Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    29°C / 8°C

    Wind 33km/h

    Reënval 0.1mm

    Humiditeit 16%

  • Vrydag

    23°C / 9°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 10%

  • Saterdag

    23°C / 9°C

    Wind 18km/h

    Reënval 5.5mm

    Humiditeit 38%

  • Sondag

    23°C / 14°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 36%

  • Maandag

    27°C / 14°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Dinsdag

    27°C / 14°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%


Oscar Pistorius: Dag 7 (blog)

Darren Fresco onder kruisverhoor. Hof verdaag, verrigtinge hervat om 09:30.

pauli van wyk
Maandag 10 Maart 2014
Beeld se regstreekse blog is soos jou ma se spens: Alles in groot maat op een plek. Verfris die blad gereeld vir die jongste nuus, eienaardighede, video's en foto's.
14:57
11 Mar
14:53
11 Mar

Oeps:

14:43
11 Mar
14:42
11 Mar
14:39
11 Mar

'n Vinnige kykie op Darren Fresco se Facebook-bladsy wys dié foto wat gister op sy blad gelaai is. Daarby skryf Fresco hoe hy teen 300km/h in vyfde rat ry. 

"Still got 6th waiting"

14:29
11 Mar

Die Duitse Spiegel skryf Oscar Pistorius "bricht im Gerichtssaal zusammen". Losweg vertaal beteken dit Pistorius het in duie gestort.

14:22
11 Mar

Adv. Barry Roux SC beweeg aan na die Tasha's skietery. Hy vra Darren Fresco uit hoe dit kan wees dat hulle koppe so na aan mekaar kon wees soos wat Fresco dit verduidelik {Dít nou tydens die oomblik wat hy sy vuurwapen aan Oscar Pistorius onder die tafel aangegee het en gesê het "I'm one up"}​

14:14
11 Mar

Adv. Barry Roux SC sê {vir 'n tweede keer} Oscar Pistorius sal ontken dat hy die skoot deur die sondak afgevuur het. Darren Fresco sê dit is onwaar.​

14:07
11 Mar
14:06
11 Mar

Oscar Pistorius maak notas in die beskuldigdebank. Vandag dra hy 'n bril en lyk meer kalm as gister. Foto: Kevin Sutherland (Times Media Group)

14:04
11 Mar

Raait, hier gaan ons vir die tweede deel van Darren Fresco se kruisverhoor. Adv. Barry Roux SC {wat klink soos 'n krokodil wat by die water lê en wat} sê hy sal eers vra oor die skietery deur die sondak en daarna by Tasha's-restaurant.

13:56
11 Mar
13:48
11 Mar
13:20
11 Mar
13:18
11 Mar

Oscar Pistorius met sy oë toe in die beskuldigdebank kort voor die hof vir middagete verdaag. Foto: Kim Ludbrook (Reuters)

13:16
11 Mar

Darren Fresco is die blonde langhaar-man:

13:14
11 Mar

Daily Maverick skryf oor die wonderwêreld van Oscar Pistorius en sy kamerade:

Does time operate differently within the walls of the North Gauteng High Court? Is it a Narnia-like wormhole to an alternative dimension? Will journalists emerge from the Pistorius trial still youthful and sprightly, only to find all their loved ones withered and grey?

Rebecca Davis
13:10
11 Mar

Darren Fresco sukkel om sekere gebeure te onthou, maar meestal is hy 'n uitblinker.

13:06
11 Mar
13:03
11 Mar
13:02
11 Mar

Die Britse Telegraph oor Oscar Pistorius, Afrikaners en sport:

Listening to the witnesses, it struck me that they were all from the Afrikaner community, a group that has been squeezed by the promotion of black South Africans over white. Afrikaner farmers feel endangered on their farms, and young Afrikaner men and women find it difficult to get jobs; they have been marginalised. In the name of affirmative action, an immigrant Nigerian will be preferred for an academic job at Cape Town University at the expense of a white, native-born, South African with similar qualifications. Few government sector jobs are available to Afrikaners. Since 1994 many Afrikaners have had to reinvent themselves. English-speaking South Africans long ago made their own way in business and industry and many have been very successful. Excelling at sports has become one way of achieving something in a world that has closed to Afrikaners in so many ways, providing a surprisingly large number with a life of riches and fame in golf, cricket and rugby. Pistorius is one of them – a sporting success, a phenomenon, a necessary hero and a tribute to South Africa despite, and even because of, his disability. There was something inspiring and defiant about him as he flashed down the track on his blades.

