Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    19°C / 8°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Sondag

    18°C / 7°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Maandag

    19°C / 7°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Dinsdag

    20°C / 9°C

    Wind 23km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%

  • Woensdag

    20°C / 8°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%


Regstel-aksie ‘tref swartes ergste’

Sarel van der Walt
Vrydag 16 Augustus 2013
Pik Botha en Rabelani Dagada, ’n ontwikkelingsekonoom, tydens die debat oor regstellende aksie. Foto: Herman Verwey

Swart mense in Suid-Afrika betaal nou ’n hoër prys vir regstellende aksie as wit mense, sê Pik Botha.

Botha (81) het gister in Pretoria in ’n debat van Solidariteit oor regstellende aksie gesê swart mense betaal onder die huidige beleid, “wat op ras gegrond is” die prys, terwyl wit mense nog relatief goed daaraan toe is.

“Dit is die swart mense met die swak onderwys, dit is die swart pasiënte wat jare lank in hospitale moet wag en dit is swart kinders wat nie ingenieurs kan word nie omdat hulle nie behoorlik opgelei is in ’n waardevolle onderwysstelsel nie.”

Die voormalige minister van buitelandse sake het gesê in die destydse Kodesa-onderhandelinge in Kempton Park is daar nooit ooreengekom dat regstellende aksie op grond van die rassedemografie moet geskied nie. Die ou NP-regering sou nie daartoe ingestem het nie. Daar is wel destyds gepraat oor die behoefte aan onderwys, opleiding en vaardighede.

Botha het gesê hy en oudpres. FW de Klerk het al briewe aan die ANC (oudpres. Thabo Mbeki en Gwede Mantashe, sekretaris-generaal) geskryf waarin hulle gewaarsku het dié verbreek die Kodesa-ooreenkoms. Hulle het nie antwoorde ontvang nie.

Volgens Botha het die tyd aangebreek vir ’n “nuwe Kodesa” waarin “die gees van 1994” kan herleef.

Die onderhandelaars wat in die vroeë 1990’s by Kodesa betrokke was, moet weer byeengebring word.

“Almal van ons moet weer om die tafel gaan sit en vir mekaar sê wat dit is wat ons in 1994 besluit het,” het Botha gesê.

Volgens hom het Nelson Mandela toe hy nog president was verskeie kere aan hom gesê hy hoop nie die land verloor die wit mense se vaardighede nie.

“Hy het aan my gesê: ‘Hulle moenie die staatsdiens verlaat nie, hulle moet ons help met die opleiding van swart mense om dieselfde vaardighede as die wit mense te hê.’

“Hy was bekommerd dat wit vaardighede (in die staatsdiens) sou padgee na die private sektor, emigreer of uitgedryf word,” het Botha gesê.

“Wat die regering nou doen, is die teenoorgestelde.”

Dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, het by dieselfde geleentheid sy nuwe boek, Regstellende trane, bekend gestel en gesê dit het tyd geword vir ’n nuwe nasionale dialoog oor regstellende aksie.

...

‘Ek was nog nooit lid van die ANC’

Pik Botha het gister ontken hy was in enige stadium ’n ANC-lid.

Die oudminister het op ’n byeenkoms van Solidariteit in Pretoria gesê hy het wel vroeër met die ANC se makro-ekonomiese beleid saamgestem.

Botha het so geantwoord nadat hy gevra is hoekom hy as ANC-lid nie die bestaande strukture gebruik as hy ontevrede is met regeringsbeleid nie.

“Ek is in 1996 uit die Nuwe Nasionale Party nadat (FW) De Klerk besluit het om aan die regering van nasionale eenheid te onttrek.

“Nadat ek weg is, het ek tot siens gesê aan die politiek. Ek het daarna by geen ander party aangesluit nie,” het Botha gesê.

Toe hy gevra is of hy dan nooit by die ANC aangesluit het soos beweer is nie, het hy dit ontken. “Nooit, nooit een oomblik het ek by die ANC aangesluit nie.

“Gaan vra die ANC. Hulle het mos inligting. Jy sal dit (’n bewys van lidmaatskap) nooit kry nie, want dit het nooit gebeur nie.

“Wat gebeur het, is dat ek by geleentheid in openbare verklarings die makro-ekonomiese beleid van die ANC gesteun het omdat ons (die land) toe vooruitgang gemaak het wat makro-ekonomiese en finansiële beleid betref.

