Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    18°C / 6°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 34%

  • Woensdag

    19°C / 7°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Donderdag

    20°C / 8°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%

  • Vrydag

    20°C / 8°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%

  • Saterdag

    19°C / 6°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Sondag

    15°C / 7°C

    Wind 24km/h

    Reënval 21.0mm

    Humiditeit 54%


‘SA stuur af op tweepartystaat’

Susan Cilliers
Sondag 02 Maart 2014
Moeletsi ­Mbeki

Potchefstroom. – Suid-Afrika stuur af op ’n twee- of hoogstens driepartystaat omdat mense van alle klasse toenemend saam die bedreiging van onder meer korrupsie voel.

Dít was verlede week die voorspelling van Moeletsi ­Mbeki, politieke ontleder, op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus.

Hy en Ebrahim Fakir, ook ’n politieke ontleder, het gepraat oor die rol van opposisiepartye in Suid-Afrika se 20ste jaar van demokrasie.

Mbeki het gesê dat Suid-Afrika tans 237 geregistreerde politieke partye het, wys ons grondliggende probleem uit: wanneer daar so baie agendas is, verwater dit en word dié partye al hoe minder gehoor.

Mbeki het ’n ontleding gedoen van verskillende klasse in Suid-Afrika, onder meer die politieke elite, die ekonomiese elite en die werkersklas.

“Die ekonomiese elite belê nie noodwendig in Suid-Afrika nie en voer baie kapitaal uit, uit vrees dat hulle hul geld gaan verloor as die politieke dit in die hand kry.”

Mbeki het gesê die ekonomiese elite kan moontlik nog ’n groot opposisiefaktor word om mee te reken omdat die DA grootliks die middelklas verteenwoordig

Daarenteen is 70% van ANC-ondersteuners werkloos, wat beteken werklose, arm mense is tans die heersende klas. Mbeki meen juis daarom is ­Julius Malema se EFF ’n groot bedreiging vir die ANC omdat die EFF toegang tot armes het.

Mbeki meen wat die armes, werkers in die formele sektor en ekonomiese elite toenemend saamsnoer, is wanbestuur en ekonomiese korrupsie.

Dit bedreig onder meer armes se toelaes.

Fakir het gesê ons Grondwet skep ruimte vir opposisie, maar dat dit nie noodwendig in ’n georganiseerde vorm soos ’n politieke party hoef te wees nie.

Burgerlike groepe kan ook hul stem dik maak.

“Demokrasie kan tirannie word as minderhede geen sê het nie en daarom word minderheidsregte ook in ons Grondwet beskerm,” het Fakir gesê.

Ongelukkig is Suid-Afrika in die “absurditeit” vasgevang dat ons aan die een kant bevoorregte mense met oorvloed het, en aan die ander kant armes en onderontwikkeldes.

“Dit lei tot sosiale probleme soos hoë misdaadvlakke, korrupsie en protes in strate.”

In Suid-Afrika sukkel opposisie-sienings om werklik sosiale geloofwaardigheid te kry.

“Navorsing sedert 2005 wys net 25% mense in ons land het ’n mate van vertroue in politieke partye,” het Fakir gesê.



  • Oud-tandarts wil hof toe oor parool ná moord op vrou

  • Afrikaanse universiteite bestaan nie meer - Blade

  • EFF-lede bestorm wetgewer; polisie druk deur toe

  • Nersa wil korrupsie met krag stuit

  • SA stuur taakspan na Midde-Ooste

  • Selfoonkenner getuig in Van der Merwe se moordverhoor

  • Alliansie teen hidrobreking stel ultimatum aan regering

  • Verdediging sê hoekom 3 nie gearresteer moet word

  • Jan Taks Doer Onder bekyk SA klub-baas

  • Mnr. X het 'niks by te dra' - Mpofu

  • Mikayla nou moeg vir dokters

  • ‘Pippie was in veel erger pyn’

  • DA-jeug betoog vir beurse

  • Kragtoevoer na Centurion 'Dinsdagmiddag herstel'

  • Rampvlug: MH17 (blog)

  • Israel tref 70 teikens in Gasa; dodetal meer as 570

  • 'Blerrie skande dat 'n kind só mishandel kan word'

  • Ystervarke dalk oorsaak van dié ergernis

  • Gholf boei haar, vertel Kiera (9)

  • Fotogalery: Prins George se eerste jaar

  • Anika: Pa, eks moet getuig

  • ‘Ek het met jag grootgeword,’ sê Matfield

  • Familie wil dié briewe bewaar

  • Aanklaer skryf net snaakse hofstories

  • Vliegramp: ‘Wat steek hulle weg?’

