Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    21°C / 11°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.4mm

    Humiditeit 51%

  • Vrydag

    22°C / 12°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 37%

  • Saterdag

    24°C / 12°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Sondag

    24°C / 13°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 37%

  • Maandag

    23°C / 12°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 38%

  • Dinsdag

    23°C / 13°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 34%


Só het dertien geval

Dana Snyman
Dinsdag 07 Mei 2013
Die Slag van Bangui in die Sentraal-Afrikaanse Republiek was een van die hewigste veldslae waarby Suid-Afrikaanse soldate al betrokke was. Dana Snyman het gesels met kol. William Dixon, wat in bevel was.

Vir kol. William Dixon is die Slag van Bangui in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) nog nie heeltemal verby nie. Hy dink nog knaend daaraan.

“Ek is trots op my troepe,” sê hy. “Daar was nie een geval van die weiering van wettige opdragte of van lafhartigheid nie. Nie een van hulle het weggehardloop nie.” Anders as die SAR se presidensiële troepe, wat glo gevlug het toe die eerste skote klap.

“Ek weet nie hoekom is die publiek so negatief oor ons soldate nie. Mense sal verbaas wees as hulle sien hoe patrioties en toegewyd ons troepe is.”

Die hele tyd terwyl Dixon praat, wip sy linkerknie op en af.

Hy het besluit om die eerste keer sy storie te vertel, want in die laaste ruk is allerhande, volgens hom, onwaar bewerings gemaak oor die Slag van Bangui, soos dit in die binnekringe genoem word.

“Party mense sê ons het teen kindersoldate geveg. Dis nonsens, man. As daar kinders op die slagveld was, het ek hulle beslis nie gesien nie.”

Dis ’n koel Saterdagoggend, presies drie weke ná die slag, en ons sit aan ’n tafeltjie in ’n restaurant in Centurion. Langs hom sit sy vrou, Brenda, met wie hy al meer as 20 jaar getroud is.

“Ander sê weer ons het nie genoeg ammunisie gehad nie. Dis ook snert,” sê Dixon. Hy rits die name af van die wapens en hoeveel ammunisie gebruik is: Sowat 12 000 skote is met 12,7 mm-masjiengewere geskiet, en meer as 200 mortierbomme is gelanseer. Dan was daar nog die sowat 60 vuurpyle en die derduisende skote wat met die kleiner masjiengewere geskiet is.

Die gesaghebbende militêre kenner Helmoed-Römer Heitman meen die Slag van Bangui is een van die hewigste veldslae waarby ons weermag al betrokke was.

Dixon (48) stem saam. Hy is al die afgelope 31 jaar ’n beroepsoldaat.

Eers was hy in die infanterie; later by 1 Valskermbataljon in Bloemfontein. Hy het lank diens gedoen in die operasionele gebied in die ou Suidwes en Angola.

Hy hét al voorheen oorlog gesien.

Op ’n kol, toe dit ’n bietjie stiller gaan, sê Smittie vir my: ‘Kolonel, my mes is weg.’ “Ek dag toe: ‘Smittie, ná alles wat gebeur het, gee ek nie ’n donner om wat met jou mes gebeur het nie. Maar ek vra toe maar: ‘Nou wat het met jou mes gebeur, Smittie?’ “Toe antwoord Smittie: ‘Ek het dit in iemand se borskas in gedruk en toe vergeet ek dit daar, Kolonel.’ “Smittie het nie ’n cowboy probeer wees nie. Dís hoe naby ons aan die vyand gekom het.”

“Bangui was ’n skrikwekkende ervaring.”

Hy laat sak sy kop en kyk na sy hande wat voor hom op die tafel rus.

“Die slag het die Vrydagmiddag begin. Die Sondagoggend, toe ek ná ’n bietjie rus opstaan, het ek nie gedink ons gaan oorleef nie.

“Ek het in die donker gestaan en bid, en gesê: ‘Hemelse Vader, as U my vat, vat my gou.’ ”

Hulle was omsingel deur tussen 3 000 en 7 000 rebelle.

Dixon is in Januarie na die SAR gestuur.

Hy en sy sowat 200 troepe het opdrag gehad om die reeds ontplooide Suid-Afrikaanse Weermag-kontingent daar te gaan bystaan. Oor die politiek rakende die SANW se betrokkenheid in die SAR wil hy hom nie uitlaat nie.

