Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    20°C / 6°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%

  • Vrydag

    20°C / 7°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Saterdag

    21°C / 11°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Sondag

    22°C / 7°C

    Wind 23km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Maandag

    20°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 36%

  • Dinsdag

    22°C / 9°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%


Blouwillemaandag

Kroonjuwele baie werd as meisies flou val

Blou Willem

Maandag 20 Mei 2013

Die een ding waaroor ons in ons ou landjie darem nooit kan kla nie, is verveling of niks nuut om oor te gesels.

Ek moet sê, ek en my maters praat nie te veel oor daai opskeerkoppie wat die tienermeisies so die Bieberasie gegee het nie en bly maar eerder so tussen rugby en die Guptas as ons diep sit en filosofeer.

En soms sommer Guptas en rugby deurmekaar. Oom Johnny sê die naweek die Guptas is nes die Kings se rugbyspan: Hulle is skielik daar, maar niemand weet presies hoe hulle daar gekom het of wie hulle toestemming gegee het nie. Dik Daan sê darem oor die Bieberasie-fenomeen dat hy wat Daan is nie sou omgegee het as so agt of tien dames per aand oor hom flou geval het nie. “Solank dit net nie van skrik is nie,” sug hy.

Oor die verlore Zumta-kroonjuwele vertel ’n vriend daar uit die suide dat hy onlangs, nádat die groot K toegeslaan het, soos die ou oom gesê het, aan sy “fosfaatklier” laat opereer het. Hy is gelukkig piekfyn en danksy goeie versekering en ’n mildelike uitbetaling ’n ses met ’n handvol nulle ryker. “Dis ’n genade om te weet dat ek, anders as ons president, mý juwele in een stuk terug het en dat hulle jou wrintiewaar toe meer werd is as die Zumta-kroonjuwele!”

Dik Daan wys vir ons ’n beriggie met die opskrif “Planete kan jou skoonma se naam kry” wat hy spesiaal uitgeknip het. Volgens dié storie kan jy vir omtrent R8 ’n naam van jou keuse vir ’n nuut ontdekte planeet by die internasionale sterrekundige unie voorstel. “Dink julle ouens ’n mens sou ook kon vra dat jy een van die verste planete na jou skoonma noem of moet jy maar vat wat jy kry? En sou ek haar volle doopname moet opgee of kan ek maar net ‘Ou Vuilis’ sê?”

Ons kon hom nie help nie, maar Neef Bartel het ou Daan darem daaraan herinner dat hy wat Daan is al ’n jaar of twee gelede vir sy skoonma op Weg ingeteken het en dat dit ook nie gehelp het nie.

O ja, en langs hierdie weg baie welkom terug aan ons langverwagte witbaard prof. Karabus.

Ons was die laaste paar jaar nie eens blyer om Kersvader te sien nie. Pleks van ons troepe op onsinnige sendings na obskure lande te stuur om sy eie familie se myne te gaan oppas, kon ons grootbaas hulle veel eerder gestuur het om die oubaas te gaan haal.

En net om my punt te staaf dat daar by ons altyd iets sal wees om oor te skinder: Koning Msmaartie van Swaziland boek by ’n luukse hotel in Kaapstad in, bespreek 38 kamers vir sy vrouens, lyfknegte, osse en esels teen amper ’n halfmiljoen rand vir drie dae. En die doel van sy besoek? Natuurlik om ’n konferensie by te woon waar oplossings gesoek word vir armoede in Afrika, hoe dan anders?

Maar nou ja, ’n man met 13 vroue het sekerlik meer kroonjuwele as ons gewone sterflinge nodig.



  • rubrieke

    Een mens, een stem, een paspoort

  • aktueel

    ‘Onder EFF stap ons Zim-paadjie’

  • spotprent

    Spotprent, 24 April 2014

  • Beeld se voorblad op Woensdag, 24 April 2014

  • hoofartikels

    Nkandlagate sal nie net weggaan nie

  • rubrieke

    Preek nes jy wil, elk se soeke na sin is haar eie

  • rubrieke

    Wat sal uitslag van kiesers sê?

  • briewe

    Tshwane-manne werk deur die nag

  • briewe

    Heropening van grondeise is nie wys

  • briewe

    Wettig die handel in renosterhoring

  • briewe

    Afrikaans sal gedy as ekonomie groei

  • briewe

    DA-SMS oortuig nie om DA te stem

  • briewe

    Zuma nie die enigste ongewenste hoë

  • briewe

    Só voorspel ek die verkiesingsuitslae

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • voorblad

    Beeld se voorblad op Woensdag, 23 April 2014

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • rubrieke

    Stém: Almal maak saak in demokrasie

  • rubrieke

    Kruis sluit ons werklikheid oop

  • hoofartikels

    Wie gaan met wie in bed spring?

  • briewe

    Dink mooi voor jy jou kruisie trek

  • briewe

    Groepsbelange is tog belangrik

  • briewe

    Grond: DA veg om beter wetgewing

  • aktueel

    Volksroetes na toekoms

  • briewe

    Die ANC verdien nie my stem nie

  • briewe

    Stem wel en stem reg op 7 Mei

  • spotprent

    Spotprent, 23 April 2014