Justin Cartwright
12:55
11 Mar

Darren Fresco ontken dat hy saam met Oscar Pistorius daarvan gepraat het om 'n skoot af te vuur, dat hulle geïrriteerd was met die metropolisie en dat hulle saam gelag het daaroor  {Samantha Taylor het dié getuienis gelewer}.​

12:53
11 Mar

Darren Fresco het twee verkeersoortredingsboetes gekry. Die eerste, volgens Fresco, omdat hul motor nie nommerplate opgehad het nie, en die tweede vir die oorskreiding van die spoedgrens:​

12:51
11 Mar
12:50
11 Mar

Die Britse koerant First Post oor Oscar Pistorius se angstigheid:

The athlete blocked his ears and threw up into a bucket as Professor Gert Saayman, head of forensic medicine at the University of Pretoria, described the findings of his post-mortem.

First Post
12:47
11 Mar

Ons is terug in die hof, Darren Fresco is steeds onder kruisverhoor.

12:42
11 Mar
12:31
11 Mar
12:28
11 Mar

Terwyl die hof vinnig 'n breek neem, verduidelik ek gou wat 'n "hairline trigger" is soos wat Darren Fresco verduidelik het sy wapen het. Dít teen die agtergrond van 'n Glock wat nie 'n slagpen het nie:

  1. Dit kan wees dat 'n wapen só gestel is om sonder baie druk op die sneller af te gaan. Dit is voordelig vir die akuraatheid van 'n skoot omdat die trekaksie dikwels die ronde die teiken kan laat mis.
  2. Soos in Darren Fresco se geval, kan dit ook die aksie/sneller wees wat die vuurmeganisme van 'n vuurwapen aktiveer. As jy die vuurwapen vashou en jy trek die sneller effens, voel dit in die middel van die aksie asof daar iets meegee. Dit is dan wat jy weet, sou jy die sneller verder trek, sal die skoot afgaan. Fresco reken dít is wat met Oscar Pistorius gebeur het. Wanneer die pistool oorgehaal is, staan die "hairline trigger" regop en is 'n aanduiding dat die wapen oorgehaal is.

Dié fotofoto is van 'n Glock wat nie gereed is om afgevuur te word nie. Sodra die vuurwapen oorgehaal word, trek die "hairline trigger" regop. Dit is die klein lippie wat hier onder uitsteek. Sou jy die sneller van voor af bekyk, sal dit lyk of dit in twee gedeel is. Die een deel sal regop staan. Sodra jy dié sneller aftrek, is net 'n effense drukking op die sneller nodig vir die skoot om af te gaan.

12:21
11 Mar
12:20
11 Mar

Adv. Barry Roux SC vra waarom Darren Fresco uit sy eie stel dat hulle koppe naby aanmekaar is en waarom hy sê dat Pistorius dalk nie kon gehoor het nie. Hy vra of iemand Fresco gesê het dat Pistorius dié feit sal teenstaan. Fresco gee nie 'n volledige antwoord hier nie.​

12:19
11 Mar

Só lyk die hofsaal waar Oscar Pistorius, sy familie, ondersteuners en joernaliste sit. Foto: Kim Ludbrook (EPA)

12:16
11 Mar

Adv. Barry Roux SC besig om Darren Fresco onder kruisverhoor te neem. Foto: Kevin Sutherland (Times Media Group)

12:14
11 Mar
12:13
11 Mar

Oscar Pistorius in die beskuldigdebank tydens getuienis vandag. Foto: Kevin Sutherland (Times Media Group)

12:11
11 Mar

Oi, adv. Barry Roux SC wys nou uit dat Darren Fresco nie in sy aanvanklike verklaring gestel het dat hy die blaam vir Oscar Pistorius sou neem nie. Fresco kan nie verduidelik waarom nie. Hy reken dis iets wat hy nie aan gedink het nie.

12:09
11 Mar
12:08
11 Mar

Ah en hier begin adv. Barry Roux SC sy aanslag op Darren Fresco se getuienis. Hy vra of Fresco 'n prokureur aangestel het om verklarings af te neem.