“Dit beteken nie dat ek ooit ’n lid was nie,” het die 81-jarige oudminister gesê.

– Sarel van der Walt



  • Haai val branderryer in Muizenberg aan

  • 'Gaan goed' met oorlewende kameelperd

  • Sandton-vrou 2 dae in huis vasgebind ná rowers toeslaan

  • Zuma wil NVG-baas skors

  • 'Wolbom' by Voortrekkermonument

  • Toetse ná brandbaba stuipe kry

  • Modise: Veearts sê hy is gedreig

  • 'Private Smith' verloor 5 broers in oorlog

  • Polisie ondersoek aanranding-klag ná 'padwoede' in Pta

  • Vet Frik vertel van rooftog in Jhb-kuierplek

  • Gewonde pediater se longe val plat

  • Dosent: Familielede sterf ook só

  • Langnek-tragedie: DBV gaan dalk klag lê

  • Voormalige Skerpioene-baas se saak uitgestel

  • Koeël tref muur, toe boef

  • Kerk stampvol om polisielid te groet

  • ‘2 voorgesê om oor dade te jok’

  • Kgwadi sê oor ‘wit’ kampus

  • Jonny: Jy weet jy gaan tweede kom teen 'Bekkies Bouta'

  • Springbokram vir R1,2 m. verkoop

  • Namakwaland, Weskus se blommeprag is hier!

  • ‘Boere moet hul emosies afsit’

  • In hof ná vrou gesteek is

  • Tshwane-raad takel kabeldiefstal

  • Faksie van Zille beheer NVG

  • Swak gedrag hiér van leerlinge kwel LUR

  • Sege vir arm oues

  • Onnies huis toe gestuur omdat daar nie geld is nie

  • Munisipale oudit: Cosatu eis aksie

  • Plaaslike rade tot R87 mjd. geskuld

  • Tenders vir vriende

  • Zuma gestrand oor te min lugmagvlieëniers

  • JA vir casino in Pta

  • Le Clos en Kie. neem toe eers ’n selfie

  • Snoepies maak SA kinders ál vetter

  • Aanvalle op boere: ‘Regering sleep voete’

  • Figuur kom agter die gordyn uit – met ’n panga

  • Forum hof toe om myn te keer

  • SA is op uitkyk vir ebola, ‘maar kans is skraal’

  • Nuus oor Lotto se operateur kom dán

  • Kom trap fiets en help arm kinders

  • Regstel-aksie: ‘Ons is anders’

  • Kinderhuis moet dalk toemaak

  • Raadsbaas kan 90 dae tronk toe

  • Wêreld-Beeld

  • Malamulele betoog weer oor munisipaliteit

  • Wayde verras hom dag ná dag, sê pa oor silwer

  • Vragmotor brand uit

  • Geen skriftelike vrae is by die parlement ingedien nie

  • Aanrand-klagte ná voorval met lykswa

  • Zille volhard oor Gasa-konflik

  • SWD se blasers ‘staak’ oor veiligheid

  • Oos-Randse mynkonsultant koop Oscar se huis

  • Man sterf, nog een gewond in 2 skietvoorvalle aan Rand

  • Jy gaan nóg hoes vir krag

  • ‘Ek druip 2 keer, maar dis g’n skande’

  • Ollie Viljoen te siek vir Oppikoppi-erekonsert

  • Tot R800 m. verkwis

  • Leerlinge betoog teen lyfstraf

  • Regering aangevat oor dié lisensies

  • Praktykgebiedewet is van die baan

  • Nóg ’n WB nie in Kallis se bereik

  • Beeld hou jou op hoogte van vanjaar se sêr

  • Lugdiens red SA groep se Statebondspele-konsert

  • Louwna, Paula en Aggie deel sop uit

  • 800 van weermag staak oor voordele

  • Hospitaalkaarte toe nie so knap nie

  • Ramokgopa vaar uit oor dié wanorde

  • Sitstaking dreig by Medunsa

  • Dís wat Nazi’s doen, sê EFF

  • Onduidelike diensbillikheid-regulasies pla DA

  • Grondeise: Onteiening kom wel

  • Dosent spring na sy dood by Tuks

  • Dít wys hy verkrag kleuter, hoor hof

  • Britse vrou op haar wildplaas vermoor

  • 2 vas oor R12 m. se Mandrax

  • Oudprokureur kry nóg 5 j. in tjoekie

  • 5 Interpol-rekenaars in Pretoria gesteel

  • Hy ‘probeer vervolging saboteer’

