Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    20°C / 8°C

    Wind 24km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 29%

  • Vrydag

    22°C / 9°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Saterdag

    23°C / 13°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 34%

  • Sondag

    21°C / 5°C

    Wind 26km/h

    Reënval 4.4mm

    Humiditeit 31%

  • Maandag

    18°C / 7°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%

  • Dinsdag

    20°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%


Gautengse bloulig-verdagte se turf sit

Pauli van Wyk
Saterdag 31 Augustus 2013
Ashley Vermaak

’n Vermeende boef wat homself as ’n polisieman voorgedoen het en met verskeie misdade in Gauteng verbind word, is aan die OosRand aangekeer.

Ashley Vermaak (26), wat saam met sy ma in ’n kamer in ’n huurhuis aan die OosRand woon, het gister in die Randburgse landdroshof verskyn nadat hy Woensdag om 03:20 in Elsburg, Germiston, vasgetrek is.

Beeld verneem Vermaak word voorlopig met drie voorvalle in Douglasdale in Johannesburg, twee in Edenvale en een in Brackendowns in Alberton verbind.

In polisieklere en saam met vier makkers het Vermaak op 4 Augustus by die Indaba-hotel in Fourways ingestap, die gaste met vuurwapens aangehou en met R1 400 kontant, tablet-rekenaars en selfone ter waarde van R30 000 gevlug, het ao. Balan Muthan, polisiewoordvoerder, gister gesê.

Die groep het ’n swart Volvo gery.

Vermaak word ook verbind met ’n voorval tien dae later in Edenvale waar ’n vrou se motor van die pad gedwing is deur ’n swart Golf.

Sy is aangerand en beroof en beweer haar aanvallers het koeëlvaste baadjies en vuurwapens gedra en in ’n gemerkte polisiemotor met sirenes gery – ’n metode wat blykbaar deurgaans gebruik word in misdade waarmee die polisie Vermaak verbind.

In dieselfde maand wat die polisie Vermaak op kringtelevisie kon uitken, is hy aangekeer.

“Speurders van Tembisa het Vermaak gearresteer nadat die Douglasdale-polisie sy besonderhede rondgestuur het,” het Muthan gesê.

Die polisie volg inligting op om Vermaak se makkers aan te keer.

Indien enigiemand Vermaak herken of verdere inligting het, skakel kol. Emil Louw by 082 778 7906 of brig. Neville Malila by 082 411 4030.



  • ‘Ons sal Steven Britz nooit vergeet nie...’

  • Nkandla-komitee sit eers weer Maandag

  • Blog: Nkandla-komitee

  • ‘People’ sê wie die mooiste is

  • Drew is nou ma van twee dogters

  • Rockers lok toe ’n paar tannies

  • Dozi en sy ‘baba’ herenig

  • Stropery in SA: ‘Ons weet wie baasbrein is’

  • Maddie: lolsake bekyk (video)

  • Gryser, maerder en met rooi oë by ’n emmer

  • Weermag herstruktureer

  • SA vrou in Londen moor glo drie kinders

  • Malema is ’n dief - McKenzie

  • Zille oor EFF-koalisie: ‘Nee, nooit, vergeet dit’

  • Limpopo-boeke: ‘Vra ’n LP soos Malema’

  • Dink na, bid voor jul stem - Tutu

  • Ouers gevonnis wat sportster mishandel

  • Sportkwotas: Minister en groepe praat

  • Ongeluk ontwrig verkeer tussen Pta, Jhb

  • Regter roskam polisie ná dispuut oor bobbejaan

  • Vrou eis ná aanval deur eend

  • Bobby laat tatoe van skouer verwyder

  • Munisipale swembaddens ‘afstootlik’, mors taksgeld

  • 40 dae in ’n huisie hoog in die lug vir Jesus

  • ‘Dít is ANC se enigste vyand’

  • Stem, vra Solidariteit

  • ‘JZ sal dán oor komitee besluit’

  • 2 sterf toe tuig val

  • Waterpret eindig tragies; man verdwyn in rivier

  • Haarmiddel kan kanker veroorsaak

  • 12 gearresteer wat glo betoog oor krag

  • Arrestasies groot deurbraak

  • Partye sê wat hul dink komitee met verslag sal doen

  • Gebede vra vir vrede op 7 Mei

  • ‘LP’s deur toplede voorgesê’