Ek wou seker maak ek kry myself nie in die moeilikheid nie. Daarom het ek regshulp ingewin. Ek het niks verkeerd gedoen nie.

Darren Fresco
12:03
11 Mar

Oe...ook Darren Fresco getuig nou dat Oscar Pistorius hom gevra het om die blaam op hom te neem. Pistorius het dit by monde van adv. Barry Roux SC ontken, maar Kevin Lerena het dieselfde getuig.

Oscar het dadelik die wapen aan my teruggegee en gesê asseblief daar is te veel media-aandag op my in die stadium, sal jy die rap vir my vat. Ek is sy vriend en het dadelik gesê ja, graag.

Darren Fresco
12:01
11 Mar

Adv. Gerrie Nel, staatsaanklaer, vra Darren Fresco uit oor sy wapen.

Ek kan nie sê wat Oscar Pistorius met die vuurwapen gedoen het nie, maar ek het gedink hy is besig om die ronde uit te haal. Op my wapen is daar nie 'n veiligheidsknip nie. Ek dink nie hy het besef hy het 'n nuwe ronde in die loop ingerol nie. Hy het die sneller getrek om die wapen te beveilig. 'n Skoot het afgegaan. Niemand van ons het geweet waarheen die ronde gestuur is nie. Ons het alvier baie groot geskrik. Ek het gesê ons moet net maak asof niks gebeur het nie. Ek het gedink die meeste mense sal dalk dink dit was 'n gasontploffing uit die kombuis.

Darren Fresco
11:53
11 Mar

Adv. Gerrie Nel, staatsaanklaer, vra Darren Fresco nou ook oor die skoot wat in Tashas-restaurant afgegaan het. {Onthou getuienis van Kevin Lerena stel dat die vuurwapen Fresco sin was}

Ek, Oscar, Martyn Rooney en Kevin Lerena het by Tashas gaan eet. Ek het 'n Glock 27, 'n 40-kaliber vuurwapen. Oscar het gevra dat ek my vuurwapen vir hom moet aangee. Ek weet nie hoekom nie. Ek het gedink hy is bevoeg. Ek het die wapen onder die tafel vir hom aangegee. Die oomblik toe sy hande aan die vuurwapen raak het ek vir hom gesê "I'm one up". {Menend daar is 'n ronde in die loop}

Darren Fresco
11:50
11 Mar

Wat ook interessant is van dié getuienis, is dat Oscar Pistorius alles ontken. Sy eks meisie Samantha Taylor het oor dieselfde insident getuig en adv. Barry Roux SC het aan haar gestel dat Pistorius dit sal ontken.

11:49
11 Mar
11:48
11 Mar

Ek het bestuur, Oscar het in die passasiersitplek gesit en Sam Taylor agter in. Sonder vooraf waarskuwing het hy 'n skoot deur die sondak afgevuur. Ek het instinktief na die regterkant van die voertuig beweeg omdat die skoot bokant my linkeroor afgegaan het. Ek het gesien hoe hy die vuurwapen deur die sondak terugtrek. My lady jammer vir my taalgebruik {sê Darren vir die regter} but I asked him if he was fucking mad. My oor het gevoel of dit bloei. Oscar het net gelag oor wat pas gebeur het.

Darren Fresco

Volgens Samantha Taylor het beide Fresco en Pistorius die metropolisie gekoggel waarna hulle weggejaag het in die hoop om 'n robot raak te skiet. Albei het volgens Taylor gelag toe die skoot afgegaan het.

11:45
11 Mar

Darren Fresco sê kort na die twis het nog 'n paar metropolisielede opgedaag.

Hule het gesê hulle het ons van die tolhek af gejaag. Ons is beboet en het daarna gery. Oscar was woedend omdat iemand aan sy vuurwapen gevat het.

Darren Fresco
11:43
11 Mar

Darren Fresco, 'n vriend van Oscar Pistorius, getuig nou oor die dag toe Pistorius glo 'n vuurwapen deur die sondak van 'n motor afgevuur het.

Daar was 'n twis tussen Oscar en die polisie. Hy het gesê jy kan nie net aan 'n ander man se vuurwapen vat nie. Die argument het net aan en aan gegaan. Die polisieman wat my afgetrek het, het na die twee gegaan om die twis te probeer ontlont.

