘Ons sal nie vergeet jul het Madiba 27 jaar lank opgesluit’

  • Noordwes-premier deel kos, rolstoele by kerk uit

  • ‘Hier kan ons nie kla oor diens’

  • Man voor ná ouma doodgekap is

  • Pretoria-vrou met messe in haar huis gesteek

  • Man in hof weens kruisboog-dood

  • Limpopo-skoolboeke teen dán als afgelewer

  • Marikana: Ingrypings vooraf misluk – offisier

  • Onderwys, grond hoog op agenda

  • Adam kry modelhulp

  • Musiek nou Prince s’n

  • Steve Jobs: Nog ’n fliek

  • Seksdade: Bekendes aangekla

  • Krejcir, nóg 3 van moord aangekla

  • Reservaatbaas knoei glo

  • 80 horings gesteel

  • Baba sterf ná skoot uit pa se pistool

  • Boston-marathon bring tere oomblikke

  • Rower dood in oor-en-weer-skietery met polisie

  • 80 renosterhorings - meer as 300 kg - uit kluise gesteel

  • SAUK wil ook nie EFF-reklame uitsaai, sê Malema

  • ANC-swaargewigte gekies vir Nkandla-komitee

  • Komitee vra meer tyd vir Nkandla

  • Koninklikes kry romantiese wegbreek

  • Nog 'n terugslag vir Mdluli

  • Johannesburg is Afrika se 'Twitter-hoofstad'

  • Vrou drie keer met mes gesteek

  • 2 wat glo meer as 200 km/h jaag agter tralies

  • Swaar verkeer ná langnaweek

  • Reuse-horingdiefstal; binnemense dalk betrokke