  • 'Leer dié kapers 'n les'

  • Familie herken een van kapers

  • Boewe ry 4 dae met Mongezi rond

  • Minister: ‘Ek sál plaasmoorde pak’

  • Bus ry 4 dood

  • 5-jarige val 3 m toe hy, pa in sentrum speel

  • ‘Ondergrondse Gasa is ’n uitgebreide netwerk’

  • Concordia se laaste vaart

  • ‘Los E-tol-vervolging vir eers’

  • Geduld op met anti-gay lande

  • Polisie bly in pasoppens danksy sosiale media

  • NW-raad kry ’n administrateur

  • Kernkrag: Miljoene gaan aan navorsing

  • SA is in ’n geldknyp, waarsku minister

  • Seun sterf: Arts ‘mislei’

  • Palestyne loof ANC vir sy ondersteuning

  • Transnet: Oues eis R79,5 miljard

  • Geologiese kaart van Mars sal Nasa help

  • Stropers jag wild met honde

  • Vroue maak glo groter wins

  • De Lille volgende voor Seriti

  • Baie vrae oor Lesufi se ‘integrasieplanne’ vir Gautengse skole

  • ‘Ons kry niks vir dié opoffering’

  • Net glimlagte toe Mongezi, sy ma herenig is

  • Bus ploeg deur voetgangers in Randburg; minstens 3 sterf

  • N4 hiér gesluit ná ongeluk

  • 4-jarige se gru-dood: 'Bring kapers vir ons'

  • Gasa-konflik ruk die wêreld

  • Seriti: Richard Young begin nie getuig

  • SAPD gaan nuwe rekrute 'nou straf toets'

  • Kind (4) 10 km gesleep

  • Metro-hoë jaag deur heining

  • Man met 6 breuke wag lánk op operasie

  • Renosterhandel: 'Sindikaat' in 2015 op 1 872 klagte verhoor

  • 5-jarige gekaap: 'Hoekom het jy my nie vroeër kom kry?'

  • Beloning vir inligting oor kapings

  • Russiese missiel het tuig getref, sê die VSA

  • VN-veiligheidsraad vra 'onmiddellike skietstilstand' in Gasa

  • Israel vernietig tonnels

  • Waaroor gaan die konflik en waarop stuur dit af?

  • ‘Hoofpyn’ en ‘Soettand’ gevang

  • Powers gee donker wolk ’n silwer randjie

  • Afrigter ontsnap van 17 rowers

  • Juniors sondebokke?

  • Warmer week lê voor vir noorde van land

  • SAUK ‘sê dankie aan personeel’

  • ‘Slim kontaklense’ sal diabete só help

  • Mense hou van sy reekse óf haat dit

  • Weerwolfkat het nie nig of neef

  • Verpligte vak kry steun én teëstand

  • 71-jarige voltooi 41ste kano-resies

  • Politieke dagboek

  • Meer vrae ná jongste vliegramp

  • SA soldate gedenk Slag van Delvillebos

  • Franse rugbyspelers in kapmesaanval

  • Sewe dood toe taxi, motor op R37 bots

  • JP Koen se bloed is nog groen

  • Raadslid van IVP by hostel geskiet

  • Kinderlyk by kerk in KZN gekry: Man in hof

  • Muil wou ma ‘beter lewe gee’

  • Brand lei tot groot skade vir Heilsleër

  • DA-LUR hospitaal verbied

  • Toelaes bevoordeel arm jonges