Darren Fresco
11:22
11 Mar

Paraguay se Deportes skryf ook oor Oscar Pistorius se nare oggend.

11:18
11 Mar

Oscar Pistorius vandag in die bekuldigdebank. Hy is heelwat kalmer as gister. Foto: Kevin Sutherland (Times Media Group)

11:16
11 Mar

Arnold Pistorius is baie vriendelik met van die internasionale joernaliste. Tussendeur hofverrigtinge maak hy geselsies met hulle en gee selfs vir hulle cappucinos.

Marida Fitzpatrick
11:12
11 Mar

Kyk Beeld se prettige spotprent vandag. En check bietjie JZ van Nkandla se stokies.

11:10
11 Mar
11:09
11 Mar

Reeva Steenkamp kon en sou waarskynlik geskreeu het ná die pynlike wonde wat sy opgedoen het. Ook: Wanneer kenners verwys na verlies aan kognitiewe funksie, praat hulle van die vermoë om op 'n hoër vlak te dink en te redeneer, nie om te skreeu nie. Sy sou kon skreeu, ten spyte van verlies aan kognietiewe funksie. Oscar Pistorius lyk vandag baie kalmer as gister.

Marida Fitzpatrick
11:08
11 Mar

Die hele land is nou kenners in gastronomie. Dit laat my dink aan dié grappie: Daar is twee tipes mense in die wêreld. Dié wat die Oscar Pistorius-verhoor kyk en dié wat daaroor lieg.

10:58
11 Mar

Regter Thokozile Masipa het gister 'n verbod op regstreekse Twitter- en blog-verslaggewing geplaas. Vandag het sy dié besluit onverklaarbaar omgekeer. Prof. Johannes Froneman van die Noordwes-Universiteit se kommunikasiedepartement sê sy sê:

Die regter verf haarself in 'n hoek. Sy wil nou gedeeltelik 'n sluier trek en veroorsaak op die lange duur 'n onhoudbare situasie. Hoe motiveer jy die beginselverskil as dieselfde joernalis nie 'n twiet mag skryf nie, maar wel vir more se koerant? In vele opsigte is dit 'n baanbrekersaak. En nou gaan ons agteruit. Wat van ander hofsake waar daar ook grusame getuienis gelewer word?

Prof. Johannes Froneman

In ons hoofberig skryf Beeld die volgende:

...Masipa gaan te ver met die beperkings wat sy op die media in die verhoor plaas. Twee weke gelede is dit as 'n oorwinning vir geregtigheid en oopheid geloof toe regter-president Dunstan Mlambo 'n aansoek van mediagroepe toegestaan het om die verhoor op sekere voorwaardes regstreeks uit te saai. Die beslissings wat Masipa in die verhoor oor die media gemaak het, verwater die oopheid.

Beeld-hoofberig
10:50
11 Mar

Prof. Gert Saayman het sy baie sterk getuienis klaar gelewer. Hy het gebly by sy punt dat Reeva Steenkamp waarskynlik teen 01:00 laas iets geeet het en kort na 03:00 geskiet is. Adv. Barry Roux SC het sy bes probeer om Saayman se gedagtes verdag te maak, maar Saayman het by sy storie bly staan en gesê hy het baie ervaring en het reeds 15 000 {eep!} nadoodse ondersoeke gedoen. Die hof breek vir 'n halfuur.

10:43
11 Mar
10:38
11 Mar

Ons is nou op die onderwerp van maagwerkings.

10:27
11 Mar

Ek het nou hardop gelag vir die pittige Rebecca Davis. Loop kyk na haar skryfwerk in Daily Maverick.

10:22
11 Mar
10:21
11 Mar

Kyk hoe interessant {en mooi} is dié storie van The Star vandag. Dit vertel van die Yslanders Isgridur Hanna Johannesdottir en Ebba Gudny Gudmundsdottir wat na Suid-Afrika gereis het om Oscar Pistorius by te staan. Die bene van Ebba se seun Haflidi (8) is net soos Pistorius sin ook afgesit. Volgens Ebba is hulle lank reeds vriende met Pistorius.