Hy is ’n soldaat, nie ’n politikus nie.

Aanvanklik het alles taamlik kalm en rustig verloop by hul basis in Bangui, die hoofstad van die SAR.

“Die bevolking het ons met ope arms ontvang. Drie plaaslike mense het ook as arbeiders vir ons in die basis gewerk.

“Een se naam was Lucienne. Hy was so ’n kortetjie, met yslike groot voete. Hy het altyd plakkies gedra.”

“Vertel van die predikant,” por Brenda hom aan.

“ ’n Plaaslike predikant het vir ons kerk kom hou. Ons het later vir hom twee blikke verf geskenk sodat hy sy kerk daarmee kon verf. Baie van my soldate is toegewyde Christene.”

Maar mettertyd het die spanning in Bangui en die res van die land toegeneem. Die sogenaamde Seleka-rebelle was besig om die beheer van die land oor te neem, en François Bozizé, die land se president, het na Kameroen gevlug.

En toe, op Vrydag 22 Maart, breek die geveg tussen die Seleka-rebelle en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-kontingent uit – die geveg waarin 13 Suid-Afrikaanse soldate dood en 27 gewond of beseer is.

Die Slag van Bangui.

“Die troepe wat dood is . . .” Dixon bly ’n rukkie stil en verander dan die gesprek se rigting. “Ek het vir drie dae byna niks geslaap nie. Jy gaan net aan en aan. By tye was ons en die rebelle teenaan mekaar.

“Al my troepe was swart. Daar was net een wit outjie. Smittie. Smittie en so ’n groot Portugees, Blackbox, was buddies. Blackbox was in 32 Bataljon.

“Hy en Smittie was verantwoordelik vir die veiligheid van die HK-voertuig waarop ek was. Hulle is onafskeidbaar, Smittie en Blackbox.

“Op ’n kol, toe dit ’n bietjie stiller gaan, sê Smittie vir my: ‘Kolonel, my mes is weg.’

“Ek dag toe: ‘Smittie, ná alles wat gebeur het, gee ek nie ’n donner om wat met jou mes gebeur het nie. Maar ek vra toe maar: ‘Nou wat het met jou mes gebeur, Smittie?’

“Toe antwoord Smittie: ‘Ek het dit in iemand se borskas in gedruk en toe vergeet ek dit daar, Kolonel.’

“Smittie het nie ’n cowboy probeer wees nie. Dís hoe naby ons aan die vyand gekom het. Een van die rebelle wou Smittie met die geweer se kolf slaan.”

Die 13 soldate is almal by die sogenaamde Y-kruising doodgeskiet. Dit is buite Bangui waar die pad na Damara uitdraai. “Die geveg by die Y-kruising was hewig. Een van my sersante het daar ses rebelle geskiet, terwyl hy self swaar in die been gewond is. Ons het hom aanbeveel vir ’n medalje.”

’n Finale besluit moet nog geneem word, maar daar word aanbeveel dat minstens 20 van die soldate wat aan die slag deelgeneem het, ’n hoë eerbewys vir dapperheid en leierskap ontvang.

“Ons kon nie dadelik al die lyke uit die gebied naby die Y-kruising kry nie. Ons het teruggeval na die basis toe, en toe is ons omsingel. Die rebelle was goed bewapen. Hulle het buitelandse hulp gehad.

“Die Sondagoggend, toe ek daar in die basis staan en bid, toe kom Lucienne by my. ‘How are you?’ vra ek hom. Toe bars hy in trane uit. Hy huil dat hy so snik, want hy het van ons troepe geken wat geskiet is.”

Later die Sondag het van die rebelleleiers na die basis gekom en met Dixon-hulle begin onderhandel vir ’n skietstilstand.

Teen 21:00 was die geveg verby.

“Ek het net een keer gehuil in die hele storie. Dis toe ek in die siekeboeg kom ná die tyd. Weet jy hoe lyk ’n slagplaas? Dis hoe ’n siekeboeg lyk ná so ’n slag.

“Dit was ook ’n gesukkel om al die lyke te kry. Ek het my laaste €140 vir ’n burgerlike gegee wat kom sê het hy kan een van die lyke vir ons bring, mits ons hom betaal. Toe gee ek vir hom die geld en sê: ‘Dè, vat die geld. Bring net my man vir my.’ ”

Hoewel daar in die SAR selfoonontvangs was, was daar tydens die slag nie veel tyd vir Dixon en sy troepe om Suid-Afrika toe te bel nie.