  • Glynnis laat vir 1ste keer haar voete praat

  • Geld kelder fietsbaan

  • Pirates-sokkerspeler in hof oor hy sewejarige glo met gordel slaan

  • Suid-Soedan ‘skok’ die VSA

  • Wêreld-Beeld

  • ‘Kliniek, skool, heel hospitaalpad kom’

  • Skoliere gee nie terug; hoofde bestel glo laat

  • 30 dood in treinongeluk

  • Bob: ‘My opvolger is húl besluit’

  • Beserings daal oor min sopies

  • Padsterftes: Minister kap provinsies

  • Sponssiekte eis 35 van grootste SA boer se 1 000 renosters

  • Bekyk parke-agentskap oor renosterhoring – DA

  • ‘Mandela’ in fliek ’n seun ryker

  • Brief kom 45 j. laat by vrou

  • Zim-klagte: ‘SA is polisie se eerste plig’

  • SA se nuwe president word op 21 Mei verkies

  • Iranse leier in pekel oor dinee

  • EFF sê vandag oor sy omstrede advertensie

  • Verkiesingshof sal môre sê of Zuma ‘gesteel’ het

  • Pasop net vir stortkoppe, Flappy Zuma!

  • Skare wat JZ uitjou, ‘boikot eleksie nie meer’

  • Appèlhof spreek man wat 15 j. kry vry ná huurmoord

  • Tronke in SA ’n tydbom, sê DA

  • 2 vermoor: Seun onthou baie nie

  • Dit sneeu in Lesotho!

  • In vangwa geboender oor sy oor krag toi-toi

  • Ondersoekers krap kop oor gasteplaas-moord

  • Prins William en Kate besoek rowwe buurt

  • Koop plakkies en red sjimpansees

  • ‘Boere deel die EFF se waardes,’ sê Kim

  • Nog geen besluit oor Mdluli se lot

  • Wêreld-Beeld

  • Hof hoor oom Thys se vingers is stout

  • Juju ‘kan nie in shack bly, armes inspireer’

  • Studiegeld vir veterane se kinders glo na hoës

  • Nkandla-voorvegters

  • Julius: ‘Breek e-tol-poorte’

  • Vrou skiet ‘inbreker’: Aanklag teruggetrek

  • Troepie dalk na monument verskuif

  • Omstrede politici terug ná verkiesing

  • Polisie moet opdok

  • ‘Fast & Furious’ op die skou

  • Grap oor rolstoel, bom amuseer nie

  • Moolman haal gemaklik self asem en reageer goed

  • Inwoners hoor, sien leeus op hoewes

  • Party wil wys hy’t nie pyn oor Afrikaners

  • ‘Ons sal nie vergeet jul het Madiba 27 jaar lank opgesluit’

  • Noordwes-premier deel kos, rolstoele by kerk uit

  • ‘Hier kan ons nie kla oor diens’

  • Krejcir, nóg 3 van moord aangekla

  • Man voor ná ouma doodgekap is

  • Bylaanval: Polisie op soek na hóm

  • Pretoria-vrou met messe in haar huis gesteek

  • Skietdrama ná roof

  • Man in hof weens kruisboog-dood

  • Limpopo-skoolboeke teen dán als afgelewer

  • Afknouery: Ma in pekel oor Facebook-aanval

  • Marikana: Ingrypings vooraf misluk – offisier

  • Onderwys, grond hoog op agenda

  • Adam kry modelhulp

  • Musiek nou Prince s’n

  • Steve Jobs: Nog ’n fliek

  • Seksdade: Bekendes aangekla

  • Reservaatbaas knoei glo

  • 80 horings gesteel

  • Baba sterf ná skoot uit pa se pistool

  • Boston-marathon bring tere oomblikke

  • Rower dood in oor-en-weer-skietery met polisie

  • 80 renosterhorings - meer as 300 kg - uit kluise gesteel

  • Blog: Op die verkiesingspoor

  • SAUK wil ook nie EFF-reklame uitsaai, sê Malema

  • ANC-swaargewigte gekies vir Nkandla-komitee

  • Komitee vra meer tyd vir Nkandla

  • Koninklikes kry romantiese wegbreek

  • Nog 'n terugslag vir Mdluli

  • Johannesburg is Afrika se 'Twitter-hoofstad'

  • Vrou drie keer met mes gesteek

  • 2 wat glo meer as 200 km/h jaag agter tralies

  • Swaar verkeer ná langnaweek

  • Reuse-horingdiefstal; binnemense dalk betrokke