{PS: kyk die Yslanders se interessante vanne. Daar kry jy jou pa se naam met die agtervoegsel -dottir of -son as 'n van. My Ysland-van sal Paulsdottir wees, omdat my pa se naam Paul is.}

They felt it was the right thing to do, to support a friend going through a difficult time. ....Haflidi Hafthorsson (8) has the same disability as Pistorius. From a few days after he was born (they) have shared dinners, etters and phone calls with the sports star (Pistorius).

Theresa Taylor

Koerantknipsels uit The Star van Pistorius saam met Haflidi Hafthorsson {kyk die mini lemme!}. Onder is sy ma Ebba Gudmundsdottir en sy ouma Sigridur Johannesdottir.

10:03
11 Mar

Dít is prof. Gert Saayman, die nadoodse ondersoeker wat die post mortem op Reeva Steenkamp gedoen het. Wanneer die hof weer in sitting is, sal adv. Barry Roux SC met Saayman kibbel oor sy kundigheid en sy bevindinge.

Roux sal vrae vra oor onder meer:

  • Die inhoud van Reeva Steenkamp se maag. Dit is belangrik omdat Oscar Pistorius in sy pleitverduideliking gesê het die paartjie is omstreeks 22:00 bed toe. Maar Saayman reken Steenkamp het dalk omstreeks 01:00 iets lig geeet. 
  • Die inhoud van haar blaas. Sowat 'n teelepel urine is in haar blaas gevind.
  • Dit is belangrike getuienis omdat dit Pistorius se weergawe reëlreg weerspreek. Daarom sal Roux sy bes doen om twyfel te saai oor dié bevindinge.
  • Onthou dat die staat sy saak bo twyfel moet bewys, maar dat die verdediging net hoef te bewys dat Pistorius se kant van die saak redelik moontlik waar kan wees.
09:58
11 Mar
09:57
11 Mar

Oscar Pistorius en sy neefs cum lyfwagte kom vanoggend by die hooggeregshof in Pretoria aan. Ek kyk na dié foto en dan na foto's in die eerste week. Pistorius het in die eerste week 'n hatigheid teenoor die media uitgestraal. Dit wil-wil lyk asof hy minder energie het om emosie buite die hof te wys... Foto: Brendan Croft (Foto24)

09:51
11 Mar
09:38
11 Mar

Prof. Gert Saayman is nou onder kruisverhoor. Adv. Barry Roux SC spring dadelik weg en vra wat haar beserings aan haar kognitiewe funksie sal doen. Onthou dat dr. Johan Stipp getuig het toe hy by haar kom, was Reeva Steenkamp se kornea melkerig en hy het geweet sy is dodelik gewond.

09:35
11 Mar

Regter Masipa het pas beveel dat die media 'n pakket moet aanbied aan die verdediging en die aanklaers voordat regstreekse inligting uit die hof uitgesaai mag word. Dit is 'n vorm van sensorskap. Die media lê Nooit enigiets aan enigiemand voor nie, omdat dit onafhanklikheid negatief beïnvloed. Ek glo steeds dis louter twak.

Ons mag wel blog en twiet. {Oh joy}

09:30
11 Mar
09:29
11 Mar

En in ander nuus: Oscar Pistorius het pas by die hof opgedaag. Gister was blykbaar 'n riller van 'n dag en na verwagting gaan dit nie binnekort verbeter nie. Prof. Gert Saayman, nadoodse ondersoeker, sal weer getuig oor Reeva Steenkamp se beserings en adv. Barry Roux SC sal hom binnekort onder kruisverhoor neem.

09:23
11 Mar

Op 'n meer ernstige noot: Mense vra my op Twitter {o haai, ek's Pauli, die journo wat jou op hoogte hou van elke trilling op die Oscar-Richterskaal} of (a) Oscar Pistorius wel in sy moordverhoor sal getuig en of (b) dit nie baie sleg vir die verdediging se saak sal wees nie:

a. Pistorius se regsverteenwoordigers het in die hof gestel dat Pistorius oor verskeie geleenthede "sal kom getuig".

b. Pistorius kan kies om te getuig of nie. Dit is 'n tweesnydende swaard, behou hy die reg op stilswye, hoef hy nie te verduidelik of onder adv. Gerrie Nel, staatsaanklaer, se kruisverhoor deur te loop nie. Máár dit sal sy saak dalk meer skade doen omdat hy nie sy kant van die saak verdedig of verduidelik nie. Dit beteken effektief dat die beskuldigings van die staat onbestrede gelaat word, afgesien van sy pleitverduideliking.

