Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    20°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Dinsdag

    20°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Woensdag

    22°C / 8°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 17%

  • Donderdag

    22°C / 9°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Vrydag

    24°C / 9°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Saterdag

    25°C / 11°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 12%


Helshoogte eis 1; Busse bots by Richmond

Slagting op die paaie

Michelle Pienaar
Maandag 23 Desember 2013
Die N1 tussen Jan van Riebeekweg en Ceceliastraat in die Paarl was gesluit weens 'n ongeluk op die N1. Foto: Natalie Gabriels/Foto24

KAAPSTAD. – Nog vier mense het gister op die provinsie se paaie gesterf.

Dit bring die totale sterftes op Wes-Kaapse paaie sedert 1 Desember op 108 te staan. Landwyd het meer as 600 mense reeds hul lewe verloor.

In die eerste van twee ongelukke gister is drie mense sowat 10 km suid van Richmond in die Noord-Kaap dood in ’n botsing reg van voor tussen ’n Toyota Quantum-bussie en ’n passasiersbus van die Solomons-busdiens van Kaapstad.

In die tweede is ’n motorfiets­ryer dood en ’n voetganger ernstig beseer op die Helshoogtepad buite Stellenbosch.

Die ongeluk by Richmond het omstreeks 02:00 plaasgevind. Volgens lt. Geraldine Jacobs, ’n polisiewoordvoerder, was die passasiersbus van Kaapstad na Richmond onderweg, terwyl die kleiner bussie in die rigting van Drie Susters gery het.

’n Vrouepassasier in die bus sowel as twee mans in die Quantum-bussie het in die botsing gesterf. Een van die mans was van Zimbabwe en die ander ’n Suid-Afrikaner, het Jacobs gesê.

Die eienaar van die Solomons-busdiens, Leon Solomons, was gister na Richmond op pad en kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Volgens Jacobs is 15 ander passasiers van die bus in die Manne Dipico-hospitaal in Colesberg en die Sentrale Karoo-hospitaal in De Aar opgeneem.

“Ons kan nog nie met sekerheid sê hoeveel mense behandel word nie. Daar was sowat 30 mense in die bus,” het Jacobs gesê.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Samantha van den Berg berig die ongeluk op die Helshoogtepad het omstreeks 09:00 gebeur.

Volgens Natasha Gouws, ’n senior verkeersbeampte by die Stellenbosch-verkeersdepartement, het ’n 26-jarige motorfietsryer, met ’n passasier agter op sy motorfiets, na bewering ’n 46-jarige voetganger raakgery en geval.

Die motorfietsryer is ernstig beseer en is later die middag in die Mediclinic Stellenbosch oorlede. Die voetganger is nog in ’n ernstige toestand in die Stellenbosch-hospitaal, het Gouws gesê. Die passasier is nie ernstig beseer nie.

Volgens Gouws moet die omstandighede rondom die ongeluk nog ondersoek word. Die Stellenbosch-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Jacques Mostert, woordvoerder van die Wes-Kaapse provinsiale verkeersdepartement, het gesê die verkeer op die paaie in die provinsie is baie rustig.

“Mense gedra hulle goed en ons sê baie dankie daarvoor,” het Mostert gesê.

Hy het gevra dat bestuurders moet onthou om selfs in die dag met hul hoofligte aan te ry.

- Van 1 tot 22 Desember het 100 mense op Wes-Kaapse paaie gesterf, vergeleke met 153 in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.



