Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    19°C / 8°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Dinsdag

    17°C / 7°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 41%

  • Woensdag

    17°C / 8°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 37%

  • Donderdag

    18°C / 9°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%


Bloulig-saak: Thomas se skade ‘permanent’

Jody Nel
Maandag 02 September 2013
Sers. Joseph Semitjie kom gistermiddag uit die Krugersdorpse landdroshof. Foto: Cornél van Heerden

Thomas Ferreira het waarskynlik permanente breinskade opgedoen in die bloulig-ongeluk waarin hy beseer is.

So het dr. Izak Bezuidenhout, Thomas se neurochirurg, gister in die Krugersdorpse landdroshof getuig.

Sers. Joseph Semitjie van die polisie staan in dié hof tereg op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur, opsetlike saakbeskadiging, versuim om bystand aan beseerdes op ’n ongelukstoneel te verleen en dat hy beserings veroorsaak het.

Die ongeluk het op 5 November 2011 by ’n kruising op die R28-roete gebeur.

Semitjie het glo in ’n wit BMW X5 – die ampsmotor van Humphrey Mmemezi, destyds Gautengse LUR vir plaaslike regering en behuising – links van die geel streep in Paardekraalweg gery en toe ’n rooi verkeerslig verontagsaam.

Thomas, wat in Windsorweg gery het, het op sy motorfiets in die middel van die kruising in die BMW vasgeploeg.

Bezuidenhout het gesê Thomas het ná die ongeluk ’n punt van 7 uit 15 op die Glasgow-komaskaal gehad. Dié skaal meet komapasiënte se oog-, verbale en motorresponse.

’n Punt van drie beteken die pasiënt is breindood.

“As ’n pasiënt met ’n ernstige kopbesering se punt op die Glasgow-komaskaal onder agt is, verwag ons om aansienlike permanente skade aan die brein te sien,” het Bezuidenhout gesê.

Hoofsupt. Jacobus Keet van die Mogale City-verkeersdepartement wat ongelukke ondersoek en rekonstrueer, het getuig Thomas het geen skuld aan die ongeluk nie.

Volgens Keet sou dit vir enigiemand moeilik gewees het om die BMW se blou ligte van die kant – waarvandaan Thomas gekom het – te sien.

Keet het gesê Thomas het binne 0,64 sek. van die stoplyn tot die plek van impak gery.

“As voertuig A (die BMW) in die linkerbaan was, sou voertuig B (Thomas se motorfiets) agter en verby dit gery het en sou die ongeluk nooit gebeur het nie.”

Keet het bevind Semitjie het vinniger as 42 km/h gery toe die ongeluk gebeur het.

Moses Rankoa, Semitjie se prokureur, het gesê sy kliënt sal getuig hy het 20 km/h gery.

“As hy teen daardie spoed gery het, sou hy ’n langer reaksietyd gehad het en kon hy sonder ’n botsing tot stilstand gekom het,” het Keet gesê.

Die verrigtinge gaan vandag voort.



  • Thandi-plaas: DBV geboelie

  • SA skitter en is terug boaan lys

  • Piesangs hou 4-jarige kind aan die lewe

  • Krieketmal Indiërs wil siek Pollock help

  • 2 vroue in hof oor ‘toerbedrog’

  • Seun klits bal 80 m ver oor die pale

  • Judo-span bring hul vier medaljes huis toe

  • DBV in Pretoria op laaste bene

  • Man in Porsche skop, slaan ander motor; dam bestuurder by

  • Man sterf voor kroeg langs kerk

  • Bedrog bekyk ná verklikker gepos is

  • Hy slaan met kierie ná ‘dwelms, seksvoorstel’

  • De Koker: ‘Dan hét ek dit gedoen’

  • Restauranteienaar sterf ná mesaanval

  • Meisie vermoor vir dwelmgeld

  • Skool-slanery: Meisies dalk vry ná verskoning

  • Hlongwa leer vlieg danksy verskaffer

  • ANC-LP’s moet op tonge byt

  • Stakende studente vat Medunsa oor

  • Kommer bestaan lankal oor gesondheid se geldsake

  • Groep bestorm ANC se Pta-kantoor

  • ‘Hamas se HK nog nie verwoes’

  • Limpopo bly onder toesig van regering

  • Minstens 1 129 al in Oekraïne dood

  • Skoliere ‘wíl hul gedra’

  • Skool ly skade weens brand

  • Rioolafval loop dag en nag in Vaal

  • 2 van DBV op Modise-plaas hoor: ‘Wees bang vir my!’

  • ‘Treintoer-skelm’ se vrou in hof

  • Verslaafde 'het humeur verloor'

  • Dít pla reisigers op SA lughawens

  • Saak gaan voort met of sonder regshulp

  • Wreed vermoor vir haar selfoon, hoor hof

  • Administrasie van 5 departemente in Limpopo deels opgehef

  • Bedrieër adverteer huis uit tronk

  • Dominee in pajamas vang drie boewe

  • Motorfietryer jaag glo vir polisie weg, bots teen motor

  • Pa sterf, 9-jarige kind beseer toe vliegtuig hul tref

  • ‘Leer die EFF-beleid uit jul kop’

  • Oprah se tydskrif in SA sluit

  • Honderde Ferrari's op Kyalami

  • Reguit of dwars – sy’s mal oor jaag

  • NG Kerk weer lid van die WRK

  • Polisie soek na ontvoerde vrou van Jhb

  • Ses sterf in botsing in KZN

  • Wil jy grond koop? Sê ras!

  • Oud-Bul oorval en beroof

  • MRK verwerp Steve en Sunette se klagte

  • Vrou gee Bybel vir aanvaller in hof

  • Goue dag vir SA op Spele

  • ‘Welgedaan, Chaddie,’ sê oorweldigde ma

  • Man in geveg dood

  • Vergifnis bepleit by Taegrin se diens

  • Afrikaans hier welkom

  • Gauteng-gesondheid bestee R5 mjd. in 3 j. aan konsultante

  • Ma besweer smart met Afrika-ritueel

  • Bekroonde boek ‘herwin my moedertaal’

  • 100 j. gelede: WO I

  • SA bloed in Franse en Vlaamse modder

  • Help kinders en wen motor, naweek of wegbreek

  • 1 stroper gedood, 1 in arres

  • Limpopo beheer weer sy eie sake

  • Midde-Ooste: Dít is nodig – Zille

  • ‘Ons gaan voort met operasies’

  • Gevegte kortwiek besoek aan toneel van MH17-ramp

  • Honde stap Sondag saam

  • Herstel aan hof sloer al byna 4 j.

  • DA: Meer geld vir partye ‘nie reg’

  • Nkandla-komitee sal weer aangestel word – ANC

  • SA in 2016 gasheer vir vigskonferensie

  • Ebola-virus eis ook Liberiese dokter

  • Verwerptes kry tuiste

  • Nuwe pensioenewet laat talle uit staat bedank