09:18
11 Mar

Kudos egter vir die Daily Sun wat lei met "No sex in 30 years!"

18:43
10 Mar

Oscar Pistorius en sy nare dag gister is weer op die meeste voorblaaie. Die emmer vol...erm, naarheid asook die rondes wat "omvou soos die blare van 'n blom sodra die projektiel tref", domineer die voorblaaie.



  • ‘Profeet, waar is my kind?’

  • ‘Ek hoop Ollie glimlag’

  • onderwys

    Studente ruk TUT tot stilstand

  • politiek

    Floyd wys Cyril daai vinger

  • Los maar die vleis

  • misdaad

    Oscar: Dít kan appèl stuit

  • Floyd gee Cyril die middelvinger in parlement

  • Metrolid beroof, doodgeskiet

  • politiek

    SAUK se Ellen kry dit hotagter uit nóg 'n oord

  • misdaad

    Tandarts skuldig aan seksdade met seun

  • Lagos: Media verbied, volgelinge mag nie praat

  • Padwoede: Seun 'dink nog elke dag aan man se dood'

  • Polisie verjaag oproeriges by TUT met rubberkoeëls

  • Waterprobleme in Jhb nie vir almal verby

  • politiek

    Beraad moet munisipaliteite reg ruk

  • Bakkie-rit red sy lewe toe bye takel

  • Lagos: SA slaggereed om te gaan help

  • TUT-klasse steeds ontwrig

  • wereld

    Nigerië: 'SA dodetal kan aangepas word'

  • Nuusdag met Niekie: In diepte-gesprek oor Lagos-tragedie

  • Baie van SA stroom na Nigerië vir religieuse supersterre

  • politiek

    Opposisie storm uit

  • misdaad

    Padwoede: Pa sterf by sy gesin

  • politiek

    LP’s vra vir skorsing van SAUK-vrou tot ná ondersoek

  • misdaad

    2 verkrag haar by vriend

  • misdaad

    23 betogers in arres weens skade aan plantasies

  • wereld

    VSA stuur militêre hulp teen krisis in Wes-Afrika

  • omgewing

    6 vermeende renosterstropers in arres

  • Replika van Madiba se tronksel nou te sien

  • ondersoeke

    Plaasaanvalle: MRK wil van werkers hoor

  • misdaad

    Regter looi die polisie en advokate

  • ondersoeke

    Drukgroep dalk hof toe oor kritiek op OB

  • Talle verwelkom uitstel van kinderreisregulasies

  • Mbeki se biblioteek help om Afrika-leiers te verstaan

  • onderwys

    MP3-speler help jong kinders leer in klaskamer

  • ondersoeke

    Zuma se derde vrou kap SAUK

  • Tekort aan water kan ontwikkelplan kelder

  • wetenskap

    Parabot bal vuis teen stropers

  • SA onderwyser se vrou, twee seuns vrees ergste

  • misdaad

    Malema se regsman help boesemvriend ná skietery

  • misdaad

    Besteel deur ‘groen man’

  • misdaad

    Mpofu kry SC-status ná hy glo hulp vra

  • Talle bekendes van SA, Afrika na profeet Joshua

  • wereld

    Skotland: Dis jonk teen oud

  • Boer sterf by brand

  • misdaad

    Man ry met koeël in neus na hospitaal

  • 40 van nooddiens gepos ná onwettige staking

  • wetenskap

    Veearts verwyder gewas uit goudvis se kop

  • Beurtkrag: Eskom sê gou ’n week vooraf

  • misdaad

    Kapers tap 35 000 liter brandstof uit tenkwa

  • SA in rou

  • Genade hou dit regop

  • omgewing

    Osoonlaag herstel goed

  • Dorpie se enigste bank gaan sluit

  • Gesin moet student groet ná kêrel na sy dood spring

  • Akteur 'n dogtertjie ryker

  • Tienerboeties op pad huis toe ná skool beroof

  • Student sterf ná perdry-ongeluk

  • politiek

    SAUK-baas moet ‘kwalifikasies’ verduidelik

  • Mmusi moet EFF se kollig steel

  • Vergadering oor EFF-LP's gekanselleer

  • Nuwe visum-regulasies vir kinders uitgestel

  • Kerrie en rys was Owein se laaste ete, hoor hof

  • Grabouw-betogings: Polisie staan gereed

  • 13-jarige verdrink in Benoni

  • Outa 'mislei publiek oor e-tol'