  • ​Oud-Jeugie kritiek ná hy kragkas tref, deur lug 'vlieg'

  • Negejarige getuig hoe haar ma vermoor is

  • 'Here, gee vir Ollie 'n trekklavier'

  • ‘Ek het hom aan sy tokse herken,’ sê ma ná seun nek breek

  • Ondersoek na polisiejaagtog kom

  • Gaste gooi gay-egpaar uit kroeg op Paternoster

  • Noodvergadering oor Lesotho duur voort

  • Polokwane se ‘hamer-aanvaller’ vasgetrek

  • Pasgebore baba uit hospitaal ontvoer

  • Kaapse taxibestuurder doodgeskiet, busse uitgebrand

  • Nóg een val hom dood by Tukkies

  • Luister: Niekie van den Berg nou deel van Netwerk24-span

  • 11 sterf toe motors op N1 in Limpopo bots

  • Só voel jonges oor die kerk

  • politiek

    Jesus moet weer kom – JZ

  • Ozrovech-dossier: DOV kyk vandag

  • Oom Ollie in sy slaap oorlede

  • Matriekseun erg by kuierplek aangerand

  • Lesotho: SA skarrel

  • Speaker mis EFF se spertyd oor skorsing

  • politiek

    Cyril waarsku amptenare oor steel

  • ‘Ek dink nie aan siekte of doodgaan,’ sê Joost

  • Slot breek sy nek, wil weer speel

  • Tyd raak min vir Don om appèl in te dien

  • misdaad

    Rowers buit al die wins van Karlien se konsert

  • Aanval: Vrou verloor dalk handfunksie

  • Wangedrag en af krag in hospitaal ontstel

  • Helde-ontvangs vir goue Gézelle

  • Bokke, Wallabies daag stil-stil op

  • Tukkies maak skoonskip in sêr

  • Vervolging kom gou in Bosasa-tenderskandaal

  • NWU-skenking bekyk

  • onderwys

    Private skole: Mark groei met 6,7% p.j.

  • Raad bekyk klag teen aanklaers

  • Maties bekommerd ná verkragting

  • Dis heerlike lente

  • Nkandla: Onderwysersvakbond kap Madonsela

  • gesondheid

    ‘Limpopo nie reg vir Ebola-siekes’

  • SANParke betaal twee R14 m. terug

  • ‘Dit vier apartheid-bloedbad’

  • ‘Ek dog eers die spelers baklei’

  • ‘Jy mag maar oor God twyfel’

  • Heuwels Fantasties, Navi Redd: Studentepret kan lei tot sukses

  • ‘Honderde’ bel oor hul nie Afrikaans hoor

  • ‘Elke reël is oortree’

  • politiek

    Tutu loof adv. Thuli se werk

  • politiek

    EFF, VF Plus staan saam

  • ‘Nêrens ’n haai te bespeur’

  • Drome ‘nou in asblik’

  • Eerder in haar motor na Jhb as in Gautrein

  • misdaad

    Haar duim met panga afgekap

  • misdaad

    ‘Babadief’ vrees kritiek, hoor hof

  • politiek

    Numsa dreig met massa-aksie

  • misdaad

    Vier skuldig ná aanslag op oudgeneraal

  • misdaad

    Raadslid ondersoek nadat tiener sterf

  • wereld

    Ouers ‘vat’ glo hul kind

  • 'Numsa kan staak as Zuma nie Nklandla-geld teruggee'

  • Speaker 'moet plan laat vaar om EFF te skors'

  • Vrou ernstig beseer ná panga-aanval op plaas

  • misdaad

    Man verbied om eks dop te hou

  • misdaad

    Onderwyser onskuldig

  • AfriForum tree in bres vir adv. Thuli

  • ‘Almal’ oor kameelperd se dood verkla

  • Pta-straat se naam dalk Mao Zedong

  • misdaad

    Bloulig-bestuurder is glo jammer oor Thomas

  • Joost droom van sentrum vir siekte

  • misdaad

    Skote op taxi: 3 van polisie in hof

  • SA vrou oorsee in sop

  • politiek

    EFF gaan hof toe oor skorsing van sy LP’s

  • ondersoeke

    Weermag-tenders laat wenkbroue lig

  • Drie onttrek aan Seriti-kommissie

  • ‘E-tol te duur vir publiek’

  • omgewing

    Rioolvuil vloei in woonbuurt-strate

  • Padvalk glo een van vier stropers