Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    20°C / 12°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.9mm

    Humiditeit 56%

  • Vrydag

    22°C / 12°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.2mm

    Humiditeit 43%

  • Saterdag

    24°C / 12°C

    Wind 5km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Sondag

    23°C / 13°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 35%

  • Maandag

    23°C / 13°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.2mm

    Humiditeit 39%

  • Dinsdag

    23°C / 13°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 37%


Gesinsmoord: Vrou se vriend ontstel hom

Nothnagel wou sy huwelik probeer herstel

Wolfram Zwecker
Saterdag 20 Julie 2013

Hy beskou homself net as Linda Nothnagel (43) se vriend en ontken dat hy enigsins betrokke was by die verbrokkeling van haar en haar man, Paul (45), se huwelik.

“Onder die omstandighede gaan dit aanvaarbaar met haar,” het dié vriend, André Smit, gister uit die Netcare Union-hospitaal in Alberton Linda se toestand beskryf. Nothnagel se voormalige man, Paul (45), het haar eergister gewond en hul twee tienerdogters doodgeskiet. Hy het daarna selfmoord gepleeg.

“Sy wil nie nou daaroor praat nie. Vriende en familie is by haar,” het Smit gesê.

Paul Nothnagel het onlangs aan ’n kollega gesê hy is ongelukkig daaroor dat sy eksvrou nou ’n ander man sien. Nothnagel het gehoop hy kan sy huwelik weer herstel, het hy aan die kollega gesê.

Hy het Linda en hul twee dogters, Chané (18) en Mischke (13), eergisteroggend by ’n stopteken by ’n T-aansluiting op die hoek van Hennie Alberts- en Alicestraat in Brackendowns, Alberton, voorgelê.

Hy het vermoedelik die Hyundai Getz se deure oopgemaak, of hulle is van binne oopgemaak, en hy het op ’n afstand van sowat 2 m sowat tien skote op die drie insittendes gevuur.

Dit was blykbaar die tweede oggend wat hy vir hulle agter ’n groot boom op die straathoek gewag het. Hulle het elke oggend omstreeks dieselfde tyd dieselfde pad na die bushalte gery waar sy dogters die bus na Helpmekaar Kollege in Johannesburg gehaal het.

Ná die skietery het hy na sy motor ’n straatblok verder gestap, ingeklim en homself in die kop geskiet.

Hy is op slag dood.

Daar was volgens The Star ’n foto van sy drie slagoffers op die sitplek van sy Toyota Fortuner waarin hy selfmoord gepleeg het.

Die twee dogters en Linda is deur mense wat die skote gehoor het te hulp gesnel en na die Mulbarton-kliniek in Mulbarton, Johannesburg, en die Netcare Union-hospitaal in Alberton gebring.

Albei meisies is by hul aankoms dood verklaar.

Linda het twee vleiswonde aan haar regterbobeen en -heup opgedoen en word in die hospitaal behandel.

Volgens Karin Grobler, ’n eertydse werkgewer van Linda, is sy ’n wonderlike mens en was sy ’n uitstekende verliesberader vir kinders by onder meer die Laerskool Randhart en by die NG kerk Alberton-Suid. Linda werk tans by ’n dokter in die Clinton-kliniek in Alberton.

Kobus Myburg, Linda se seun uit haar eerste huwelik, het gister weer saam met sy pa, Pieter, sy ma besoek. Kobus studeer aan die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom.

Chané sou ook volgende jaar aan dié universiteit studeer. Sy en haar suster was onderskeidelik in matriek en gr. 8.

Volgens Riaan Nothnagel, Paul Nothnagel se broer, is die lykskouings gister afgehandel en sal begrafnisreëlings volgende week gefinaliseer word.

Media24, Nothnagel se werkgewer, het aangedui dat die groep sal help met die begrafnisreëlings, het Riaan Nothnagel gesê.



  • JZ vlug ná geboe

  • SAUK swig voor die DA

  • Oscar Pistorius: Dag 25 (blog)

  • Neil Diamond kós Brit op besoek aan SA

  • Het Reeva agteroor geval?