  • Nuusdag met Niekie: 'Romeo en Juliet'-selfmoord

  • Malema-boesemvriend gee hom oor ná skietery

  • Twee sterf in vliegongeluk in KZN

  • VSA-lugaanvalle op IS naby Bagdad

  • ondersoeke

    Tekort aan militêre toerusting is ’n krisis

  • politiek

    ‘Wittes bevoordeel’; kry minste werk

  • omgewing

    Minder reën, meer vloede

  • misdaad

    Ontvoerde vrou veilig

  • misdaad

    Malema se vriend soek ná skote

  • 5 SA groepe waar gebou inval

  • gesondheid

    ‘Potjierol eet meer as jy hom verneder’

  • misdaad

    Staat vat R102 m. vir wapens af

  • omgewing

    Lentereën wyk nog, koue terug

  • ondersoeke

    SA verkoop gewere aan land wat onderdruk

  • omgewing

    ‘Renoster-kwessie verwar Viëtnamese’

  • Sewe oorval en beroof Von Abo, werkers

  • misdaad

    Regslui probeer keer dat man in Botswana hang

  • misdaad

    Oudregter probeer tugstappe in die hof keer

  • politiek

    Nóg ’n aanval op OB

  • misdaad

    See-uitsig: Sy appèl misluk

  • onderwys

    Godsdienssaak: ‘Laat húl opdok’

  • misdaad

    ‘Statistiek gaan plaasmoorde nie stuit nie’

  • misdaad

    Valke bekyk bedrog by VS-rugby

  • Soos Romeo en Juliet

  • Lanseria: Miljoene dollars bevries

  • Boervrou breek rug, onseker of sy weer kan loop

  • Tut-studenteraad ontbind

  • Maak plaasaanvalle 'n 'prioriteitsmisdaad'

  • politiek

    JZ-bome kos jou R1,6 m.

  • Nuusdag met Niekie: Marida Fitzpatrick oor Oscar-saak

  • INVICTUS HARRY SE BESTE VERJAARSDAGGESKENK

  • De la Rey 100 jaar ná dood ‘steeds ’n held’

  • Ruimteman se foto’s van aarde treffers

  • onderwys

    ‘Kondome nie vir kind’

  • NS-pers swaai Bokke lof toe

  • Du Plessis ‘in gat groter as Kimberley s’n’

  • politiek

    ‘SA het ál meer geheime’

  • misdaad

    SA hof het Reeva verraai, sê halfbroer

  • Jagende platejoggie vas, mis partytjie

  • Vrou (60) sterf ná botsing, man erg beseer

  • onderwys

    Kolleges kom vir dié wat nooit op skool was

  • misdaad

    Ontsnap uit hofsel: Een sterf ná polisie twee skiet

  • omgewing

    Renosters: ‘SA kan weer ’n kolonie word’

  • onderwys

    Meer as 7 m. skryf ANA’s

  • Pa eis R300 000 ná slaggat sy kind beseer

  • wereld

    Kuba beloof Ebola-hulp

  • Wilde katte kos Desmond kwart van sy geld

  • gesondheid

    SA het 8ste meeste selfdode

  • wereld

    Yanks moet SA dieretuin ‘vermy’

  • owereld

    Man gee voor hy is vroulike generaal

  • misdaad

    Aan brand gesteek – deur my seun

  • ‘Bertie’ wou uit hospitaal glip vir optrede

  • wereld

    Yank moet 6 j. sit ná hy visum in N-Korea opskeur

  • misdaad

    Vrou weier om in vrees te lewe ná plaasaanval

  • wereld

    ‘Ons sal hulle jag, laat boet’

  • ondersoeke

    ‘Maak besluit openbaar’

  • misdaad

    Man doodgeslaan: Oudpolisieman kry 18 j.