Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    21°C / 8°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Woensdag

    22°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Donderdag

    22°C / 9°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Vrydag

    23°C / 9°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Saterdag

    24°C / 12°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Sondag

    27°C / 12°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 11%


Jagter in die kop geskiet

Sy dogters nog ongebore

Marietie Louw-Carstens
Saterdag 20 Julie 2013
JP Kleingeld (24)

Polokwane. – ’n Jong man wat oor twee maande pa word van tweelingmeisies is in ’n koma nadat hy in die kop geskiet is tydens ’n fratsongeluk op ’n jagplaas in Limpopo.

Juan-Pierre (JP) Kleingeld (24) is in die Mediclinic Limpopo se waakeenheid aan lewensondersteunende masjiene gekoppel.

Hy is verlede Vrydagoggend per ongeluk deur ’n vriend met ’n .308-jaggeweer raak geskiet.

Die skietery het in ’n bakkie tydens ’n jagtog op ’n plaas in Alldays gebeur.

Sy ma, Phyllis Kleingeld, het gister gesê: “Dit was ’n groot fratsongeluk. Sy vriende is verpletter.”

Sy en haar man, Aldré, woon in Botswana en het inderhaas na Polokwane gekom om by hul seun te wees.

JP, wat by die Venetia-diamantmyn buite Musina werk, het verlede Vrydag saam met vriende op ’n wildplaas naby Alldays gaan jag. Hy het die bakkie bestuur en sy vriende het agterop gestaan.

’n Skoot het uit een van die mans se .308-jaggeweer afgegaan. JP is in die kop getref.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek nog wat presies gebeur het en waarom die skoot afgegaan het.

Phyllis het gesê haar seun se passie is jag. Hy en sy vrou, Anika, is onlangs getroud.

Hulle het al op name vir hul dogtertjies besluit: Amber en Micayla.

Anika is erg geskok en het vandeesweek op haar Facebook-blad geskryf sy bid dat haar man herstel.

“Weet net dat ek en ons twee dogtertjies jou nooit alleen sal los nie.”

Phyllis het gesê sy haat jag.

Sy het onlangs aan haar seun gesê die Here het geweet om vir hom meisietjies te gee, want as dit seuntjies was, het hy hulle al vroeg jagveld toe gevat.

“Die Here het seker geweet hy gaan hom (JP) dalk vat en hulle (die meisietjies) vir ons gee,” het sy huilend gesê.

Aldré het gesê sy seun se toestand het nog nie verbeter nie.

Hy verjaar op 29 Julie.

Istha McMillan, woordvoerder van die Mediclinic Limpopo, het gesê JP se toestand is ernstig. Hy is aan ’n asemhalingstoestel gekoppel.

Niemand is weens die skietery in hegtenis geneem nie.

Otto het gesê ’n klag van poging tot moord word ondersoek.

Die dossier sal vir beslissing na die direkteur van openbare vervolging gestuur word.



  • Vermeende moordenaar, bedrieër uit hospitaal

  • Staat wil nota bekyk wat op moordtoneel gekry is

  • R10 m. nie in my teenwoordigheid goedgekeur - Kgwadi

  • Verkragsaak: 'Ek was 'n waardige vrou'

  • onderwys

    Haal godsdiens uit skole

  • ​3,4 m. huishoudings kry dalk gratis dienste

  • E-tol hét gefaal - Outa

  • Regstelsaak: 'Ons is sprakeloos'

  • SA se oudste krieketspeler sterf

  • Kaapstad vergader oor taxigeweld en brandstigting

  • Renate Barnard: Hof gee polisie gelyk

  • Nuusdag met Niekie: 2 September 2014

  • onderwys

    'Geen plek vir God in skole'

  • onderwys

    ‘Aanval op elke skool se etos’