  • Sussies wys hul ondersteuning

  • Skote: ‘Knoei met die opname’

  • Vier kapers val met pangas aan

  • Orde vir Sandra

  • Sangers sing saam vir hul legende-pa’s

  • ‘Toer’ is ’n kwelwoord

  • Gwede vergelyk JZ met Obama

  • Sonlamp lei dalk tot DA-stem

  • Stres is vir wit mense, sê Zuma

  • Kasrils soek aandag, sê Nzimande

  • DA vier besluit oor hul advertensie

  • Oorloper ‘presteer sleg die laaste tyd’

  • Stres is vir wit mense, sê Zuma

  • Voorgraadse LLB gou by Wits afgeskaf

  • ‘So koud . . .’

  • Ibiskusrooi

  • 48 sterf, 16 beseer in botsing in Togo

  • Kinders glo bewapen

  • Miley kanselleer konsert weens allergie

  • Sanral bestuur dalk ook paaie in Vrystaat

  • Padwoede: Moordsaak begin oor

  • Baba L: Ma se kêrel kry weer nie borgtog

  • Pakistanse verdagte vermoor

  • BeeldTV: Oscar se vriend in ateljee

  • Skare gemaan toe hulle Zuma uitjou

  • Kasrils ' 'n fabrieksfout' - Blade

  • Nel kap Oscar se deskundige

  • Oscar Pistorius: Dag 24 (blog)

  • Dag 24: twiets uit die hof

  • Nkandla van grond af opgebou - Gwede

  • Nou is dit Australië se beurt

  • Blog: Op die verkiesingspoor

  • Nel laat deskundige getuie bontstaan

  • Boewebende vasgetrek

  • Kneusplekke op rug 'veroorsaak deur val'

  • ‘Goed so, ou seun, goed so’

  • Gerrie Nel peper Oscar se getuie met vrae

  • Krygkor: Koppe begin rol oor geknoei

  • ‘Ek beskerm myself’

  • Dames en he . . . dames!

  • Boot met 476 mense sink in Korea

  • Seun wil nie borgtog hê ná moorde

  • Ongelukke in Johannesburg eis twee

  • Rekord ‘ontwyk’ Paul Nash elke keer

  • MRK verwerp klag oor Nel se skerp taal

  • Atletiek by hof bespreek

  • Trump twiet saam

  • Hond leer paddas ondergronds uitruik vir bewaring

  • Pad toe oor grond vir huise aan ander beloof is

  • Padwoede: Moordsaak word dalk geskrap

  • ‘ANC kul met verkiesing’

  • Moeg gewag: ‘Zuma het my ’n huis beloof’

  • Reeva sê vir eerste keer sy is lief vir hom

  • Nel het 13 probleme met wat Oscar sê

  • Ore toegedruk vir kolfslae

  • Fynbesnaard

  • Antwoorde oor dood van verkoolde man eers in Mei

  • Tienerma uit aanhouding ná sy seuntjie glo op N1 los

  • Stem Nee-veldtog: ANC verwerp Kasrils

  • DA sê die SAUK tree onwettig op

  • Komitee oor Nkandla: ANC sloer

  • Groep vra hof om Pansy te verwyder

  • SAUK oortree die wet, kla DA

  • Haar posisie en toiletrak in toilet ontlok stryery

  • Parapleeg word eerste wat met toestel vrygelaat word

  • Gwede oor Moses, ANC

  • Madiba se beeld: Tender ‘beknoei’

  • Baba L: Kêrel vra weer borgtog

  • Dié app pak gesondheid

  • Beseerde sanger kry baie steun

  • Wáárom ons elke woord van Oscar volg ...

  • Hy hou week plek vir ouers

  • 50 groepe pleit teen wet oor myne; veldtog begin

  • Boston: Hulde gebring ná bom

  • Gesant ontvoer

  • Ebola eis al 120

  • Aparte tronke?

  • Bom ruk talle in Abuja aan stukke

  • Indië erken ook ’n derde geslag

  • Thaise onrus eis nóg

  • ‘Dis skrikwekkend’

  • 5 doodgesteek toe studente fuif

  • Oscar se deskundige getuig oor Reeva-beserings

  • 'Duplikaatdeur' gebruik om klanke te toets

  • Seun op snelweg: Ma kry borg

  • Dag 23: twiets uit die hof

  • Oscar Pistorius: Dag 23 (blog)

  • Reeva: Goeie dag om te sê ek is lief vir jou

  • Nel het geen verdere vrae aan Oscar

  • Okasa bekyk SAUK en DA-reklame nou gou

  • Vrou kry borgtog ná eks-kêrel se skietdood

  • Betogers kryt Kasrils as 'rugsteker' uit

  • ‘Watertekort wink vir SA’

