Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    29°C / 14°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Woensdag

    28°C / 15°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Donderdag

    29°C / 10°C

    Wind 27km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 15%

  • Vrydag

    24°C / 9°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 12%

  • Saterdag

    25°C / 8°C

    Wind 20km/h

    Reënval 2.2mm

    Humiditeit 27%

  • Sondag

    22°C / 11°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 39%


‘Tshwane wys só apartheid is oorwin’

Cobus Claassen
Vrydag 16 Augustus 2013

Ons móés Munitoria inplof sodat dit kan wys apartheid is verslaan, het Kgosientso Ramokgopa, uitvoerende burgemeester van Tshwane, gister gesê.

Ramokgopa het by die Pretoriase Dieretuin waar die Tshwane-metro nuwe brandweerwaens en ambulanse in ontvangs geneem het, gesê die munisipaliteit herbou die hoofstad vinnig. “Dit is daarom gepas dat ’n apartheidsimbool soos Munitoria verdwyn het. Dit sou verkeerd gewees het om die gebou te behou.”

Hy het verwys na talle projekte wat Tshwane die laaste ruk begin het, soos die Tshepo 10 000-werkskeppingsinisiatief en die West Capital-ontwikkeling.

“Daar is landwyd geen ander munisipaliteit wat beter dienste lewer nie. Die nooddiensvoertuie is ’n geskenk aan Tshwane se inwoners en onderstreep dat ons ’n stad is wat uitnemendheid nastreef.”

Tshwane het gister vyf nuwe watertenkers, drie brandweerwaens en 22 ambulanse in ontvangs geneem.

Die munisipaliteit se nooddienste-departement het in die 2011-’12-boekjaar begin met ’n kapitale projek wat alle ou watertenkers en brandweerwaens wil vervang.

Die nuwe voertuie is teen R29,5 miljoen aangekoop. Die brandweerwaens sal in al sewe diensleweringstreke ingespan word en die watertenkers meestal in landelike gebiede.

Terence Mashego, Tshwane-burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, het gesê die metro wil met die nuwe ambulanse reaksietye verbeter. “Daar is geen rede waarom ons in koerante moet beland oor mense wat vergeefs op ambulanse gewag het nie.”



  • Soos Romeo en Juliet

  • misdaad

    ‘Statistiek gaan plaasmoorde nie stuit nie’

  • VSA-lugaanvalle op IS naby Bagdad

  • Wen-rocker hou skool

  • Boek sien lig nadat sy ’n jaar in SA ryloop

  • Eerste sigaret-satisfaksie ná noodlanding-aksie

  • omgewing

    Minder reën, meer vloede

  • omgewing

    Lentereën wyk nog, koue terug

  • misdaad

    Ontvoerde vrou veilig

  • misdaad

    See-uitsig: Sy appèl misluk

  • politiek

    ‘Wittes bevoordeel’; kry minste werk

  • gesondheid

    ‘Potjierol eet meer as jy hom verneder’

  • ondersoeke

    SA verkoop gewere aan land wat onderdruk

  • misdaad

    Regslui probeer keer dat man in Botswana hang

  • politiek

    Nóg ’n aanval op OB

  • 5 SA groepe waar gebou inval

  • omgewing

    ‘Renoster-kwessie verwar Viëtnamese’

  • onderwys

    Godsdienssaak: ‘Laat húl opdok’

  • ondersoeke

    Tekort aan militêre toerusting is ’n krisis

  • Sewe oorval en beroof Von Abo, werkers

  • misdaad

    Valke bekyk bedrog by VS-rugby

  • misdaad

    Oudregter probeer tugstappe in die hof keer

  • misdaad

    Malema se vriend soek ná skote

  • misdaad

    Staat vat R102 m. vir wapens af

  • ‘De la Rey’ ’n eeu nadat hy sterf

  • Harry vier sy 30ste met ’n bier

  • Skotte moet mooi dink, vra koningin

  • Lanseria: Miljoene dollars bevries

  • Boervrou breek rug, onseker of sy weer kan loop

  • Maak plaasaanvalle 'n 'prioriteitsmisdaad'

  • Man spring: 'Amper was ek óók dood'

  • Jong man spring na sy dood ná vriendin se perdry-ongeluk

  • Vliegtuig val toe betogers plantasies laat brand

  • misdaad

    Ontsnap uit hofsel: Een sterf ná polisie twee skiet

  • Tut-studenteraad ontbind

  • Pa eis R300 000 ná slaggat sy kind beseer

  • Nuusdag met Niekie: Marida Fitzpatrick oor Oscar-saak

  • misdaad

    Vrou weier om in vrees te lewe ná plaasaanval

  • Plaasmoorde, menseregteskendings bekyk (twiets)

  • Malema-aartsvyand in bors geskiet

  • ondersoeke

    ‘Maak besluit openbaar’

  • politiek

    ‘SA het ál meer geheime’

  • politiek

    JZ-bome kos jou R1,6 m.

  • 'Gautengse regering mors minder'

  • gesondheid

    SA het 8ste meeste selfdode

  • De la Rey 100 jaar ná dood ‘steeds ’n held’

  • misdaad

    Aan brand gesteek – deur my seun

  • 'Beleg van Kriel' laat inwoners saamwerk

  • onderwys

    ‘Kondome nie vir kind’

  • 'Metal-konsert soos in die óú dae'

  • ‘Bertie’ wou uit hospitaal glip vir optrede

  • Min slaap lei tot vals herinneringe

  • misdaad

    SA hof het Reeva verraai, sê halfbroer

  • Nonu na hospitaal, los eers trui vir Jean

  • Du Plessis ‘in gat groter as Kimberley s’n’

  • NS-pers swaai Bokke lof toe

  • wereld

    ‘Ons sal hulle jag, laat boet’

  • onderwys

    Kolleges kom vir dié wat nooit op skool was

  • omgewing

    Renosters: ‘SA kan weer ’n kolonie word’

  • wereld

    Yanks moet SA dieretuin ‘vermy’

  • Wilde katte kos Desmond kwart van sy geld

  • Vrou (60) sterf ná botsing, man erg beseer

  • Jagende platejoggie vas, mis partytjie

  • Ruimteman se foto’s van aarde treffers

  • wereld

    Kuba beloof Ebola-hulp

  • onderwys

    Meer as 7 m. skryf ANA’s

  • owereld

    Man gee voor hy is vroulike generaal

  • wereld

    Yank moet 6 j. sit ná hy visum in N-Korea opskeur

  • misdaad

    Man doodgeslaan: Oudpolisieman kry 18 j.

  • INVICTUS HARRY SE BESTE VERJAARSDAGGESKENK