“Ek het my bevelvoerder in Suid-Afrika gebel,” sê Dixon, “maar ek het vir hom gesê hy moenie vir Brenda sê wat is besig om te gebeur nie.”

Hy en Brenda het die gewonde troepe wat na 1 Militêre Hospitaal in Pretoria gebring is, gereeld gaan besoek.

Brenda het selfs vir hulle pannekoek gebring. Hy en Brenda het ook die begrafnisse van die gesneuwelde troepe bygewoon.

“Ek het persoonlik met hul families gaan praat. Die ouers met wie ek gepraat het, was nie een vol haat of woede teenoor die regering nie.

“Ons het ’n taak gehad om te doen, en ons het dit goed gedoen.”



  • spotprent

    Spotprent 17 April 2014

  • aktueel

    Cosatu-skikking verkiesingsfoefie

  • hoofartikels

    ANC flous niemand met gesloer

  • Beeld se voorblad vir Donderdag, 17 April 2014

  • rubrieke

    Ek dank die God van Pase

  • rubrieke

    Dié kolommekleinskrif suigmy in maalkolk

  • briewe

    Stem Nee-veldtog: Ganôg es ganôg

  • rubrieke

    Kies jy BP of kies jy liewer GvB?

  • briewe

    Loftus dalk net op ’n dag dolleeg

  • briewe

    Stembriewe moet dalk gewysig word

  • briewe

    Ál meer boere aan moord uitgelewer

  • Wat sê jy?

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • sielsgoed

    Uit die Woord

  • briewe

    Dit is die groter prentjie wat tel

  • briewe

    Onthou wie die skurk in die verhaal is

  • spotprent

    Spotprent 16 April 2014

  • aktueel

    Vurk in die pad is hier

  • hoofartikels

    Stem is te belangrik om te bederf

  • voorblad

    Beeld se voorblad vir Woendag, 16 April 2014

  • rubrieke

    Wilhelm Jordaan: Afsku, want ek doen mee aan Oscar-‘show’

  • rubrieke

    Jaco Strydom: Kerke moet tot bekering kom

  • briewe

    Bedorwe stem is werklik ’n vrot keuse

  • briewe

    Eers verafgod en nou verskeur

  • briewe

    Nel se styl van ondervra nie uniek

  • Vir wie gaan ek stem? Nugter weet!

  • briewe

    Stem tog teen die korrupte spul

  • Wat sê jy?

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • spotprent

    Spotprent 15 April 2014

  • aktueel

    Grond: Kan kiesers DA glo?

  • hoofartikels

    Staking se tol word te hoog

  • voorblad

    Beeld se voorblad vir Dinsdag, 15 April 2014

  • rubrieke

    Jonathan Jansen: Adv. Nel leer SA gevaarlike les

  • rubrieke

    Wat alle mans oor vroue moet weet

  • briewe

    Tyd vir groter duidelikheid oor regte

  • briewe

    SAUK: Waarom swyg werknemers?

  • briewe

    Só koop die ANC nou skielik stemme

  • briewe

    Inkwisisie en die Oscar-hofsaak

  • briewe

    SA howe het lankal getransformeer

  • briewe

    Regspatrone in apartheid nie só sleg

  • Wat sê jy?

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • sielsgoed

    Uit die Woord

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • briewe

    Op 7 Mei sal ek in die ry gaan staan

  • voorblad

    Beeld se voorblad vir Maandag 14 April 2014

  • spotprent

    Spotprent 14 April 2014

  • Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

  • briewe

    Saterdag-Beeld is ’n wenner!

  • briewe

    Raak ontslae van Naka ‘Vrotskie’

  • hoofartikels

    Ander reëls geld in ’n strafhof

  • rubrieke

    André le Roux: Kleinlikheid oor titel wys JZ uit

  • briewe

    Viktimisasie-klag teen Nel is vreemd

  • briewe

    Moordsaak gaan oor ego’s, nie Oscar

  • briewe

    Dr. Landman, die regter sal besluit

  • rubrieke

    Blou Willem: Destyds was dit óf Nat óf Sap, Ford of Chev

  • voorblad

    Beeld se voorblad vir Saterdag 12 April 2014