  • Nou kan sy skop en spring

  • Nóg ’n olifant gestroop in Krugerwildtuin

  • Visse uit vuil dam gered

  • Limpopo: Onmin in ANC nog nie verby

  • Noordwes kry meer psigiatriese dienste

  • Porsche: Man vlug vir media

  • Twee konstabels in hof wat glo omkoopgeld vra

  • Drie van Zim vas weens platinum van R50 000

  • Laaste lid van vliegspan van Hirosjima-bom sterf

  • Wanneer popsterre polities is

  • EU gee nóg €2 m. om Ebola te beveg

  • Tot 150 onder modder begrawe in Indië

  • SA veroordeel terreur in China waarin talle sterf

  • Kameelperd dood toe nek teen brug kap

  • Hou aan bid vir my man, vra gewonde pediater se vrou

  • EFF gaan Johannesburg tot stilstand bring, waarsku Juju

  • 'Pappa Ben, ek is bang'

  • Verarmde bejaardes mag klasaksie teen Transnet instel

  • Video: Kaal vrou streel Mandela-beeld

  • Ebola: Noodtoestand in Sierra Leone

  • Vrou op wildplaas vermoor: polisie soek werkers

  • 3-jarige verkrag: 'Ma maak storie op'

  • Plek in kitskos-ry het haar seun byna sy lewe gekos, sê ma

  • Géén bom in winkelsentrum

  • Prokureur met Alzheimer verloor teen prokureursorde

  • 'Vroue se grootste struikelblok is manier waarop hul dink'

  • Duisende krap kop oor Wiskunde

  • Kaper in koeëlreën in Fourways gewond

  • So by my kool, is duur groente Noakes se skuld?

  • Rugbyster vertel van ‘demoon’

  • Sanral-voorsitter bedank

  • Chad swem 7 medaljes los

  • Onnies praat oor baie werk, min tyd

  • ‘Ons vernietig werk’

  • De Klerk sit sy voet neer

  • ANC gaan lede tug ná oproer

  • EU straf Rusland oor Oekraïne

  • Tot 25 honde in sewe maande hiér vergiftig

  • Nóg val vir truuk met huis in Pta

  • Wag val hom dood in Menlyn

  • DBV sê dankie, maar kort nóg geldhulp

  • Gauteng-leerlinge kry slim-klaskamers

  • Tiener sterf ná ‘stoute’ aand

  • kykNET beboet oor spot met dié sindroom

  • Ware liefde tussen die grafstene

  • Strauss 'n Bul: Cheetah-ondersteuners eis antwoorde

  • Seëvierende Blitsbokke terug in SA

  • ‘Dosente laat ons druip,’ sê studente

  • DA eis verslag oor Limpopo-bestuur

  • ‘Mandela was nie so sag nie’

  • R20 000 vir 39 ruikers: ‘Ek sal dans!’

  • Modise se plaas: DBV kry lasbrief

  • Vlieg van Pretoria af Kaap toe

  • DA wil hof toe oor Zuma, OB se verslag

  • EFF ‘soos Hitler se Bruin Hemde’

  • Gee JZ se dogter ’n groeikans, sê Gwede

  • Ma dien klagte in ná 7 sterf in heli

  • Oudhoë van Skerpioene spring nie vonnis vry

  • JZ-wagte wou getuies betaal

  • Verdwyn toe hy in hof moes verskyn

  • Jaggewere kan dalk vanself afgaan

  • Hof hoor oor grusame houe

  • Weermag weier rekrute met MIV

  • Kind verdrink op pa se werkperseel

  • ‘Gauteng kort 800 ambulanse’

  • Stetoskope, handskoene, steke . . .

  • Spioenasiebande: Zuma stel saak

  • Ietermagog hang aan ’n draadjie

  • Leeus se getalle op dié wyse afgebring

  • ‘Dié honde soek net liefde’

  • Is jy in gr. 11? Skryf in vir beraad!

  • Padwoede: Man gee hom oor aan polisie

  • Algerynse vliegtuig dalk neergeskiet – ontleders

  • Tiener onthoof skoolmaat

  • Ebola: AngloGold se myn bly oop

  • VSA bankvas agter Israel