  • 'Groot Amerikaanse lugaanval' op Al-Sjabaab se opperbevel

  • Ma kry R70 000 ná ‘dooie’ kind in kas gesit is

  • gesondheid

    Jou brein kry swaar as jy vet is, wys studie

  • misdaad

    Tukkie verkrag: Slagoffer skik

  • Slot kry 2de operasie ná nek breek

  • politiek

    Chaos in NV: LP’s vir eers nie geskors

  • Bokke kry spesiale brille vir vlugflouheid

  • Staan ons by, vra Bulle ná Loftus min lok

  • ‘Stabiliteit in Lesotho herstel’

  • Tweede Tukkie spring na dood binne ’n maand

  • Projek: Sien (in) ’n sinkhut anders

  • ‘Meester van improvisasie’

  • misdaad

    Taxi’s ‘moet asseblief weer ry’

  • misdaad

    Moord op ma: 9-jarige getuig

  • Maties doen weg met aand-eksamen in 2015

  • Baba gesteel: Ma gee kind self

  • omgewing

    ‘Vreemde’ rooibokke is dalk toe nie so vreemd

  • omgewing

    SANParke verkla oor stropery

  • VSA loods militêre operasie teen Al-Sjabaab

  • omgewing

    Aussies mag renostertrofeë nie huis toe vat

  • onderwys

    ‘Leer skoolkinders meer van die lewe’

  • onderwys

    Onderwysunies maan oor moontlike staking

  • Bondeltjies in ’n bondel

  • misdaad

    Kind verkrag: Bloed bewys onskuld ná 8 j.

  • Bakkie slaan op M1 aan die brand

  • Rowers sak toe op 2 sentrums in Jhb

  • ​Oud-Jeugie kritiek ná hy kragkas tref, deur lug 'vlieg'

  • Negejarige getuig hoe haar ma vermoor is

  • 'Here, gee vir Ollie 'n trekklavier'

  • ‘Ek het hom aan sy tokse herken,’ sê ma ná seun nek breek

  • Ondersoek na polisiejaagtog kom

  • Gaste gooi gay-egpaar uit kroeg

  • Noodvergadering oor Lesotho duur voort

  • Polokwane se ‘hamer-aanvaller’ vasgetrek

  • Pasgebore baba uit hospitaal ontvoer

  • Taxibestuurder doodgeskiet, busse uitgebrand

  • Nóg een val hom dood by Tukkies

  • Luister: Niekie van den Berg nou deel van Netwerk24-span

  • 11 sterf toe motors op N1 in Limpopo bots

  • Só voel jonges oor die kerk

  • politiek

    Jesus moet weer kom – JZ

  • Ozrovech-dossier: DOV kyk vandag

  • Oom Ollie in sy slaap oorlede

  • Matriekseun erg by kuierplek aangerand

  • Lesotho: SA skarrel

  • Speaker mis EFF se spertyd oor skorsing

  • politiek

    Cyril waarsku amptenare oor steel

  • ‘Ek dink nie aan siekte of doodgaan,’ sê Joost

  • Slot breek sy nek, wil weer speel

  • Tyd raak min vir Don om appèl in te dien

  • misdaad

    Rowers buit al die wins van Karlien se konsert

  • Aanval: Vrou verloor dalk handfunksie

  • Wangedrag en af krag in hospitaal ontstel

  • Helde-ontvangs vir goue Gézelle

  • Bokke, Wallabies daag stil-stil op

  • Tukkies maak skoonskip in sêr

  • Vervolging kom gou in Bosasa-tenderskandaal

  • NWU-skenking bekyk

  • onderwys

    Private skole: Mark groei met 6,7% p.j.

  • Raad bekyk klag teen aanklaers

  • Maties bekommerd ná verkragting

  • Dis heerlike lente

  • Nkandla: Onderwysersvakbond kap Madonsela

  • gesondheid

    ‘Limpopo nie reg vir Ebola-siekes’

  • SANParke betaal twee R14 m. terug

  • Heuwels Fantasties, Navi Redd: Studentepret kan lei tot sukses

  • Eerder in haar motor na Jhb as in Gautrein