  • Chaos in Olievenhoutbosch oor verskuiwings

  • Egpaar vermoor: Seun vra nie borg

  • Gerrie wys sy kaarte

  • Tranerige Oscar getuig hoe hy Reeva aantref

  • Man verkool in woeste huisbrand

  • Jannie Moolman nog in koma ná hy val

  • DA wil SAUK-klag dadelik laat aanhoor

  • John Franzen sterf

  • Lang tou voor Parkview-skool

  • Vrou in arres ná haar eks-kêrel se skietdood

  • Grasie met sportkwotas

  • Nóg vrae oor Seriti-kommissie ná nóg een loop

  • Flooze se ‘Braambossie’ vroeër gebore as verwag

  • Talle ouers kampeer voor skool

  • Gepols oor kamerdeur

  • Nóg ’n Nkandla-storm

  • Hoekom was daar kos in haar maag?

  • Ondersteuners bring geskenke

  • ‘Dinge ingebou om tyd te skep’

  • Partye na hof oor Tlakula

  • Adv. ‘Kerrie’ kry gou kultusstatus

  • Busryers vrees elke rit

  • Hy ‘breek mure tussen mense af’

  • Dié howe bied almal ’n uitweg

  • Loskop se wenner uitgeskop

  • ‘Rwandese diplomate bedreig SA veiligheid’

  • 'Stokkies wou altyd die AHI hervorm’

  • Egpaar gevang met gesteelde vigsmiddels

  • ‘Goudstad word goed bestuur’

  • 'EFF dryf die ANC na links'

  • Ondersoek sloer ná soldate wag skiet

  • Duikboot help soek na vermiste vliegtuig

  • Sielkundige hofstryd woed agter skerms

  • Ses binne vier dae in wildtuin vas weens stropery

  • Kannibaal weer vas in Pakistan

  • Ghaddafi-seun kry verhoor met video

  • DA hoor eers later oor sy advertensie

  • Party-botsing

  • Dié plan is lafhartig, kla kritici

  • Bomaanval in Nigerië eis 71 se lewe

  • Poppe van rakke gehaal, want hulle word te warm

  • Dienste: Skhila se mense ‘het genoeg gehad’

  • Kasrils se veldtog lok baie kritiek

  • Boewebende vasgetrek

  • Oekraïne Polisie uit kantoor geskop

  • Bom in Tanzaniese kroeg beseer 15

  • Twee erg beseer toe busse in Lenasia bots

  • Randse paaie toe weens geweld by twee betogings

  • Sewe babas dood in huis gevind

  • Oscar: 'Ek blameer myself'

  • Oscar Pistorius: Dag 22 (blog)

  • Die Flooze se 'baby' gebore

  • Musieksterre pronk op die rooi tapyt

  • Dag 22: twiets uit die hof

  • Nel: Jy het geweet jy skiet op Reeva

  • 'Jy skiet net'

  • Hof verdaag toe Oscar weer huil

  • Nel: Steenkamp wou uit huis gaan

  • 1 brand dood in dubbelverdieping-huis in Hennopspark

  • Waterbeurte Jhb se voorland

  • Herroep Zuma, vra petisie

  • Net ’n mooi tuin vir sy Reënboog

  • Stuk geskiedenis van swart rugby gesoek

  • Een sterf, 26 beseer toe bus 2 karre tref

  • R14 m. uit kitsbanke gesteel: 7 in arres

  • SAUK-dekking oor verkiesing ontstel partye

  • Wapens: ‘Meer lede kan bedank’

  • Nkandla is húl skuld, sê Nathi

  • Sonbril-‘Seerower’ op die rooi tapyt

  • Lindiwe pak Zuma

  • Klofies troef Affies in Pta-skolestryd

  • ANC werf jeugstem met joligheid

  • Man dood ná aanval met byl

  • Sy sprokie begin met ou skoene

  • ‘Kaping’-trauma vir Lucas

  • SA se onnies boelie mekaar

  • SA vrouesewes wen Afrika-titel

  • Klimaat: ‘Kernkrag is oplossing’

  • Nel vra dalk wéér oor denim, duvet

  • Darren se stasie skitter

  • Haai gryp strandhengelaar

  • Vrugtelose poging om vlamme te blus

  • Walvisjag: Vragskip vermy SA hawens

  • Karlien plant uitklophou

  • Separatiste val Oekraïnse stad binne

  • Beeld help Charl om arm leerlinge te help